 |
|
 |
 |
Back to Main Archives page
|
|
|
|
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
|
| KAMPIOEN-KOOR |
Die Hoërskool Oudtshoorn se skitterende Ad Astra-koor is nou in die wedloop
vir die mees gesogte koortitel in Suid-Afrika!
Die koor van 70 lede, wat afgerig word deur me Elmine en mnr. Danie Bester,
het Sondag die Wes-Kaapse Provinsiale Kore Eisteddfod-titel in Kaapstad
gewen.
Die Besters het in Februarie besluit om die koor vir die Suid-Afrikaanse
Nasionale Kore Eisteddfod 2006 in te skryf. Die koor se suksesverhaal het op
25 April in die George Burgersentrum begin toe hulle d ... Volledige Artikel |
 |
| RAADSLEDE MOET BETAAL, Sê NEL |
Hy sal seker maak dat elke raadslid sowel as oud-raadslede wat geld ten
opsigte van ongemagtigde bonusse en selfoontoelae aan die munisipaliteit
verskuldig is, dit aan die raad terugbetaal, het die speaker, mnr Pierre
Nel, Maandagaand tydens ’n spesiale raadsvergadering op Oudtshoorn gesê.
Dié kwessie het ter sprake gekom in die bespreking van die finansiële
jaarverslag (eindigende 30 Junie 2005) van die ouditeur-generaal.
Volgens dié verslag is die skuld van 11 raadslede vir i ... Volledige Artikel |
 |
| WARM VREUGDE! |
Die swartsakke, tasse en ander sakke vol klere en skoene vir die Hoorn en
die Klein Karoo Groep (KKG) se Winterprojek het die afgelope week behoorlik
ingestroom. Dankie, Oudtshoorn!
Een van die week se Winterprojek-hoogtepunte was die oorhandiging Vrydag van
’n groot hoeveelheid klere deur Garnett Wicomb, joernalis van die Hoorn, en
Stephen Swigelaar, die koerant se grafiese kunstenaar, in Spieskamp in
Schoemanshoek.
Ons wil lesers versoek om asseblief voort te gaa ... Volledige Artikel |
 |
| GRATIS FAMILIEDAG BY CP NEL |
DIE CP Nel Museum vier vandeesweek tot Sondag op groot skaal Museumweek en
Museumdag.
Toegang tot die museum, wyd bekend as een van die mooistes in die land, is
gratis, en ’n spesiale gratis familiedag en program word ook Sondag by die
museum aangebied. Die museum sal die dag vanaf 09:00 tot 17:00 oop wees.
Een van die interessantste besoekpunte die oggend sal die outydse apteek
wees, wat beman sal word deur mnr Derick Pope, voormalige apteker van
Oudtshoorn.
... Volledige Artikel |
 |
| DE LILLE PLEIT VIR SAMEWERKING |
“Die tyd het aangebreek dat mense aanvaar wie die afgelope munisipale
verkiesing op Dysselsdorp en Oudtshoorn gewen het.”
So het me Patricia de Lille, leier van die Onafhanklike Demokrate (OD),
gister op Oudtshoorn gesê.
De Lille het spesiaal vanaf Kaapstad gekom om haarself te vergewis van wat
tydens Maandagaand se chaotiese wykskomiteeverkiesing op Dysselsdorp
plaasgevind het.
’n OD-raadslid, mnr Gordon April, moes glo vlug vir sy lewe.
Volgens De Lille sal sy d ... Volledige Artikel |
 |
| HONDERDE HONDE KOM! |
DIE naweek van 17 en 18 Junie is weer die naweek wat die honde Oudtshoorn
vir twee hondeskoue gaan oorneem.
Tussen 500 en 600 honde sal dié naweek die terrein van Langenhoven Gimnasium
beset om te bepaal wie die beste van hul ras en klas is.
Daar sal op beide dae geskou word. Die Saterdag bied die George Kennel Klub
die skou aan en die Sondag is die Outeniqua Kennel Klub die gasheer.
Op die een veld sal daar rasbeoordeling wees om die beste ras-egte hond op
die skou te bepaal.
... Volledige Artikel |
 |
| OPWINDING BOU OP OOR CRAVENWEEK |
DIE opwinding begin reeds opbou vir die 35ste Coca Cola Cravenweek vir
laerskole wat vanaf 3 tot 7 Julie vanjaar deur SWDUSSA Laerskole
Rugbyvereniging op Oudtshoorn aangebied word, sê die voorsitter van die
reëlingskomitee, mnr. Manie Olivier.
Volgens hom vorder die reëlings ook reeds goed.
Die Cravenweek beloof om een van die hoogtepunte op die sportkalender van
Oudtshoorn en die SWD te wees.
Sestien provinsiale spanne asook spanne van Namibië en Zimbabwe gaan aa ... Volledige Artikel |
 |
|
DIE eersterugbyspan van die Hoërskool Oudtshoorn het Dinsdagmiddag
voortgebou op sy pragvertonings tot dusver vanjaar deur die eerste span van
die Hoërskool PW Botha van George met 64-10 af te stof.
Dit was die Struisies, wat op hul tuisveld gespeel het, se sewende
agtereenvolgende oorwinning.
Die Struisies se agterlyn het die toeskouers getrakteer op aanskoulike
hardlooprugby en nie minder as tien keer agter die doellyn gaan kuier nie.
Die rats klein Struisie-vleu ... Volledige Artikel |
 |
|
 |
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
|
|
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
 |
Back to Main Archives page To Top |
 |
 |
|
 |