Thursday, 9 September 2010  11:33am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main Archives page

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
info@hoorn.co.za
Tel (044) 272 5605
11 Maart 2010
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
Laaste eer bewys aan Magda, Jan en Frank

MEER as 300 inwoners van Oudtshoorn was gistermiddag laat in rou verenig toe kranse gelê is op die toneel waar drie bekende inwoners en fietsryers van die dorp Maandag gesterf het.

Hulle was mnr Jan Eloff (73), 'n pensioenaris, me Magda van Lill (50), 'n eiendomsagent by Pam Golding, en snr supt Frank Nel (60), voormalige bevelvoerder van die Oudtshoorn Polisiekollege. Nel het dié dag sy 60ste verjaardag gevier.



Die drie het gesterf toe hul fietse  ...  Volledige Artikel


Pietersen-appèl van hand gewys

DIE aansoek van die voormalige munisipale bestuurder van Oudtshoorn, mnr Noël Pietersen, om teen sy ontslag in Februarie 2009 te appelleer, is Vrydag in die Arbitrasiehof in Kaapstad van die hand gewys.

Die voorsittende beampte, adv John Brown, het bevind dat Pietersen se aansoek nie aan verskeie wetlike vereistes voldoen het nie.

Dit is onder meer nie betyds ingedien nie en ook nie op die voorgeskrewe vorms nie.

Brown sê egter in sy uitspraak Piet ...  Volledige Artikel


Optog beplan oor Adult World

'N OPTOG om beswaar aan te teken teen die opening van Adult World in Oudtshoorn vind op Vrydag 19 Maart op die dorp plaas.

Die winkel open eersdaags op die hoek van Voortrekkerweg en Hoogstraat, skaars 200 m van die Laerskool Van Reede op die dorp. Dit is op 'n roete wat daagliks deur groot getalle skoolkinders van Laerskool Van Reede en die Hoërskool Oudtshoorn gebruik word. Voortrekkerweg is ook die hoof­roete deur Oudtshoorn tussen noorde en suide.

Die optog wor ...  Volledige Artikel


Bakkie se bestuurder praat

Mnr George Aspinell van Ladismith.Wat hom die seerste maak, is die feit dat hy nie eens 'n skilpad, hasie of bokkie raakry nie, maar Maandagoggend nie kon wegswaai vir die groep fietsryers nie.

Dit het mnr George Aspinell (62), bestuurder van die bakkie wat Maandagoggend 'n groep fietsryers op die Calitzdorp-pad raakgery het, die oggend op die ongeluktoneel gesê. Drie van hulle is op slag dood.

"Die ding sal my tot in my graf toe bybly," het 'n verslae en erg geskokte Aspinell gesê.

 ...  Volledige Artikel


Oudtshoorn Infosentrum geopen

Opening van ToerismekantoorDie nuwe Oudtshoorn Infosentrum is Dinsdagaand in Voortrekkerweg geopen.

Dit huisves die kantore van Groter Oudtshoorn Toerisme, Agri Klein Karoo, die Agri Besigheidsentrum en die Oudtshoorn Besigheidskamer. Dit is die eerste keer in die dorp se geskiedenis dat dié organisasies saam onder een dak sal wees.

Die sentrum is tussen die CP Nel Museum en die Oudtshoorn Biblioteek. Die voorheen onooglike gebou met die naam, Die Oog, is oor die afgelope paar maande opgekna ...  Volledige Artikel


Rabbets op pad uit

Die Groter Oudtshoornraad het gisteroggend eenparig besluit om die finansiële hoof, mnr Keith Jordaan, tot môre (Vrydag 12 Maart) as waarnemende munisipale bestuurder van die dorp aan te stel.

Dit volg op die skielike besluit Maandag van mnr Wessel Rabbets, sedert April verlede jaar waarnemende munisipale bestuurder, om sy kantoor te verlaat nadat die appél van die geskorste munisipale bestuurder, mnr Noël Petersen, Vrydag afgehandel is.

Rabbets se  ...  Volledige Artikel


Twee sterf tragies in botsing

Die pad tussen Oudtshoorn en De Rust wat reeds talle lewens in motorongelukke geëis het, het Sondagmiddag nog twee mense se lewens geëis.

Die bestuurder van 'n ligte bakkie en een van sy passasiers het gesterf na 'n kop-teen-kop-botsing met 'n motor.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die polisie op Oudtshoorn, het die ongeluk omstreeks 15:45 sowat 12 km buite Oudtshoorn plaasgevind. 'n BMW-motor met vier insittendes wat van Dysselsdorp na Oudtshoorn on ...  Volledige Artikel


Reuke-taakspan byeen

'N INTERDEPARTEMENTELE taakspan van die Wes-Kaap vergader volgende Donderdag (18 Maart) in Kaapstad oor klagtes van onaangename reuke op Oudtshoorn asook die dorp se watergehalte.

Hulle sal na verwagting by die geleentheid 'n verslag aan die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, mnr Anton Bredell, oorhandig.

Die taakspan het Oudtshoorn op 10 en 11 Februarie besoek na 'n brief van 'n inwoner van die dorp, mnr Reynhardt Brittnell, einde verlede jaar aan die Wes-Kaapse ...  Volledige Artikel


Oudtshoornraad gee byna R1 milj vir beurse

"Ons het vandag bewys dat ons ten spyte van ons verskille kan saamwerk om die dorp vorentoe te vat. Kom ons doen dit ook met dienslewering," het mnr Japie Coetzee (ANC) Vrydagoggend gesê toe die raad altesame R943 000 se beurse aan 186 jong mense van Oudtshoorn, De Rust en Dysselsdorp eenparig goedgekeur het.

Die beurse wissel van R7 000 vir studente wat aan universiteite studeer tot R2 000 vir algemene studies.

Die raadslede kon nie genoeg praat oor hoe hulle wel ...  Volledige Artikel


Op soek na die De Ridders

'n Jong Martha Maria de RidderVIR me Sheila Boyle van Engeland was haar besoek aan Oudtshoorn verlede week 'n ware pelgrimstog.

Boyle, die dogter van Martha Maria de Ridder wat op 27 Oktober 1919 op die plaas Buffelsjachtfontein tussen Oudtshoorn en Calitzdorp gebore is, het die dorp besoek in 'n poging om haar Suid-Afrikaanse familie op te spoor.

Haar ma het as jong meisie na Engeland verhuis en hulle het nooit enige kontak met hul Suid-Afrikaanse familie gehad nie. Haar ma het in Engeland haar name  ...  Volledige Artikel


Hanepootfees op Calitzdorp!

Calitzdorp se eerste Hanepootfees word die Paasnaweek (1 tot 3 April) gehou.

Dit word aangebied deur die Calitzdorp Young Stars Krieketklub en die Vrolike Vinkies Kleuterskool in samewerking met die Gamka-Oos Primêre Skool.

Sportklubs, organisasies en alle ander belangstellendes word genooi om spanne in te skryf vir sewesrugby, Pro20-krieket, netbal, landloop (7 km en 3,6 km), fietsry (10 km) en domino's.

Navrae moet voor 25 Maart gerig word aan mnry Abr ...  Volledige Artikel


R30000 op spel in sokker

Altesame R30000 is op die spel vir vanjaar se Paasnaweek-sokkertoernooi van die Oudtshoorn Sokkervereniging wat op Oudtshoorn, De Rust en Dysselsdorp gespeel word.

Volgens mnr Levesto le Roux sal altesame 34 spanne in drie afdelings deelneem, naamlik 'n A-, B- en vroue-afdeling.

In die A-afdeling sal die wenners wegstap met 'n wisseltrofee en R6000 in kontant, die naaswenners met R4000 en die span wat derde eindig met R3000.

Die wenners van die B-afdeling en d ...  Volledige Artikel


Wesbank bo in gemengde liga

Die gemengde eersteligaspan van die Wesbank Tennisklub is vanjaar se wenners van die SWD-gemengde ligakompetisie.

Die Wesbankers is as die kampioene gekroon nadat hulle Saterdag die gedugte span van Mosselbaai in die laaste ligabepaling oortuigend met 5-1 verslaan het.

Die span het vroeër ook met George en Plettenbergbaai afgereken en was onoorwonne in die liga.

Die spanlede is Deon Knoetze, Christian Koch, Jacques de Beer, Phillip Nel, Christine van Col ...  Volledige Artikel


Union Stars in eindstryd

Union Stars van Oudtshoorn, en Mosselbaai sal op 20 Maart sake om die SWD Premierliga-kroon op die Rec op Oudtshoorn uitspook ná oorwinnings die afgelope naweek in die halfeindstryde.

Union Stars het Pacaltsdorp United oortuigend met 86 lopies geklop terwyl Mosselbaai vir 'n verrassing gesorg het deurdat hy George met 79 lopies gewen het.

Stars was aanvanklik in die moeilikheid met sy telling op 115/5, maar het uiteindelik 'n skaflike 214/8 in sy toegelate 45 boulb ...  Volledige Artikel


Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620
Contacts
General News Advertisements
Schalk le Roux Liesel le Roux Joey de Kock
083 458 9015 073 217 7089 073 211 0114
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620
Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

Low lying areas of the Little Karoo are underlain by a mosaic of rock strata, including sediments of the Kango Group, Bokkeveld Group, Witteberg Group and Uitenhage Group.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
Web Design and Development
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •