 |
|
 |
 |
Back to Main Archives page
|
|
|
|
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
|
| 'Slagting moet stop' |
DIE Groter Oudtshoorn begrawe Saterdag nog sewe van sy inwoners wat op Wes-Kaapse paaie gesterf het, net meer as 'n week ná die roudienste van drie fietsryers van die dorp wat in 'n botsing met 'n bakkie gesterf het.
Die sewe, onder wie vier polisiebeamptes en 'n tweejarige kind, het Woensdagaand 10 Maart tragies in 'n gru-ongeluk op die R60 naby Robertson gesterf.
Hulle is konst Ike Redelinghuys, sy vrou, Belinda, hul tweejarige seuntjie, Leewin, konst Anzel de Klerk (2 ... Volledige Artikel |
 |
| Fietspad bekyk |
DIE moontlikheid van 'n fietsrypad tussen Oudtshoorn en die Kango Grotte word opnuut ondersoek, sê mnr Solly Malatsi, woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van vervoer, mnr Robin Carlisle.
Dit volg na die dood van drie fietsryers van Oudtshoorn verlede week op die Calitzdorp-pad.
Die Hoorn het die eerste keer in 2004 berig dat so 'n pad beoog word as 'n veilige roete vir inwoners wat moet voetslaan en fietsry asook vir toeriste wat fietsry na en van die Swartbe ... Volledige Artikel |
 |
| Hulle het al note 'gekoop' |
HEELPARTY plaaslike besighede en inwoners het gehoor gegee aan die versoek van die Oudtshoorn Musiekvereniging om bydraes vir 'n eie vleuelklavier waarop kunstenaars tydens optredes op die dorp kan speel.
Enigiemand kan 'n noot op die vleuelklavier vir R1 000 "koop", sê die voorsitter van die vereniging, mnr Nic Barrow.
Klaviere moet telkens vir optredes gehuur en na die onderskeie venues vervoer word.
Inwoners en besighede wat al note op die klavier gek ... Volledige Artikel |
 |
| Swartberg trails closed |
THE day hikes, overnight hiking trails and 4X4 route in the Swartberg Nature Reserve are currently closed for maintenance and upgrades.
According to Ms Erika Swanepoel, Tourism manager of CapeNature, the trails and route will be closed until further notice.
"CapeNature recommends that you visit Gamkaberg Nature Reserve only 35 km from Oudtshoorn during the period that the Swartberg trails are closed."
For more information send an e-mail to www.capenature.co.z ... View Complete Article |
 |
| Raadslede verskree mekaar oor verslag |
DAAR was verlede Vrydagoggend weer chaos in die Oudtshoorn-raadsaal oor 'n verslag wat die uitvoerende burgemeester, me Diane de Jager, oor die appèlsaak van die geskorste munisipale bestuurder, mnr Noël Pietersen, en haar aanstelling van 'n waarnemende munisipale bestuurder moes lewer.
Die speaker, mnr Pierre Nel (DA), het sy hande vol gehad om orde te handhaaf met raadslede wat mekaar oor die vloer verskree het.
Tydens 'n koukusbreuk het harde woorde ook geval tuss ... Volledige Artikel |
 |
| Interdik teen Imatu |
Die besluit van die Oudtshoorn-raad om die huurooreenkoms te kanselleer vir 'n gebou waarin een van die dorp se gewildste restaurante bedryf word, het gelei tot 'n regsproses waarby verskeie partye nou betrokke is.
Die Oudtshoorn-raad het in Oktober verlede jaar besluit het om sy huurooreenkoms vir die perseel waarin Lemon & Lime geleë is, met die munisipale vakbond Imatu te kanselleer.
Imatu huur die perseel al verskeie jare van die Oudtshoorn munisipaliteit, en ond ... Volledige Artikel |
 |
| Large martial arts event in Oudtshoorn |
The SWD martial arts community is gearing itself up for the largest interprovincial martial arts championship to date.
The NMA-ISKA SWD Classic Sport Martial Arts Championships will take place at the De Jager Sports Complex in Oudtshoorn on 19 and 20 March. The Klein Karoo Challenge 2010, an inter-provincial championship, will be attended by more than 250 fighters from six different provinces.
Official teams from the SWD, Western Pro-vince, Boland, West Coast, Eastern Pro ... View Complete Article |
 |
| Bridgton staan op uit as |
DIE rugbyspan van Bridgton het ná sy skoknederlaag die vorige week teen Swellendam Saterdag uit die as opgestaan en die gedugte Barbarians van Mosselbaai in 'n Premierligawedstryd van die SWD op sy tuisveld harpuis laat ruik.
Bridgton het met 18-11 gewen nadat die span rustyd met 13-3 voorgeloop het.
"Ons het die oorwinning te danke aan ons agttal," het die klub se voorsitter, mnr Hennie Baartman, Maandag gesê.
Volgens hom was dit veral die lostr ... Volledige Artikel |
 |
| Nasionale swemgala op Oudtshoorn |
MEER as 600 swemmers van vier streke neem einde vandeesmaand op Oudtshoorn aan 'n nasionale vlak 1-gala deel wat deur die SWD Swem-vereniging aangebied word.
Dié gala, wat aanvanklik op George sou plaasvind, maar weens die dorp se waterkrisis na Oudtshoorn verskuif is, sal van Saterdag 27 Maart tot Maandag 29 Maart in die NA Smit swembad aangebied word.
Swemmers van intree- tot junior vlak van die SWD, Boland, Westelike Provinsie en Grens sal mekaar die stryd in di ... Volledige Artikel |
 |
| De Villiers wen gholf |
DE VILLIERS NEETHLING en Johan Schnetler het Saterdag se gholfdag van die Oudtshoorn Toerismeburo by die Oudtshoorn Gholfklub met 47 stablefordpunte gewen.
Celeste Barnard en Wanita de Villiers was tweede met 42 punte, en Louis Fourie en Neil Truter derde met 41 punte.
Ferdie Jonck (3de), Stefaan Pieterse (8ste), Coe-nie Coetzee (12de) en Salie Oosthuizen (15de) was die naaste-aan-die-pen-wenners terwyl Johan Schnetler en Liezel Neethling die pryse gewen het vir die langs ... Volledige Artikel |
 |
|
 |
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
|
|
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
 |
Back to Main Archives page To Top |
 |
 |
|
 |