Thursday, 9 September 2010  11:39am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main Archives page

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
info@hoorn.co.za
Tel (044) 272 5605
25 Maart 2010
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
'Multimiljoene' vir fees

KKNK BorgskapDIE grootste kunstefees in Suid-Afrika sal vir die volgende vyf jaar steeds bekend staan as die Absa KKNK nadat dié bankgroep Vrydag 'n "multimiljoenrand"-borgskap vir die KKNK oor die volgende vyf jaar bekend gemaak het.

Hoewel die presiese omvang van die borgskap nie bekend gemaak is nie, het me Angie Burton, groepbemarkingshoof van Absa, wat die aankondiging by 'n funksie by die Absa-hoofkantoor in Johannesburg gedoen het, dit as een van die grootstes in die geskiedenis van ...  Volledige Artikel


Tenkmoord: Piet Botes is skuldig

PIET Botes, die boer van Leeu Gamka wat in die sogenaamde tenkmoordsaak tereg gestaan het op klagtes van ontvoering en moord op die 13-jarige Elizabeth Martiens, is gister in die rondgaande hof op Oudtshoorn skuldig bevind aan moord.

Elizabeth was die dogter van een van sy werkers.

Op die klag van ontvoering is Botes onskuldig bevind.

Regter Vincent Saldanha het in sy uitspraak gesê die staat het bewys dat Botes aan moord skuldig is.

Hy het ...  Volledige Artikel


Protes teen sekswinkel

Adult World protesoptogSowat 150 Oudtshoorniete waaronder talle ouers en selfs 'n paar leerders van die dorp het Vrydagmiddag saam met ander ontevredenes deur die middedorp aan 'n protesoptog deelgeneem om beswaar te maak teen die ligging van 'n sekswinkel, Adult World, skaars 200 meter van Laerskool Van Reede se ingang.

Die eienaars beoog om die winkel se deure binnekort oop te maak.

'n Brief waarin die Oudtshoorn munisipaliteit gevra word om 'n stokkie hiervoor te steek, is na die optog voor ...  Volledige Artikel


Moenie skilpad vlak kyk nie!

MOENIE 'n bergskilpad vlak kyk nie, veral nie op Vlakteplaas nie.

Mnr Danie Schoeman van Vlakteplaas in die De Rust-distrik vertel dat een van sy plaaswerkers, mnr Kerneels Windvogel, sowat twee weke gelede 'n groot rondebaal lusern op die plaas in die hamermeule gesit het om dit op te kerf toe hy iets eienaardigs in die baal opmerk.

By nadere ondersoek het hy gesien dat dit 'n jong bergskilpad was wat onder die lusern moes gewees het toe die betrokke bale in September ve ...  Volledige Artikel


KKNK beantwoord vrae

Met die 16de Absa KKNK op Oudtshoorn op hande, is daar baie opgewondenheid asook baie vrae op mense se lippe oor die nuwe feesdistrik en ander verwante sake. Die feeskantoor antwoord die week die algemeenste vrae van inwoners oor vanjaar se kunstefees.

Hoekom is die datums vir vanjaar se fees anders?
Die hoofrede is dat vanjaar se skoolvakansie langer as gewoonlik is (weens die Sokkerwêreldbeker) en die volle Paasnaweek by vanjaar se fees ingesluit word. Vanjaar ...  Volledige Artikel


Christene hier saam

MEER as 200 Christene word die naweek by 'n Hadassa-Gesinskonferensie op Oudtshoorn verwag - 'n week voor die aanbreek van die Absa KKNK.

Die Oudtshoorn-konferensie, wat oor kerkgrense heen strek, is 'n uitreik van die NG Gemeente Moreletapark. Dit is die eerste Hadassa- Gesinskonferensie in die land. Verskeie Hadassa-vrouekonferensies is sedert 2006 landwyd aangebied, onder meer in Oktober 2009 op Oudtshoorn. Die konferensie vind in die NG Kerk Park plaas. Vir navrae skakel 072 480  ...  Volledige Artikel


Duisende by begrafnis

MassabegrafnisSOWAT 3 000 begrafnisgangers het Saterdag die massabegrafnis op Oudtshoorn bygewoon van ses van die sewe slagoffers wat op 10 Maart buite Robertson in 'n gru-ongeluk gesterf het.

Vier van die ses was lede van die SAPD en is met volle eerbewys begrawe.

Konst Isaac (Ike) Redelinghuys (35), sy vrou, Belinda (28) en seuntjie Leewinn (2), konst Rahiem Raymond (29), konst Valton Oktober (31), vroue-konst Anzel de Klerk (26) en mnr Ettienne Andries van Dysselsdorp is op slag doo ...  Volledige Artikel


Reddingspoging vir RFM

'N NUWE direksie met sakeman Nic Barrow as voorsitter poog tans om die gemeenskaps­radiostasie Reënboog FM (RFM) te red.

Barrow is verlede Dinsdag deur direksielede tot voorsitter verkies. Dit volg nadat lede van die stasie ingegryp en 'n dringende spesiale vergadering vir 3 Maart belê het. 'n Nuwe direksie is daar verkies.

Die nuwe ondervoorsitter is mnr Herman Ungerer en die ander direksielede mnre Jan Greyling, Tienie Halgryn, Michael Dyantyi, Liwa Mayixale  ...  Volledige Artikel


'Plaasbewoners is ook mense'

"PLAASBEWONERS is ook mense." So lui die leuse van die Eden Farm Dwellers Development Agency (EFDDA) wat die afgelope naweek op Calitzdorp bekend gestel is.

Sowat 700 plaaswerkers van so ver as Heidelberg, Slangrivier, Haarlem, Uniondale en Bitou het Sondag op die Hoërskool Calitzdorp se sportgronde saamgetrek vir die loodsing.

"Hierdie is 'n droom wat waar geword het," het mnr Anthony Ewerts, burgemeesterskomiteelid van die Eden Distriksmunisipaliteit en inisieerde ...  Volledige Artikel


KKNK: Heelwat vertonings al uitverkoop

VERSKEIE vertonings by vanjaar se Absa KKNK is reeds uitverkoop, terwyl kaartjies vir veral toneelproduksies besonder flink verkoop.

Volgens mnr Kobus Burger, programbestuurder van die Absa KKNK, is die topverkopers die toneelproduksies Bloemers & roemers, Dowwe Dolla 007: geskud, nie gepluk nie…, Vaselinetjie, Die proponetjie, God van chaos, Met die Holm gebore, Oupa en ouma sit op die stoep en raak romanties asook Die naaimasjien.

Al die vertonings van Die naaimasji ...  Volledige Artikel


Ingo ding in Australië mee

Ingo Hildebrand op die De Jager-atletiekbaan.Een van Suid-Afrika en die SWD se top meestersatlete, Ingo Hildebrand (65-69 jaar) van Oudtshoorn, vertrek eersdaags na Australië waar hy aan die Australiese meestersatletiekkampioenskap gaan deelneem.

Sowat 500 meestersatlete van regoor die wêreld word by die byeenkoms in die splinternuwe, hiper-moderne WAA-stadion in Perth verwag.

Hildebrand, wat gereeld aan meesterswêreldbyeenkomste deelneem, sal in die diskus, gewigstoot, spiesgooi en vyfkamp-worpe de ...  Volledige Artikel


Geskenke van Duitsland

GeskenkeDie Warmbad Spa Primêre Skool naby die Calitzdorp Spa het op Woensdag 19 Maart 'n vroeë Kersdag beleef toe die 74 leerders (graad 1 tot 6) elkeen 'n geskenk uit Duitsland ontvang het. Dit is moontlik gemaak met die hulp van Operation Christmas Child van die Joshua Children's Mission, 'n bediening van Franklin Graham, seun van die evangelis Billy Graham en die Hope Options Centre van Calitzdorp. Die Hope Sentrum fokus op krisishantering en bied gratis berading en ondersteuning aan mens ...  Volledige Artikel


So byna, Oudtshoorn!

Tyron Stoffels, nuwe losskakel van Oudtshoorn RugbyklubDIE eerste span van die Oudts-hoorn Rugbyklub het Saterdag in sy SWD Premierligawedstryd teen Groot Brakrivier, die verde-digende kampioen, byna vir 'n groot verrassing gesorg deurdat hy die grootste deel van die wedstryd voorgeloop het.

Groot Brak het laat in die tweede helfte met 'n sterk aan-slag gekom om die wedstryd eindelik met 24-15 te wen nadat Oudtshoorn 'n groot deel van die tweede helfte nog met 8-5 voorgeloop het.

Groot Brak het in die laaste deel van die twee ...  Volledige Artikel


Stars weer SWD-kampioen

Die span van Union StarsUnion Stars van Oudtshoorn is ná 'n droogte van twee jaar weer die Premierligakampioen van die SWD Krieketraad en het Maandag ook die nuwe Ses-aan-'n-Kant-toernooi gewen.

Stars het Saterdag in die eindstryd om die Petersen-trofee 'n kwaai aanslag van Mosselbaai afgeweer, en was uiteindelik met 21 lopies baas in 'n opwin-dende kragmeting op die Rec.

Union Stars, wat die loot gewen en eerste gekolf het, was met sy telling op 75/5 (25 boulbeurte) met die rug teen die muur. S ...  Volledige Artikel


Arende verras teen Sharks

DIE SWD Arende het Saterdag op die Bridgton Sportgronde, wat volgepak was met toeskouers, vriend en vyand verras deurdat hy die Sharks in 'n Vodacombekerwedstryd met 16-10 geklop het.

Dit was ook die rustydtelling.

Skitterverdediging was die Arende se sleutel tot sukses en een van die groot uitblinkers was die losvoorspeler Ronald Bratz van die Bridgton Rugbyklub wat sy eerste wedstryd vir die Arende gespeel het.

Die tuisspan se punte is aangeteken deur Jandre ...  Volledige Artikel


Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620
Contacts
General News Advertisements
Schalk le Roux Liesel le Roux Joey de Kock
083 458 9015 073 217 7089 073 211 0114
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620
Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

The arid parts of southern Africa contain the richest diversity of plant and animal life of all such regions in the world.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
Self-catering budget accommodation in Oudtshoorn
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •