Thursday, 9 September 2010  11:32am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main Archives page

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
info@hoorn.co.za
Tel (044) 272 5605
31 Maart 2010
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
VAN MUNISIPALE SWEMBAD TOT TEATER!

Betésda produksie spelersDalk 'n eerste in die wêreld? Nicola Hanekom se opwindende produksie Betésda speel van 1 tot 7 April saans om 19:00 af om en in die NA Smit Swembad op Oudtshoorn. Die drama oor 'n groep mense wat hunker na genesing en wag op 'n engel wat met een duik in die water van hul siektes kan genees, het sy ontstaan by 2009 se KKNK gehad waar Nicola in die omgewingspesifieke drama Ararat in 'n volstruiskamp opgetree het. Die akteurs bo van links tydens 'n repetisie Dinsdag is Gretha Brazelle  ...  Volledige Artikel


Uiteindelik ja vir fietsrypad

'N FIETS- en voetgangerpad tussen Oudtshoorn en die Kango Grotte gaan uiteindelik realiseer.

Die Wes-Kaapse departement van openbare werke het R5 miljoen vir die bou van so 'n pad vir die 2010/2011-boekjaar en nog R5 miljoen vir die 2011/2012-boekjaar beskikbaar gestel.

Druk om so 'n pad in die Oudtshoorn-omgewing te bou het toegeneem na die onlangse dood van drie fietsryers van Oudtshoorn, mnre Jan Eloff, Frank Nel en me Magda van Lill, wat op die Calitzdorp-pad deur 'n ...  Volledige Artikel


Borgtog toegestaan vir boer wat skiet

'N Boer van die plaas Vergelegen wat na bewering op 'n 15-jarige seun geskiet het, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn-landdroshof op borgtog van R5000 vrygelaat.

Mnr Sarel du Plessis is verlede Woensdag in hegtenis geneem nadat hy die vorige aand na bewering twee skote op Johannes April geskiet het.

Die beweerde voorval het plaasgevind nadat Johannes glo by sy ouma wat op die plaas woon, gaan kuier het en na bewering deur Du Plessis gewaarsku is dat hy nie daar welko ...  Volledige Artikel


'Baie verskriklike snaakse dinge'

Paul EilersKaartjies het die afgelope week steeds flink verkoop vir Pieter Fourie se klugtige huldeblyk aan 'n dorpie en die mense uit sy kinderdae, Die Proponentjie.

Die vertonings op Saterdag en Sondag was meer as 'n week gelede reeds uitverkoop, terwyl kaartjies vir Donderdag (09:00) en Vrydag (20:00) reeds min raak.

Oor die goeie kaartjieverkope was die regisseur van die stuk, Paul Eilers, vandeesweek opgewonde.

"Dit is baie lekker om voor 'n vol saal te speel. Ons a ...  Volledige Artikel


Klein Karoo het geroep...

Die kunstenaar Glendine in haar ateljee in De Rust.DIT was seker onafwendbaar dat sy die een of ander tyd in die Klein Karoo sou kom woon, sê Glendine Vorster, bekende kunstenaar wat twee jaar gelede tydens die Absa KKNK saam met haar man, Johan, op De Rust huis gekoop het.

Glendine, wat veral bekend is vir haar skilderye van verlate Karoohuise, sê dit het elke jaar nadat sy by die Absa KKNK uitgestal het, vir haar moeiliker geword om die Klein Karoo agter te laat en terug te keer na Hartebeespoortdam waar sy gewoon het.  ...  Volledige Artikel


Weggeeprys vir ses verhoë

'N MUSIEKAANBOD soos min teen 'n weggeeprys. Dit was die afgelope week die reaksie van verskeie persone toe die Absa KKNK die musiekprogram bekend gestel het wat tydens die fees op ses buiteverhoë beskikbaar is.

Toegang tot al ses die verhoë asook die kuns- en vlooimark kos slegs tussen R20 en R40 per dag. Feesgangers kan die dagkaartjie na al die vertonings, bekend as 'n dagpas, by die hekke van die Rivierbuurt koop asook by Computicket (op Oudtshoorn geleë binne  ...  Volledige Artikel


Klein Karoo se klanke

Klein Karoo se klankeIN temperature wat gereeld diep in die veertigs gaan draai het, het 'n groep inwoners van die Klein Karoo sedert begin Februarie getrou geoefen aan een van die spesiaalste produksies wat by vanjaar se Absa KKNK op die planke gaan wees.

Klein Karoo Klanke, wat Sondag om 12:00 op die ATKV Kontreiverhoog te sien sal wees, stel 'n kultuurskat van liedjies, sêgoed, staaltjies, verhale, idiome, danse en speletjies uit die Klein Karoo die eerste keer aan 'n wyer publiek bekend. Die sa ...  Volledige Artikel


Dít gesels min Bredell

'N SPESIALE ondersoekeenheid is deur die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, mnr Anton Bredell, op die been gebring om tjekbedrog onder munisipale amptenare op Oudtshoorn te ondersoek.

Bredell het Maandag tydens 'n middagetegesprek met 'n aantal DA-lede aangedui dat korrupsie onder van die amptenare tans een van die ernstigste probleme bin-ne die munisipaliteit is.

Hy het vroeër die dag die munisipaliteit besoek en met verskeie rolspelers gepraat, onder meer  ...  Volledige Artikel


Bakkie jaag weg

Mnr. Hugo SteynHY sou hom waarskynlik Vrydagoggend doodgebloei het op 'n sypaadjie in Parkweg as hy nie sy selfoon by hom gehad het om sy vrou te bel nie.

So vertel mnr Hugo Steyn, 'n inwoner van Oudtshoorn, wat elke dag vroegoggend gaan stap of met sy fiets ry om oefening te kry.

Steyn moes die oggend in Parkweg uitswaai vir 'n bakkie wat van voor af na die regterkant van die pad oorbeweeg het en op hom afgepyl het. "Ek het nog vir die bestuurder van die bakkie beduie dat hy sy ligte  ...  Volledige Artikel


Sy wil verborge potensiaal in almal oopsluit

Evette Weyers stal vanjaar die vyfde agtereenvolgende jaar by die Absa KKNK uit.Evette Weyers se kunstenaarsmissie is om soos 'n ligte briesie deur mense se verbeelding te waai en kreatiewe herinneringe op te roep. Sy wil dit tuisbring dat almal kunstenaars is en verborge potensiaal in almal opgesluit is.

Dit is vanjaar die vyfde agtereenvolgende jaar dat dié bekende beeldhouer tydens die KKNK by Bottega Kunsgalery in Baron van Reedestraat uitstal. Sy gebruik twee temas vir vanjaar se uitstalling: Ysberge en subteks en Pronk met 'n ander se vere. Weyers g ...  Volledige Artikel


Union Stars in uitspeelwedstryd

Union Stars spanDie krieketspan van Union Stars, wenner van die SWD Premierliga, wat komende naweek in Pietermaritzburg teen die Universiteit van KwaZulu- Natal te staan kom in 'n uitspeelwedstryd vir 'n plek in die nasionale klubkampioenskap van Krieket Suid-Afrika in September is agter van links: Kallie Weyers (bestuurslid), Chris Andries (spanbestuurder), Andre Olivier, Sammy-Joe Avontuur, Douglas Baartman, Merlin Masimela, Mario Jansen, Warren Ekstraal en Pat Sambo (bestuurslid). Voor sit Pieter Stuurma ...  Volledige Artikel


Kaktus-tussen-die-Koppe
Kom ry Saterdagsaam fiets

DIE jaarlikse Kaktus-tussen-die-Koppe bergfiets-renne word weer Saterdag (3 April) deur die Oudtshoorn Fietsryklub aangebied.

Bergfietsryers kan vir drie wedrenne, 60 km, 30 km en 10 km, inskryf terwyl daar ook 'n gratis wedren vir kinders en sosiale ryers oor 5 km aangebied word.

Die wegspring is by die Oudtshoorn Quadbike-klub en fietsryers kan Saterdagoggend vanaf 06:30 by die klubhuis inskryf.

Die eerste wedren begin om 08:00.

Volgens mnr Co ...  Volledige Artikel


Oudtshoorn ongelukkig

DIE rugbyspan van Oudtshoorn kan ná Saterdag se nederlaag teen Crusaders met reg sê dat hulle van 'n oorwinning beroof is.

Dit is die mening van die bestuur van die klub wat dit oorweeg om 'n klagte teen die skeidsregter by die SWDRVU in te dien.

Crusaders het met 23-22 gewen nadat die plaasvervangerskeidsregter in die 5de minuut van beseringstyd 'n strafdoel vlak voor die pale aan die besoekers toegeken het.

Die eindfluitjie het onmiddellik hier ...  Volledige Artikel


Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620
Contacts
General News Advertisements
Schalk le Roux Liesel le Roux Joey de Kock
083 458 9015 073 217 7089 073 211 0114
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620
Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

The front teeth of rats grow between 11.5 and 14 cm per year. Rats wear them down by constantly chewing on everything around them.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
Self-catering budget accommodation in Oudtshoorn
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •