 |
|
 |
 |
Back to Main Archives page
|
|
|
|
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
|
| Derduisende sak dorp toe |
DERDUISENDE feesgangers wat Oudtshoorn oor die Paasnaweek toegesak het, 'n onbeduidende aantal misdaadvoorvalle en koeler weer het sedert die
begin van die Absa KKNK vir vele glimlagte op die dorp gesorg.
Volgens me Rhodé Snyman, bedryfsbestuurder van die Absa KKNK, wys die eerste syfers van Computicket dat derduisende mense die Rivierbuurt
sedert veral Vrydag besoek het.
"Vrydag is sowat 25000 mense deur die hekke en Saterdag meer as 22000," het sy gister ges& ... Volledige Artikel |
 |
| Hoër Hoogtes |
Die landskapskunstenaar Strijdom van der Merwe by sy unieke uitstalling "Om hoër hoogtes te bereik" wat in die Klein Karoo-veld buite Oudtshoorn
op die pad na Calitzdorp plaasvind en waarskynlik baie motorryers se koppe laat draai het. Groter Foto
|
 |
| Dienstegeld styg hier met 6% |
Inwoners van die Groter Oudtshoorn sal in die 2010/2011-boekjaar slegs 6% meer aan dienstegeld opdok. Dis nou benewens elektrisiteit wat veel
duurder sal wees.
Die burgemeester, me Diane de Jager, het verlede Woensdagoggend die konsepbegroting tydens 'n spesiale raadsvergadering aan die raad voorgelê.
Die raad se doelwitte bly die lewering van dienste op aanvaarbare vlakke aan al sy inwoners en daarom maak die 2010/11-begroting voorsiening vir
infrastruktuurpro ... Volledige Artikel |
 |
| Poppespel |
Dié reuse-poppe het 'n vrolike feesparade gelei wat Vrydag deur Baron van Reedestraat en Saterdag deur Bongolethu en Bridgton beweeg het om
ekstra kleur aan die fees te gee. Die parade is 'n inisiatief van die Absa KKNK en het ook onder meer die Lutherse Blaasorkes en verskeie
vrolike klopsegroepe ingesluit. Foto: Garnett Wicomb Groter Foto
|
 |
| Akteur, danksy die KKNK |
DIE toneelgogga het hom in die 1999 tydens die KKNK gebyt en van dié infeksie wil hy nooit ontslae wees nie, se die akteur Riaan Visman,
boorling van Oudtshoorn wat by die fees te sien is in die toneelproduksie Kap Án.
Visman is saam met Abduragmaan Adams en Leopoldt Senekal deur die Stigting vir Bemagting deur Afrikaans (SBA) versoek om 'n Afrikaanse
toneelproduksie saam te stel. Die resultaat is Kap Án, 'n stuk wat deur die digter Antjie Krog bestempel word ... Volledige Artikel |
 |
| From O'hoorn to Vaselinetjie |
Johan Marais sits on the couch twiddling his fingers and tapping his feet - in typical actor fashion - to an inherent rhythm. The actor
with the shaggy strawberry blond hair looks slightly bemused as he answers the onslaught of questions, never ceasing to flash a smile when
needed.
Johan was born and bred in Oudtshoorn and started his acting career in the Oudtshoorn High School drama group under the guidance of Mr Peet
Kruger. Johan says, "Mr Kruger created the foundation for m ... View Complete Article |
 |
| Van straatkuns tot rommelhoop |
'N PROJEK waarvan die oogmerk was om kuns na die strate van Oudtshoorn te bring, het geboemerang toe die kunswerke die eerste aand van die
fees al verwoes is.
Die kunswerke in die vorm van vier reuse-sokkerballe met tekeninge en skilderstukke binne-in aangebring, is Woensdagaand stewig aan die
teer vasgeheg.
Dié kunswerke, wat deur die kunstenaar en dosent Gordon Froud met die hulp van 10 studente van die Universiteit van Johannesburg oor 200
uur geskep is, w ... Volledige Artikel |
 |
| Tuine & Tossels |
Die kykNET-program Tuine & Tossels het die tuin van me Elize Smit van Oudtshoorn verlede week vir 'n program verfilm. Smit se lieflike tuin
in Jan van Riebeeckweg was al Oudtshoorn se Tuin van die Jaar. Groter Foto
|
 |
| Stars deur na SA Klubtoernooi |
Union Stars van Oudtshoorn, die SWD se Premierligakampioen vir die 2009/10-seisoen, het deurgedring tot vanjaar se nasionale klubkampioenskap
van Krieket Suid Afrika (KSA) deurdat hy die Universiteit van KwaZulu Natal in 'n uitspeelwedstryd in Pietermaritsburg met 33 lopies geklop het.
Die nasionale klubkampioenskap word in September in Pretoria gespeel.
Union Stars het eerste gekolf en danksy 'n skitterende beurt deur sy kaptein en SWD-kolfheld, Pieter Stuurman (83; 8 ... Volledige Artikel |
 |
| Tyd vir tenniskampioenskap |
DIE 2010 klubkampioenskap van die Wesbank Tennisklub begin op Saterdag 8 Mei.
Daar sal vanjaar in drie ouderdomsafdelings meegeding word: ope afdeling (0 tot 44 jaar), veterane-afdeling (45-59 jaar) en senior
veterane-afdeling (60+ jaar).
Volgens Danie Steyl, hulporganiseerder, kan 'n speler in al die afdelings inskryf indien sy/haar ouderdom dit toelaat. Ouer spelers mag
dus in die jonger afdelings speel.
Die enkelspelwedstryde sal vanjaar op 'n uitklopba ... Volledige Artikel |
 |
|
 |
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
|
|
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
 |
Back to Main Archives page To Top |
 |
 |
|
 |