 |
|
 |
 |
Back to Main Archives page
|
|
|
|
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
|
| Straat 'n rommelhoop |
VOORTREKKERWEG in Oudtshoorn, een van die hoofweë deur die dorp, was Maandag 'n toneel van chaos nadat sowat 150 werkers van die plaaslike munisipaliteit al wat 'n vullisdrom omgekeer het tydens 'n optog na die Burgersentrum.
Vullissakke wat op 'n bakkie vervoer is, is op die trappe van die Burgersentrum leeggemaak.
Die werkers het die oggend met plakkate opgeruk na die Burgersentrum om 'n memorandum aan die burgemeester, me Diane de Jager, te oorhandig.
... Volledige Artikel |
 |
| Absa KKNK oortref alle verwagtinge |
DIE kaartjieverkope by die pas afgelope Absa KKNK het alle verwagtinge van die feesbestuur oortref, sê die hoof-uitvoerendebeampte van die fees, mnr Brett Pyper.
Dié verkope van 169 446 kaartjies oor die agt dae vir produksies in teaters en toegang na die nuwe Rivierbuurt toon 'n aansienlike styging van die 116 759 kaartjies wat in 2009 verkoop is.
"Dié styging is grootliks vanweë verkope van die nuwe dagpas, maar selfs as hierdie kaartjies buite ... Volledige Artikel |
 |
| Nou vir Klein Karoo Klassique! |
DIE 16de Absa KKNK is skaars verby of die KKNK-kantoor is klaar besig om 'n volgende Oudtshoorn-fees, dié keer die Klein Karoo Klassique (KKK), te beplan.
Die KKK, 'n fees van klassieke musiek, kos, wyn en kuns wat die eerste keer in 2009 aangebied is, vind vanjaar van 29 September tot 3 Oktober binne die lenteskoolvakansie plaas en val ook van vanjaar af onder die KKNK se beheer.
Die hoofbestuurder van die KKNK, mnr Brett Pyper, is die sameroeper en voorsitter van ... Volledige Artikel |
 |
| Polisieman sterf by fees |
DIE 16de Absa KKNK het verlede Donderdag op 'n tragiese noot geëindig toe 'n polisieman van Kaapstad in 'n fratsongeluk van 'n perd geval en gesterf het.
Sers Khayalethu Sobetwa (36) is op die sportterrein in Vredestraat deur 'n perd afgegooi waarna sy kop 'n rugbypaal getref het. Hy is op die toneel dood. Dit was sy eerste besoek aan die KKNK.
Sobetwa was een van tien berede polisielede van die Kaapstad sentrale polisie se berede eenheid wat gedurende die KKNK die f ... Volledige Artikel |
 |
| Volstruise doodgebyt |
TWEE rondloperhonde het gister in die vroeë oggendure groot skade aangerig toe hulle 'n klomp jong volstruise op die plaas Ou Werf van mnr Hannes Westenraad in die Rooiheuwelomgewing verrinneweer het.
Ses volstruise het gisteroggend dood in die kamp gelê met nog ses wat sodanig beseer is dat hulle volgens Westenraad waarskynlik ook sal vrek weens hul beserings en skok.
Westenraad sê hy het die volstruise, wat digby vier maande oud was, by die Proefplaas ... Volledige Artikel |
 |
| Vrou in hospitaal ná klip haar teen kop tref |
Die polisie op Oudtshoorn ondersoek 'n klag van aanranding nadat 'n 59-jarige vrou van St Georgesstraat 178 Sondagaand by haar huis met 'n klip raakgegooi is.
Me Rina Nel is in die voorval teen die kop getref.
Sy is Maandag in 'n ernstige toestand van die Oudtshoorn Hospitaal na die George Hospitaal oorgeplaas.
Haar toestand het egter die week vinnig verbeter en sy is gistermiddag ontslaan en was op pad huis toe toe Die Hoorn die hospitaal gekontak het.
... Volledige Artikel |
 |
| Kluise met plofstof oopgeskiet ná nagtelike inbrake in streek |
'N kontantkluis by Fruit & Veg City in die Queen's Mall op Oudtshoorn is die afgelope naweek met plofstof oopgeskiet nadat inbrekers Saterdagnag toegang deur die dak van die gebou verkry het.
'n Onbekende bedrag geld is uit die kluis gesteel.
Na verneem word, beloop die bedrag etlike duisende rande.
Volgens kapt Bernadine Steyn, woordvoerder van die Suid-Kaapse Polisie, het 'n werknemer van die winkel omstreeks 07:30 Sondagoggend agtergekom dat die kluis in ee ... Volledige Artikel |
 |
| Dagga found on R62 near L'smith |
Police seized 8,8 kg dagga on the R62 near Ladismith on Monday 5 April during a crime intelligence operation.
A man from Hoeko was arrested and appeared in the Ladismith Magistrate's Court on 8 April.
The dagga was found amongst luggage in a minibus taxi on its way from Cape Town to Ladismith.
In another incident in Ladismith Eugene Arendse (27) of Hendrik Street was sentenced in the Ladismith Magistrate's Court to 24 months in prison for housebreaking and the ... View Complete Article |
 |
| Patat-se-Hoek |
'n Groep kampeervriende het tydens die Absa KKNK by Momentumpark, tydelike kampeerterrein van die Hoërskool Oudtshoorn, se staanplek 66 bymekaar gekom en een van die KKNK se groot geeste vereer deur dié staanplek te herdoop na Patat-se-Hoek. Hier klink hulle 'n heildronk op wyle mnr Patat Basson, bekende boer van Malmesbury en een van die karakters van Momentumpark, wat baie jare op die staanplek gestaan en vir almal wat daar verbybeweeg het, iets te sê gehad het. Basson het on ... Volledige Artikel
|
 |
| Drie jaar later skitter Wesley-Joe steeds |
DRIE jaar nadat Wesley-Joe Claassen een van Bridgton Senior Sekondêr se toppresteerders was met 'n gemiddelde persentasie van 93,2% en vyf onderskeidings, het hy weer geskitter deurdat hy die graad B Rek aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal.
Wesley-Joe, wat matriek einde 2007 geskryf het, het vanjaar begin met nagraadse studie aan die universiteit.
Sy trotse ma, me Sarah Mentoor van Oudtshoorn, het Die Hoorn kom vertel van Wesley-Joe se onlang ... Volledige Artikel |
 |
| Oudtshoorn girl excels |
Darelin Mokwena, a Grade 10 learner from York High School, has been appointed as one of the 33 HIP2B² (Hip to be square)Brand Ambassadors for South Africa.
Darelin lives with her parents in Wesbank, Oudtshoorn.
The first of its kind, the HIP2B² programme was launched after Mark Shuttleworth's historic "First African in Space" adventure eight years ago and aims to inspire young learners to take up the challenge of studying maths and science at school.
... View Complete Article |
 |
| 390 Teenagers Attended KKNK's Klap! Program |
THIS year the Absa KKNK again catered for more than just the average person.
The festival this year also catered for the future of the South African arts and culture scene with the Klap! initiative.
This initiative targets teenagers. It is a joint initiative of the Absa KKNK and the Western Cape Department of Education.
The Klap! Programme was introduced in 2009 to give high school children the opportunity to take part in the festival.
It also ser ... View Complete Article |
 |
| SWD wen 13 medaljes |
DIE SWD het 13 medaljes ver-ower by die 35ste SA Tweekamp- en Biathlokampioenskap wat die Paasnaweek in Bloemfontein gehou is. Meer as 1 000 atlete van 14 provinsies en die SA Ontwikkelingspan het aan die kampioenskap deelgeneem.
In die spankompetisie het SWD sesde geëindig met Gauteng-Noord die wenner en Boland in die tweede plek. San-Mari Mulder van die Laerskool Wesbank was Oudtshoorn se toppresteerder met 'n goue medalje in die biathlo meisies o.11.
Cayla la Kay ... Volledige Artikel |
 |
| Bridgton druk vier keer |
DAAR lê nog baie harde werk voor, sê mnr Hennie Baartman, voorsitter van die Bridgton Rugbyklub, ná sy span se oorwinning Saterdag van 22-6 oor Crusaders in 'n Premierligawed-stryd van die SWD Rugbyvoetbalunie.
Crusaders het rustyd met 3-0 voorgeloop.
Baartman sê ná 'n droewige eerste helfte het sy span in die tweede helfte vlam gevat en vier drieë vir 'n bonuspunt gaan druk.
Dit was veral die lostrio, Ronald Slabbert, die i ... Volledige Artikel |
 |
| Rosa-Dané vaar goed in toernooie |
DIE 13-jarige Rosa-Dané Ferreira van die Wesbank Tennisklub het die afgelope skoolvakansie uitstekend gevaar in SATA tennistoernooie in Rondebosch en Stellenbosch.
Sy neem in die o.14-afdeling deel.
In die WP Junior Toernooi het sy die kwarteindronde gehaal waar sy in 'n marathonstryd teen Helene van der Merwe van die Boland met 3-6, 3-6 verloor het.
Rosa-Dané het uiteindelik in die sesde plek geëindig.
Ook in die dubbelspel het ... Volledige Artikel |
 |
|
 |
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
|
|
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
 |
Back to Main Archives page To Top |
 |
 |
|
 |