Tuesday, 7 September 2010  2:14am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main Archives page

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
info@hoorn.co.za
Tel (044) 272 5605
22 April 2010
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
Politieke spanning: Dorp by breekpunt

POLITIEKE spanning, gepaardgaande met tweespalt binne die DA, het die afgelope week breekpunt op Oudtshoorn bereik, in so 'n mate dat iets moet meegee. Daar is selfs gerugte dat die dorp weer onder administrasie geplaas gaan word.

Die spanning word veroorsaak deur onder meer eise van mnr Nic Barrow, bekende sakeman van Oudtshoorn, en blogskrywer Drewan Baird wat met die steun van lede van die DA-kiesafdelingsbestuur eis dat mnr Keith Jordaan, waarnemende munisipale bestuurder, en mnr ...  Volledige Artikel


Mnr en Mej Struisie gekroon

Mnr. en Mej. StruisieDie kroning van Mnr en Mej Struisie, 'n jaarlikse uithanggeleentheid van die Hoërskool Oudtshoorn, het Dinsdag-aand in die skool se saal plaasgevind. Dit het gepaard gegaan met 'n ete en 'n modeparade waarin onder andere personeel van die skool as modelle opgetree het. Conrad Strauss en Richelle du Preez (voor in die middel) is as Mnr en Mej Struisie gekroon met Leila Jenkins (links voor) as eerste prinses en Wickus Lombaard (regs voor) as eerste prins. Agter van links is Willem du Toit (Mn ...  Volledige Artikel


Fietsryers wil lug suiwer

DIE Oudtshoorn Fietsryklub wil hom beywer vir goeie verhoudinge tussen fietsryers van die dorp en motoriste, sê mnr Corné Botha, voorsitter van die klub.

"Dit is veral nodig in die lig van alles wat gesê is ná die tragiese dood van drie fietsryers van die dorp in Maart, en negatiwiteit jeens fietsryers wat uit van die opmerkings en sms'e blyk. Ek wil graag die lug suiwer tussen fietsryers en motoriste."

Die Oudtshoorn Fietsryklub is nie net die g ...  Volledige Artikel


Onafhanklike laerskool vir dorp

'N ONAFHANKLIKE voorbereidingskool vir leerders vanaf graad R gaan volgende jaar sy deure op Oudtshoorn open.

Dié besluit is verlede Woensdagaand tydens 'n informele vergadering met voornemende ouers by Principia Kollege, onafhanklike hoërskool op die dorp, geneem.

Die inisiatief vir die nuwe skool kom van inwoners van die dorp wat Principia Kollege hieroor genader het, sê die hoof van Principia Kollege, mnr Martin van der Linde. Die ouers het aangedui h ...  Volledige Artikel


Moskeeverslag vir regsmening

'N VERSLAG oor verskeie kwessies rondom die moskee op Oudtshoorn sal vir 'n objektiewe regsmening voorgelê word, sê mnr Trevor Botha wat vandeesweek as munisipale bestuurder van die Groter Oudtshoorn waarneem. Botha is verlede week as waarnemende korporatiewe bestuurder by die munisipaliteit aangestel en neem vandeesweek waar as munisipale bestuurder in die plek van mnr Keith Jordaan wat met verlof is.

Kwessies rondom die moskee ontvang tans prioriteitsaandag, sê Bo ...  Volledige Artikel


Saak teruggetrek teen vrou wat glo wou omkoop

Die saak teen 'n vrou van Stilbaai wat aangekla is dat sy 'n provinsiale verkeersbeampte wou omkoop, is deur die staat teruggetrek.

Me Johanna Steenkamp (36) het na bewering op 6 Januarie mnr Walter Stuurman se ongemerkte voertuig op 'n dubbel-sperstreep op die George-pad verbygesteek.

In sy vertoë aan die kantoor van die DOV sê Steenkamp se regsverteenwoordiger, mnr Christo van der Bergh, Stuurman kon kwalik Engels en glad nie Afrikaans praat nie en het ges&ec ...  Volledige Artikel


Chinese word hier vlieëniers

Clive Prince in die kajuit van die ImpalaAltesame 24 Chinese ontvang sedert Sondag opleiding as vlieëniers en spesialisvlieëniers op Oudtshoorn.

"Oudtshoorn is vanweë sy ideale weersomstandighede hiervoor gekies," het mnr Buks Hugo van Cape Flying Services (CFS) Dinsdagoggend aan Die Hoorn gesê.

Volgens hom is CFS besig met die teoretiese opleiding van 15 studente. Dit sal 'n jaar duur.

Behalwe die 15 is nog nege vlieëniers besig met 'n spesialisvlugtoetsopleidingskursus wa ...  Volledige Artikel


Attaquahuis vergader oor 500 jr-viering

DIE Attaquahuis Kannaland Oudtshoorn hou Sondagmiddag 'n algemene vergadering in die saal van die Aurial Kollege om die wiele aan die rol te sit vir groot feesviering in September vanjaar.

Die viering, wat op 24 September (Erfenisdag) in Kaapstad plaasvind, gaan oor die oorwinning 500 jaar gelede, op 1 Maart 1510, toe die Khoisan die Portugese koloniale militaris, Francisco D'Almeida en sy manskappe by die Soutrivierstrand verslaan het om die inboorlingregte in Suid-Afrika te beskerm ...  Volledige Artikel


All Blacks oorrompel Willowmore

Marco Pieterse, regtervleuel van All Blacks, Saterdag in aksie.ALL BLACKS het Saterdag sy eerste oorwinning in vier wedstryde behaal toe hy Willowmore United op die Bridgton Sportgronde in 'n Presidentsligawedstryd van die SWD oortuigend met 40-5 verslaan het.

Die swart truie het rustyd reeds met 26-0 voorgeloop en 'n bonuspunt in die sakkie gehad.

Die All Blacks het sy ondersteuners breed laat glimlag met mooi hardlooprugby.

Adrian Klati (linkervleuel) het die span se eerste drie ná 'n volle agterlynbeweging in di ...  Volledige Artikel


Springbokvroue presteer

Die vrouespan van die Springbok-sokkerklub op Dysselsdorp is die nuwe SAFA Eden Absa Vroueliga-kampioene vir die 2009/10-seisoen.

Die span het in sy laaste wedstryde die afgelope naweek Pacs United, Zama Zama en Young Blacks gewen, elke keer met 2-0.

Die span sal SAFA Eden nou tydens die Wes-Kaap provinsiale uitspeelwedstryde verteenwoordig om te probeer kwalifiseer vir die provinsiale Sasolliga. Die uitspeelwedstryde vind op Beaufort-Wes plaas waar ses spanne sake sal u ...  Volledige Artikel


Baartman kry hoë rugbypos

Mnr.  Hennie BaartmanMNR Hennie Baartman van die Bridgton Rugbyklub is die nuwe president van die SWD Rugbyvoetbalunie (SWDRVU).

Dit volg nadat die Kaapse Hooggeregshof beslis het dat 'n vroeëre mosie van wantroue deur die meerderheid lede van die unie in die vorige voorsitter, mnr Stag Cronje, wettig was.

Die hof het beslis dat Baartman, wat tot president verkies is, die amp wettig kan beklee en 'n kostebevel teen Cronje gemaak.

Baartman sê sy onmiddellike doelwit is o ...  Volledige Artikel


Sakerolbal skop goed af

DIE spanne van Landmark en Salhala is die vroeë voorlopers in die sosiale besigheidsliga wat verlede week by die Oudtshoorn Rolbalklub afgeskop het.

Altesame 10 spanne (40 spelers) het vir die kompetisie ingeskryf wat deur Oudtshoorn Engineering geborg word.

Volgens die president van die klub, Thinus van Rensburg, het die Klein Karoo Groep meer as een span ingeskryf.

Van Rensburg sê die eerste aand het op 'n hoë noot begin met die spe-lers wat  ...  Volledige Artikel


Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620
Contacts
General News Advertisements
Schalk le Roux Liesel le Roux Joey de Kock
083 458 9015 073 217 7089 073 211 0114
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620
Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

270 Huguenots arrived in the Cape courtesy of the Dutch East India Company between 1688 and 1720.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
Web Design and Development
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •