 |
|
 |
 |
Back to Main Archives page
|
|
|
|
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
|
| PASSIEVOL OOR OUDTSHOORN! |
Mnr Koos van Arkel van die Nederlandse stad Alphen aan den Rijn is op Nederland se Koninginnedag (30 April) as Ridder van die Orde van Oranje Nassau vereer. Van Arkel, die voorsitter van De Stichting Platform Stedenband Oudtshoorn wat die tweelingstadooreenkoms tussen Oudtshoorn en die Nederlandse stad Alphen aan den Rijn probeer bevorder, is vereer vir onder meer die toegewyde wyse waarop hy al jare lank poog om die tweelingooreenkoms uit te bou. Oudtshoorniete wat Van Arkel ken, weet hoe pas ... Volledige Artikel
|
 |
| Sanet Wentzelsaak: Dit was moord, sê staat |
DIE man wat in November verlede jaar die bekende atleet en fietsryer van Oudtshoorn, me Sanet Wentzel (41), op die Kango Grotte-pad doodgery het, gaan moontlik van moord aangekla word.
Die saak is verlede Woensdag in die streekhof op Oudtshoorn voorlopig tot 24 Mei uitgestel vir 'n beslissing van die direkteur van openbare vervolging.
Die staat vra dat mnr Lluwellyn Eftha (28) van Worcester van moord aangekla word. Hy staan tereg op klagtes van strafbare manslag en dronkb ... Volledige Artikel |
 |
| Wesbank weer vir uitnemendheid vereer |
Die Laerskool Wesbank is vir die tweede jaar ná mekaar met 'n spesiale toekenning vir uitnemendheid deur die Wes-Kaapse Minister van Onderwys vereer. In 2009 is die skool se Grondslagfase aangewys as die beste in die Suid-Kaap en een van die beste vyf skole in die Wes-Kaap.
Vanjaar is die skool se Intermediêre Fase (gr. 4 - 6) vir sy algehele prestasie in geletterdheid en gesyferdheid vereer. Die toekennings van die afgelope twee jaar is gegrond op die skool se puik uit ... Volledige Artikel |
 |
| Slenkdalkoors: Geen gevaar hier |
INWONERS van Oudtshoorn het niks te vrees wat slenkdalkoors betref nie, sê mnr Thinus van Rensburg, eienaar van die Klein Karoo Rooivleisabattoir.
"Die gesondheidsinspekteur en werknemers van die abattoir is reeds lank voordat die siekte na die Karoo versprei het op die uitkyk vir diere en karkasse met simptome daarvan," sê Van Rensburg.
"Tot op datum is geen sulke diere of karkasse gevind nie."
Van Rensburg het egter 'n beroep op verbruikers gedoe ... Volledige Artikel |
 |
| Mnr en Mej Gim 2010 |
Die 24 finaliste vir Mnr en Mej Gim 2010 wat vanaand gekroon gaan word saam met Verite-Ann du Toit wat hulle vir die glansaand afgerig het. Sorina, bekend vir haar rol as 7de Laan se Flooze van Witbank, is die gaskunstenaar. Groter Foto
|
 |
| Fiks! |
Die 89-jarige me Dienie Nortier (middel) wat op 25 Mei haar 90ste verjaardag vier, het Dinsdag 'n sertifikaat van die SA Senior Fiksheids-organisasie ontvang vir 20 jaar se betrokkenheid. Ten spyte van haar ouderdom mis Nortier nie 'n enkele oefensessie nie. Hier ontvang sy haar sertifikaat van die burgemeester van Oudtshoorn, me Diane de Jager (regs). Links staan die groep se afrigter, me Isabel Theron. Groter Foto
|
 |
| Local Culture Club needs help |
Please assist an initiative to create a cultural home for young artists from Oudtshoorn, asks Mr Mlesh Nyuka from Bongolethu.
According to Nyuka, one of the founders of the Harambe Culture Club, they are a group of amongst others poets, artists, Hip-Hoppers, Pantsula, House, traditional and riel dancers.
"The club is a cultural exchange initiative and wants to be a fusion of the urban and rural, and the contemporary and traditional. We would like to create a home for all ... View Complete Article |
 |
| Attaquas reg vir groot feesviering |
Die Attaquahuis gaan in September soveel as moontlik van sy lede na die vyfhonderdjarige herdenking van die Khoisan-oorwinning oor die Europeërs in Kaapstad neem.
Dié besluit is Sondagmiddag op 'n vergadering van die organisasie in die Aurial Kollege geneem.
"Hierdie is 'n geleentheid wat elkeen wat hom met die Khoisan as eerste nasie vereenselwig, moet bywoon," het stamhoof Poem Mooney gesê.
Vader Claude Appels, 'n stamraadslid, sê die ... Volledige Artikel |
 |
| Principians Go Down Memory Lane |
THE first three matric classes of Principia College (1999, 2000 and 2001) held a joint reunion during the weekend of 9 April.
Twenty of the 33 former learners of the three classes attended after Ciska Coetzee, one of them, traced everybody with the help of Facebook and e-mails.
Seven Principians who are currently residing overseas as well as six others could not attend.
The first get-together with the theme Down Memory Lane was held on the Friday evening at th ... View Complete Article |
 |
| Apteek nou een van modernstes in SA! |
EEN van die Suid-Kaap se oudste besighede - geleë in die middedorp van Oudtshoorn - is nou een van die heel modernste besighede in die hele Kaapland.
Watson & Brink Apteek, op die hoek van Hoog- en St Johnstraat, spog van hoek tot kant met 'n splinternuwe voorkoms nadat dit met die hulp van 'n projekingenieur en 'n spesialis-argitek herontwerp is om 'n gebruikersvriendelike, mooi, moderne, oop en skoon ruimte volgens internasionale standaarde te skep.
Aptekers ... Volledige Artikel |
 |
| Dmitri al beter |
'n Bekende inwoner van Oudtshoorn, mnr Dmitri Malgas (25) van Proteastraat 19, Colridge View, is Vrydagoggend ernstig beseer in 'n botsing tussen sy motorfiets en 'n bakkie reg voor die ingang van die Hoërskool Oudtshoorn in Voortrekkerweg.
Hy is na die Oudtshoorn Hospitaal gehaas waar hy gestabiliseer en met die Rooikruis-reddingshelikopter na die George Medi-Clinic geneem is.
Hy was gister volgens sy suster, me Deslyn Cupido, steeds in die intensiewe sorg-eenheid, ... Volledige Artikel |
 |
| Niks is só onvoorwaardeliks soos 'n ma se liefde! |
Elke tweede Sondag in Mei vier ons hier in Suid-Afrika Moedersdag. 'n Dag waarop daardie persoon vir wie jy Mamma sê, al was sy nie die een wat aan jou geboorte geskenk het nie, al woon sy ver of sommer net om die draai, of al is sy nie meer daar nie, op 'n spesiale manier onthou word.
Maar hoekom dan 'n spesiale dag opsysit vir moeders? Waar het dit alles begin? Hierdie dag het sy oorsprong te danke aan twee Amerikaanse vroue, Julia Ward Howe en Anna Jarvis, wat gevoel het mo ... Volledige Artikel |
 |
| Ontsteltenis oor weiering van dié eenheid |
PLANNE van 'n privaatfirma om 'n dialise-eenheid met vier beddens op Oudtshoorn tot stand te bring, hang aan 'n draadjie nadat die Wes-Kaapse departement van gesondheid die aansoek vir die eenheid afgekeur het.
'n Appèl teen dié besluit is tans hangende.
Daar is groot ontsteltenis onder dokters, pasiënte en hul families oor die weiering van die eenheid, sê dr Wessel Vermeulen, 'n algemene praktisyn van Oudtshoorn.
"Ons moet onthou dat ... Volledige Artikel |
 |
| Cravenweek vir spesiale skole op Oudtshoorn gehou |
Alles is in rep en roer ter voorbereiding vir die 29ste Cravenweek vir Spesiale Skole wat vanjaar in die Junie-skoolvakansie, saam met die begin van die sokkerwêreldbeker, op Oudtshoorn gehou word. Dit word deur die Arende Spesiale Skole Rugby aangebied.
Die toernooi vind van 9 tot 14 Junie op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec) en op die Bridgton Sportgronde plaas. Al die wedstryde sal op DVD vasgelê word.
Altesame 14 provinsiale spanne van regoor Suid-Afrika wo ... Volledige Artikel |
 |
| Steeds omstrede |
DIE omstredenheid op Oudtshoorn rondom die aanstelling van mnr Keith Jordaan as finansiële bestuurder en waarnemende munisipale bestuurder duur voort met die plaaslike sakeman, mnr Nic Barrow, wat dié week 'n tweede brief oor Jordaan se aanstelling aan die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, mnr Anton Bredell, geskryf het.
'n Hooggeregshofsaak waarby Jordaan betrek is, is verlede Donderdag tot 'n einde gebring toe 'n aansoek van 'n ontwikkelaar en die Kaap Agulh ... Volledige Artikel |
 |
| Brian se skoen gee deurslag teen kampioen |
DIE skopskoen van Brian Jonathan, heelagter van Bridgton, het die verdedigende Premierligakampioen van die SWD, Groot Brakrivier, Saterdag op die Bridgton Sportgronde gesink.
Bridgton het die spannende wedstryd met 24-19 gewen nadat Groot Brak teen rustyd met 16-10 voorgeloop het.
Die tweede helfte het aan Bridgton behoort met veral die twee immergroenes, Jan Simmers (flank) en Kevin Pikaan (agtsteman), saam met Brett Moos (haker), wat met kookwaterspel die besoekers beho ... Volledige Artikel |
 |
| Willing Hearts tweede op leer |
Willing Hearts van Prins Albert is ná sy oorwinning van 38-27 Saterdag oor Knysna United tweede op die punteleer in die Presidentsliga van die SWD. Die rustydtelling in dié aanskoulike wedstryd was 25-15 in Willing Hearts se guns.
Ashwin May (flank), Jacques Moos (flank), Wilfred Masoes (agtsteman) en Werner Johannes (stut) was die voorlopers onder die voorspelers.
Agterlangs was Marshall Keyser (heelagter), Heinrch Nel (vleuel), Johannes Masoes (senter) en ... Volledige Artikel |
 |
| Oudtshoorn verspeel kanse |
Die Oudtshoorn Rugbyklub het Saterdag sy kanse verspeel om sy eerste oorwinning van die seisoen te behaal toe hy met 10-10 gelykop gespeel het teen Swellendam.
Dit was 'n harde wedstryd waarin veral die voorspelers mekaar behoorlik opgedreun het.
Die tuisspan het egter talle kanse verspeel om punte aan te teken terwyl Christo Delport ook nie sy skopskoene saamgebring het nie. Hy het minstens drie verspot maklike skoppe binne trefafstand verbrou.
Oudtshoorn se ... Volledige Artikel |
 |
| Harlequins wen |
DIE Harlequins Magterugbyspan het Saterdag in sy tweede ligawedstryd van die seisoen in die Karoostreek van die SWD vir PSP Timbers met 44-3 afgeransel nadat hy die vorige week ook vir Haarlem Swings met 20-0 verslaan het.
Harlequins het rustyd met 17-0 voorgeloop en in die tweede helfte met nog meer vuur gespeel.
Izak Wennaar, Amilca Gentle en Hyron Albert was die span se groot uitblinkers.
Gentle het 24 punte aangeteken met twee drieë, vier doelskoppe e ... Volledige Artikel |
 |
| Meesters presteer |
OUDTSHOORN se uitmuntende vrouemeestersatleet, Toy Ungerer (64), het Saterdag geskitter by die SA Meestersatletiekbyeenkoms in Kaapstad.
Sy het haar eie SA rekords in die 100 m (15.02 sek) en verspring (4,22 m) verbeter en ook goue medaljes in die 200 m, 400 m en aflos behaal.
Dit is die soveelste keer dat sy die SA 100 m-rekord verbeter en die derde keer dat sy 'n nuwe verspringrekord in haar ouderdomsgroep (60 jaar plus) opstel.
Sy was saam met Jolette van ... Volledige Artikel |
 |
| Badenhorst nuwe gholfkampioen |
CECIL BADENHORST (7) is die nuwe kampioen van die Oudtshoorn Gholfklub vir 2010 nadat hy Saterdag vanjaar se kampioenskapstoernooi met 157 houe gewen het.
Charles Burger (11) het met 'n telling van 164 die junior kampioenskap gewen.
Ronelle Berry is die nuwe vrouekampioen en Neil Truter die nuwe senior kampioen.
Ander uitslae:
Beste nettotelling: Afd A: Desmond malgas 146, Louis Fourie sr 147, Luwellyn Rheeder 148; Afd B: Nolan Dreyer 149, Marthinu ... Volledige Artikel |
 |
|
 |
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
|
|
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
 |
Back to Main Archives page To Top |
 |
 |
|
 |