Tuesday, 7 September 2010  2:43am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main Archives page

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
info@hoorn.co.za
Tel (044) 272 5605
20 Mei 2010
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
Gevlug vir sy lewe

'n Getraumatiseerde mnr Stefaan VerlindeDie waarnemende munisipale bestuurder van die Groter Oudtshoorn, mnr Keith Jordaan, moes Maandag­oggend letterlik vlug vir sy lewe toe hy in die Banketsaal van die munisipale geboue deur 'n groep mans met die vuiste toegetakel is.

Ook 'n sakeman van die dorp, mnr Stefaan Verlinde, en die speaker, mnr Pierre Nel, is aangerand toe 'n groep mans Nel se kantoor binne­gestorm het. Verlinde het vandeesweek vertel ook hy het vir sy lewe gevrees.

Verskeie amptenare en raadslede h ...  Volledige Artikel


Sakeman aangerand in speaker se kantoor

HY het vir sy lewe gevrees, het 'n steeds getraumatiseerde sakeman van Oudtshoorn, mnr Stefaan Verlinde, Dinsdag gesê nadat hy die vorige dag in die munisipale gebou op Oudtshoorn aangerand is.

Verlinde, die eienaar van Seeff Eiendomme, Hlangana Lodge, die NA Smit Vakansieoord en die El Dorado-ontwikkeling, is Maandag hardhandig deur 'n groep mense uit die kantoor van die speaker, mnr Pierre Nel, gesleep nadat hulle hom klaarblyklik aangesien het vir iemand wat onlangs foto's v ...  Volledige Artikel


Museum Day success

SpeakersThe winners of a public speaking contest held on Tuesday as part of national Museum Day in Oudtshoorn were from left Bernie Cronje of Principia College and Monet Nel of Oudtshoorn High School (joint second), Schalk le Roux of Principia College (first), and Adri Botha of Langenhoven Gimnasium (third). Grade 11 learners taking English as second language from Principia College, Bridgton Senior Secondary, Oudtshoorn High School and Langenhoven Gimnasium took part in the competition with English spe ...  View Complete Article


KKNK-kantoor op stryk met Klassique

Beplanning vir vanjaar se Klein Karoo Klassique vorder goed, sê die uitvoerende hoof van die Absa KKNK, mnr Brett Pyper. Die Klein Karoo Klassique wat van 29 September tot 3 Oktober op Oudtshoorn aangebied word, is van vanjaar af 'n projek van die Absa KKNK. Die fees van klassieke musiek, kuns, en streekskos en -wyn is verlede jaar die eerste keer baie suksesvol op die dorp aangebied.

Volgens Pyper het die programkomitee onlangs vergader om verskeie voorstelle vanaf Suid-Afrika ...  Volledige Artikel


Tuishuis word 30 met spogtee

Die voorsitter van die ACVV Tuishuis, me Isabel Theron (middel), sny die spesiale verjaardagkoek. Saam met haar is me Annemarie le Roux (links) en me Rosie Schoeman, eerste voorsitter van die komitee.DIE ACVV Tuishuis in Baron van Reedestraat, Oudtshoorn wat vanjaar 30 jaar oud is, het die geleentheid onlangs met 'n spogtee gevier.

Die hoeksteenlegging van die tehuis het op 9 Maart 1979 plaasgevind en die tehuis het sy deure op 1 Maart 1980 vir 120 bejaardes geopen.

Me Rosie Schoeman, wat die eerste voorsitter van die tehuiskomitee was, het tydens die oggendtee as gasspreker opgetree.

In Mei 1980 het die eerste 23 siekes hul intrek in die siekeboeg geneem. ...  Volledige Artikel


Saak teen Wynand Windpomp uitgestel

DIE saak teen die Afrikaanse sanger, Wynand Burger, beter bekend as Wynand Windpomp, is Maandag in die Oudtshoorn Landdroshof vir verdere ondersoek in sy afwesigheid tot 12 Julie 2010 uitgestel.

Burger is tydens vanjaar se Absa KKNK borgtog van R5 000 toegestaan en sy borgvoorwaardes is deur landdros Mia Venter verleng.

Die 39-jarige sanger het na bewering tydens die KKNK 'n 24-jarige vrou, wat hy al sewe jaar ken en voorheen mee saam opgetree het, vroegoggend in 'n tent ...  Volledige Artikel


Datums vir KKNK 2011

AGT onvergeetlike dae vanaf 2 tot 9 April, met twee naweke ingesluit, propvol uitnemende musiek, teater, vermaak, kos, kuns, kuier, kultuur en nog vele meer, lê voor in 2011. Dit is slegs 'n paar redes vir Absa KKNK-geesdriftiges om hul vere solank reg te skud vir die 17de jaarlikse Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn.

Die feesdatums vir die 2011 Absa KKNK is onlangs tydens 'n direksievergadering van dié kunstefees vasgeknoop. Dié datums val nie i ...  Volledige Artikel


Advokaat ondersoek raadslede en amptenare

DIE grondwerk vir die ondersoeke van klagtes teen raadslede van die Groter Oudtshoorn munisipaliteit is afgehandel, sê adv Thys Giliomee, wat deur die Oudtshoorn munisipaliteit getaak is om die speaker met die ondersoeke by te staan.

Volgens Giliomee is daar 'n voorgeskrewe proses wat gevolg word met klagtes teen raadslede en moet elke raadslid nadat hy kennis gekry het van die klag teen hom, die geleentheid gegun word om daarop te reageer.

Die speaker van die Grote ...  Volledige Artikel


Groot sportfees in Junie!

"OUDTSHOORN het nou wel nie een van die Fifa-wêreldbekerspanne gekry nie, maar inwoners kan hulle klaarmaak vir 'n groot sportfees van 9 tot 20 Junie. Die wêreld is sokkermal, maar Oudtshoorn is sportmal!"

So het die burgemeester van die Groter Oudtshoorn, me Diane de Jager, Maandagaand by die Buffelsdrift Wildreservaat met die bekendstelling van die Oudtshoorn 2010 Sportfees gesê.

"Oudtshoorn beskik oor van die beste sportfasiliteite, nie net in die Sui ...  Volledige Artikel


Stywe kragmetings!

Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Oudtshoorn na hulle oorwinning van 19-13 in 'n spannende wedstryd teen die span van Langenhoevn Gimnasium Saterdag.DIE Struisies se eerste span het Saterdag op Leeupark, die rugbyveld van Langenhoven Gimnasium, hul skool se naam hoog gehou in 'n taai wedstryd waarin hulle die Gimmies met 19-13 gewen het. Die wedstryd was tot aan die einde nog in die weegskaal.

Dit was een van drie rugbywedstryde van die dag wat deur die Hoërskool Oudtshoorn gewen is. Die Gimmies het al die ander wedstryde gewen.

In die wedstryd tussen die eerste spanne het die Gimmies vroeg met 6-0 voorgeloop nad ...  Volledige Artikel


Top German soccer team in Oudtshoorn!

The U.13 Soccer team from FC Ingolstadt in Germany will play a local team of the Greater Oudtshoorn area next Wednesday (26 May) at the Rec in Oudtshoorn. The game will start at 14:00, and learners and the public are invited to attend the game. Entrance is free. This group of German boys is very talented and passionate about their sport. They currently play in the highest junior league along with internationally known clubs like Bayern Munich or 1860 Munich. They were professionally trained fro ...  View Complete Article


Meestersatletiekbyeenkoms

Ingo Hildebrand, SA meestersatleet van Oudtshoorn (4de van regs), saam met atlete in sy ouderdomsgroep teen wie hy in Australië aan 'n meestersatletiekbyeenkoms deelgeneem het. Volgens hom was dit 'n wonderlike ervaring met ten minste 15 atlete wat in elke item meege­ding het. Hy het die 4de plek in spiesgooi en 5de plekke behaal in al sy ander items. Groter Foto


Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620
Contacts
General News Advertisements
Schalk le Roux Liesel le Roux Joey de Kock
083 458 9015 073 217 7089 073 211 0114
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620
Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

There are 18 000 indigenous vascular plant species in South Africa of which 80% are uniquely South African.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
KLEIN KAROO GROUP
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •