Tuesday, 7 September 2010  2:25am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main Archives page

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
info@hoorn.co.za
Tel (044) 272 5605
27 Mei 2010
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
Steeds protes

Sowat 300 ANC-ondersteuners het gisteroggend met plakkate na die Oudtshoorn Burgersentrum opgerukDIE munisipale geboue in Oudtshoorn was die afgelope week steeds die toneel van ontwrigting, protesoptrede en samedromming deur inwoners en werknemers van die munisipaliteit.

Sowat 300 ANC-ondersteuners het gisteroggend met plakkate na die Oudtshoorn Burgersentrum opgeruk om 'n memorandum aan die uitvoerende burgemeester, me Diane de Jager, te oorhandig. In die memorandum wat deur die streeksekretaris, mnr Putco Mapifisa, voorgelees is, eis die ANC dat die DA-beheerde raad hom moet w ...  Volledige Artikel


Dorp kry niereenheid

Gys Lombard (68) van OudtshoornOUDTSHOORN gaan sy eie dialise-eenheid vir nierpasiënte kry.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het pas 'n aansoek vir 'n dialise-eenheid met vier beddens vir die dorp goedgekeur nadat die aansoek aanvanklik einde verlede jaar afgekeur is.

Volgens dr Jaco Jordaan, algemene praktisyn van Oudtshoorn, het hulle die afgelope week gehoor dat die appèl van die privaatfirma B Braun Avitum teen die afkeuring suksesvol was en die departement die dialise-eenheid  ...  Volledige Artikel


Versier en wen R1 000!

Versier jou ryding vir die Fifa-wêreldbeker en wen R1 000Versier jou ryding vir die Fifa-wêreldbeker en staan 'n kans om R1 000 te wen!

Dit is die uitdaging wat 'n inwoner van Oudtshoorn dié week aan die ander inwoners van die dorp rig.

Die inwoner, wat anoniem wil bly, loof R1 000 uit vir die Oudtshoorniet wat sy of haar ryding so versier dat dit die meeste aandag trek en sokkergeesdrif op die dorp sal aanwakker.

Oral in Suid-Afrika is mense se motors met vlaggies versier, maar op Oudtshoorn lyk dit op ...  Volledige Artikel


Margaux presteer

Margaux Nel, wynmaker van Boplaas, wat die gesogte Golden Key-toekenning gekry het.Margaux Nel, wynmaker by Boplaas Wynkelder in Calitzdorp, het pas die Golden Key internasionale toekenning gekry as een van die top-studente van die Universiteit van Stellenbosch.

Margaux, 'n oud-leerder van Principia Kollege op Oudtshoorn, het die toekenning verwerf vir haar prestasie tydens haar MSc-studie in Wingerdkunde aan die universiteit. Sy het haar navorsing vir haar MSc-verhandeling op die Boplaas Touriga Nacional-wingerde gedoen.

Die toekenning word gemaak aan  ...  Volledige Artikel


2 000 kg klere uit Kanada!

Uiteindelik in Oudtshoorn! Klere en beddegoed wat in Maart deur weldoeners uit Kanada na Oudtshoorn gestuur isVYF gesinne van die stad Regina in Saskatchewan, Kanada se maandelange vasberadenheid om 'n verskil aan armoede op Oudtshoorn te maak, is die afgelope week beloon toe 2 000 kg klere en 'n groot klomp beddegoed op die dorp aangekom het. Dié klere en beddegoed is met 'n reuse-skeepskrat na Kaapstad vervoer, waar mnr Erik Davel van Oudtshoorn dit verlede Vrydag opgelaai en met 'n vragmotor na Oudtshoorn gebring het.

Een van die Kanadese weldoeners het die aankoms van die klere op ...  Volledige Artikel


Ruald by sokker!

Ruald Rheeder'N OUDLEERDER van Principia Kollege op Oudtshoorn is een van 'n handvol mode-ontwerpers wat genooi is om tydens die Fifa-wêreldbeker aan twee reuse modevertonings in Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) deel te neem. Ruald Rheeder, wat grootgeword het op Oudtshoorn en in 2003 aan Principia gematrikuleer het, ontwerp mansklere onder die handelsnaam Scorpio.

Sowat 5 000 mense, onder wie verteenwoordigers van die internasionale media, sal na verwagting elk van die twe ...  Volledige Artikel


Wentzel-saak weer uitgestel

DIE saak teen mnr Lluwellyn Eftha (28), 'n taxi­bestuurder van Worcester wat in November verlede jaar die atleet en fietsryer van Oudtshoorn, me Sanet Wentzel (41), op die Kango Grotte-pad doodgery het, is verlede week in die Oudtshoorn streekhof vir pleitonderhandelinge en instruksies van die Direkteur van Vervolging (DOV) voorlopig tot 5 Julie 2010 uitgestel.

Volgens Eftha se regsverteenwoordiger, mnr Clyde Avontuur, het die DOV nog nie beslis op watter klagtes Eftha tereg moet st ...  Volledige Artikel


Meiring dra kroon

Die Klein Karoo se Plaaswerker van die Jaar, mnr Samuel Meiring (tweede van links), was ook die wenner van die afdeling vir senior bestuurAGRI Klein Karoo se Plaaswerker van die Jaar is mnr Samuel Meiring van die Saag Jonker Groep by Oudtshoorn.

'n Oorstelpte Meiring is Vrydagaand uit 38 finaliste aangewys om die Klein Karoo later vanjaar by die Wes-Kaapse Plaaswerker van die Jaar-kompetisie te verteenwoordig.

Meiring (28), wat verlede jaar die middelbestuursafdeling gewen het, was vanjaar die wenner van die senior bestuursafdeling. Hy bestuur 'n voerfabriek wat 50 ton voer per dag lewer.

Meirin ...  Volledige Artikel


Stryd stopgesit oor bakleiery

RUGBYLIEFHEBBERS moes Vrydagaand teleurgesteld huiswaarts keer toe die Premierliga-derbystryd tussen Bridgton en Oudtshoorn ontsier is deur 'n bakleiery en die afrigter van Oudtshoorn besluit het om sy span kort ná rustyd van die veld te roep.

Die twee spanne is intussen tydelik geskors hangende 'n tugverhoor wat vanaand plaasvind.

"Daar was nog nooit probleme in wedstryde tussen Bridgton en Oudtshoorn nie.

"Maar met 'n onbekwame skeidsregter wat nie be ...  Volledige Artikel


All Blacks, Willing Hearts sterk op pad na Top Ses

All Blacks se eerste span het Saterdag met skitterende hardlooprugby die Jaguars van The Craggs in 'n Presidentsligawedstryd van die SWD op die Bridgton Sportgronde met 72-21 gewen.

Dit was All Blacks se grootste oorwinning in baie jare en die span het hiermee feitlik verseker dat hy deurdring tot die Top Ses vir die tweede ronde wat op 5 Junie 2010 afskop.

Die twee onderste spanne op die punteleer in die Premierliga skuif ook af om in die afdeling mee te ding.

 ...  Volledige Artikel


Jong Koch wen taai stryd

DAAR was geen verrassings in die eerste wedstryde in die Wesbank Tennisklub se klubkampioenskap wat verlede week begin het nie.

Die jong Christian Koch het Dirkie Potgieter in 'n aanskoulike mans- enkelspel met 6-4, 6-1 geklop. Deon Knoetze het Danie Steyl met 7-5, 7-6 geklop nadat Steyl vroeër vir Pieter Schoeman met 6-1, 6-0 uitgeskakel het.

Rehnear van Coller het Chris Cronje met 6-3, 4-6, 6-3 gewen.

In die mansopedubbels het Rehnear en Reinhardt van  ...  Volledige Artikel


Suid-Kaap-fietsryers blink uit

ALTESAME 24 fietsryers van die Suid-Kaap Fietsry-assosiasie (SWD) het die naweek van 14 tot 16 Mei aan die WP pad- en tydtoetskampioenskap in die Paarl gaan deelneem.

Van die belowende jong fietsryers van die SWD het die medaljes ingeryg. Die uitslae was soos volg:

Tydtoets: Seuns o.10 - Anrich Stander (goud), Kerrighan Aries (silwer). Meisies o.14 - Hanneke van Rooyen (goud), Shannique Loggenberg (silwer). Seuns o.14 - Keeran Arries (10de). Meisies o.16 - Chimoné ...  Volledige Artikel


Groot Visse

Mnr Basjan Burden van Oudtshoorn spog hier met twee reuse kabeljoue van 16 kg elk wat hy verlede Vrydag in die see naby Mosselbaai gevang het. "Oom Bassie", soos hy by sy hengelvriende bekend staan, is glo 'n meester wanneer dit kom by die vang van kabeljoue. Foto: Arenhold Hooper. Groter Foto


Klein Karoo IT-span wen

Die wenspan, Lendl Sauls, Karel Klose, Johan Grundling en Pieter Swanepoel saam met die president van die Oudtshoorn Rolbalklub, Thinus van Rensburg.DIE pasvoltooide besigheidsliga by die Oudtshoorn Rolbalklub was so 'n groot sukses dat dit op versoek van die deelnemers moontlik weer later vanjaar aangebied sal word, sê die president van die klub, Thinus van Rensburg.

Die Klein Karoo IT-span het as wenners uit die stryd getree met Die Wieldokter tweede, Swans I derde en Landmark in die vierde plek.

Die OBS-span van Principia het die plaatkompetisie gewen.

Van Rensburg sê hy glo die klub sal die ...  Volledige Artikel


Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620
Contacts
General News Advertisements
Schalk le Roux Liesel le Roux Joey de Kock
083 458 9015 073 217 7089 073 211 0114
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620
Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

Camels are called “ships of the desert” because of the way they move, not because of their transport capabilities. Camels sway from side to side because they move both legs on one side at the same time, elevating that side. This is called pacing, a ship-like motion which can make the rider feel sick.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
KLEIN KAROO GROUP
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •