 |
|
 |
 |
Back to Main Archives page
|
|
|
|
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
|
| Môrester says Ayoba! |
SIX HUNDRED learners from Môrester High School in Oudtshoorn can be seen daily on TV in the new MTN Ayoba commercial. The commercial is being aired on TV as part of the FIFA World Cup.
In the commercial learners from several schools in different parts of the country show their support for the World Cup, with the learners from Môrester enthusiastically blowing vuvuzelas in the quadrangle of their school.
Môrester's part of the commercial was shot on Sat ... View Complete Article |
 |
| WÊRELDBEKERKOORS TREF OUDTSHOORN! |
Bo is studente van die Suid-Kaap Kollege se Oudtshoorn-kampus Vrydag by 'n reusesokkerbal wat Hyundai Oudtshoorn by die kampus neergesit het. Groter Foto
|
 |
| 'Begroting vir die mense' |
Inwoners van Oudtshoorn sal vanaf 1 Julie vanjaar gemiddeld 6% meer betaal vir eiendomsbelasting, riooldienste en vullisverwydering maar sommer kwaai moet opdok vir water en elektrisiteit.
Die maandelikse basiese watertarief styg van die huidige R5,70 tot R55 per maand. Elektrisiteit styg met 22%.
Die jaarlikse skenking van R200 000 aan die Klein Karoo Nasionale Kunstefees is gekanselleer en die toekenning aan Groter Oudtshoorn Toerisme (GOT) is met R100 000 verminder.
< ... Volledige Artikel |
 |
| SA Colours for Drummies! |
Eight drummies from the SWD received their national colours at a special ceremony held on Friday at the Kango Wijnhuis in Oudtshoorn. This is a first for the SWD! They were selected for the Protea team at the Protea team trials held in early December in Pietermaritzburg. The girls, in their new national jackets, are from left Megan Jonker, Lindel Piedt, Geovanni van Wyk, Jonelle Philander, Megan Bisschoff, Chantelle Petersen, Truzaan Pikaan and Kaylene Ellis. Megan Jonker represented the York Hi ... Volledige Artikel
|
 |
| Bisdom kry nuwe herder |
Die Katolieke kerkgebied bekend as die Bisdom Oudtshoorn het vanaf Vrydag 'n nuwe herder nadat Pous Benedictus XVI die bedanking van biskop Edward Robert Adams DD, wat die verpligte kerk-aftreeouderdom van 75 jaar bereik het, aanvaar het.
Die Bisdom Oudtshoorn strek so ver as die munisipale gebiede van Riviersonderend, Ceres, Victoria-Wes en Plettenbergbaai.
Biskop Adams is sedert 1983 op Oudtshoorn.
Die nuwe biskop van Oudtshoorn, eerw vr Francisco Fortunato ... Volledige Artikel |
 |
| Christina Martin School of Food and Wine |
Allorie Sauls (23) from Blomnek in De Rust (right) with her three-year professional chef diploma and Christina Martin (left), the Maitre Chef de Cuisine and ex-principal of the Christina Martin School of Food and Wine. Allorie graduated as Chef de Partie from the school. Larger Photo
|
 |
| Botha neem nou waar as MB |
Mnr Trevor Botha, tot nou waarnemende direkteur: korporatiewe bestuurder, is van Oudtshoorn in die plek van mnr Keith Jordaan.
Jordaan het verlede week die burgemeester, me Diane de Jager, versoek om onthef te word van die pos van waarnemende munisipale bestuurder sodat hy kan konsentreer op sy werk as finansiële bestuurder.
Botha is Maandag tydens 'n spesiale raadsvergadering na 'n lang debat eenparig aangestel.
Die hoofsweep van die ANC, mnr Wilton Ka ... Volledige Artikel |
 |
| ANC loop bloutjie in raadsvergadering |
DIE ANC se pogings om die waarnemende direkteur: korporatiewe dienste van die Oudtshoorn munisipaliteit, mnr Trevor Botha, uit 'n raadsvergadering te sit, het Vrydag-oggend misluk.
Die hoofsweep van die ANC, mnr Wilton Kawa, het die speaker, mnr Pierre Nel, kort na die aanvang van die vergadering versoek om Botha te vra om die raadsaal te verlaat omdat hy glo onwettig aangestel is.
"Hy kan tussen die publiek in die galery gaan sit," het Kawa gesê.
Kawa ... Volledige Artikel |
 |
| Vroueleraar vir dorp se Evangelies Lutherse Kerk |
GESKIEDENIS is op Sondag 9 Mei gemaak toe die Evangelies Lutherse Kerk op Oudtshoorn 'n vroueleraar, pastor Ruth Adams, in die parogie ontvang en bevestig het.
Die voorstelling is waargeneem deur deken Richard Broekstein van Mosselbaai, bygestaan deur Emmeritus biskop Andrew Fortuin van Riversdal en uitgetrede pastoor Clifford Kawie van Elsiesrivier.
Die bevestigingsdiens het in die koshuissaal van die Hoërskool Môrester plaasgevind.
Die Evangelies ... Volledige Artikel |
 |
Brett Pyper by terugvoervergadering oor die Absa KKNK: 'KKNK wil met inwoners praat' |
VOORVALLE waarby kunstenaars betrokke was tydens vanjaar se Absa KKNK en die suksesse van en vrae rondom die nuwe Rivierbuurt het die feesdireksie besig gehou.
Hy het sy hande vol gehad om Oudtshoorn te verdedig, het die uitvoerende hoof van die Absa KKNK, mnr Brett Pyper, Donderdagaand by 'n terugvoergeleentheid oor die pas afgelope Absa KKNK gesê.
Die terugvoergeleentheid by Buffelsdrift is deur die Oudtshoorn Besigheidskamer gereël.
Pyper het ver ... Volledige Artikel |
 |
| Kommer oor kinders in veld |
KINDERS wat ongemagtig in die veld naby Zeelandsnek in Oudtshoorn ry, is klaarblyklik 'n groeiende probleem op die dorp.
Die kinders ry boonop glo dikwels sonder motorfietshelms en van hulle is jonger as 16 jaar en het nie rybewyse nie.
Verskeie bekommerde inwoners van Oudtshoorn het Die Hoorn oor die kwessie genader en gesê hulle kan nie verstaan dat ouers - van hulle glo vooraanstaande Oudtshoorniete - hulle kinders toelaat om dit te doen nie.
Behalwe ... Volledige Artikel |
 |
| Borgtog vir boer geweier |
Borgtog is in die Oudtshoorn Landdroshof geweier aan 'n boer van die distrik, mnr Ockert Lategan (60), wat tereg staan op 'n klag van dronkbestuur.
Lategan van Lategansvlei is op 19 Maart vanjaar vir dronkbestuur in hegtenis geneem terwyl hy van Beaufort-Wes waar hy vir dronkbestuur in die hof verskyn het, onderweg was na Oudtshoorn.
Sy regsverteenwoordiger, adv Steven Lourens, het die hof versoek om borgtog toe te staan omdat Lategan nie 'n geweldsmisdadiger is nie en be ... Volledige Artikel |
 |
| DA ondersoek aanstellings |
'N KOMMISSIE van ondersoek van die DA se Federale Raad besoek Oudtshoorn en Prins Albert vandeesweek, onder meer om op Oudtshoorn die aanstellings van mnre Keith Jordaan, finansiële bestuurder, en Walter Hendricks, direkteur gemeenskapsdienste, te ondersoek.
Die tweemankommissie bestaan uit mnr Werner Horn, DA-raadslid van die Mangaung-munisipaliteit en dr Wilmot James, die DA se skadu-minister van hoër onderwys en opleiding.
Die kommissie praat tydens sy sitti ... Volledige Artikel |
 |
| Betrek alle partye, vra besigheidskamer |
AL die politieke partye met sitting in die Groter Oudtshoorn munisipale raad moet ook in die Oudtshoorn Ekonomiese Forum (OEF) verteenwoordig word. Dit is die voorstel van die Oudtshoorn Besigheidskamer in 'n brief aan die voorsitter van die OEF, mnr Piet Lodder.
Die OEF is 'n oorkoepelende liggaam waarop organisasies wat 'n gondwet het en 'n belang het by plaaslike ekonomiese ontwikkeling op Oudtshoorn dien.
Die huidige lede is Agri Klein Karoo, die Klein Karoo Agri B ... Volledige Artikel |
 |
| Oud-Vollies die jaar na Springbok |
Na die suksesvolle reünie verlede jaar in die Paarl van die destydse OKSK (Vollies) wat deur meer as 300 oudstudente bygewoon is, heers groot opgewondenheid oor vanjaar s'n in Springbok.
Volgens mnr Japie Coetzee, plaaslike organiseerder, is die bus wat vanaf Oudtshoorn sal ry reeds vol bespreek en is daar 'n lang lys van "oud-voëls" wat nog 'n geleentheid na Springbok soek.
Volgens die organiseerders in Springbok sluit vanjaar se program 'n burgemeestersonthaal ... Volledige Artikel |
 |
| Oudtshoorn deel van projek om boksers vir Spele te kry |
ALTESAME 107 boksers, jong mans en vroue, is in die Weermag opgeneem waar hulle ses maande lank tot vandeesmaand by die Infanterieskool op Oudtshoorn verpligte militêre opleiding en boksafrigting ontvang met die oog op die Olimpiese Spele van 2012 in Londen.
Hul afrigting hier op Oudtshoorn is deel van 'n projek, Op Pad na Londen 2012, om te soek na boksers van gehalte vir die volgende Spele.
By 'n nuuskonferensie verlede Donderdag by die SANW Infanterieskool op Ou ... Volledige Artikel |
 |
| Red Stone Hills Bergfietsbyeenkoms |
Altesame 250 fietsryers het in die onderskeie wedrenne van die Red Stone Hills Bergfietsbyeenkoms meegeding. In die 65 km-wedren was Matthys Beukes in 'n tyd van 2:54:33 die senior manswenner en Hannelie Booyens die senior-veteranewenner. In die 45 km-wedren was Frans Grotepas in 1:43:16 die algehele wenner, Johannes Hamilton in 1:43:54 die naaswenner en Wickaum Smith in die derde plek met 1:44:16. Yolande Myburgh, 'n veteraan , was in die 45 km-wedren die vrouewenner in 'n tyd van 2:07:53. ... Volledige Artikel
|
 |
| Vroueblasers by Cravenweek |
Met die afskop van die 2010-Cravenweek vir Spesiale Skole aanstaande Donderdag om 09:00 op die Rec op Oudtshoorn, sal vrouens as skeidsregters in al die wedstryde optree.
Die toernooi is vir matig verstandelik gestremde spelers en ander spelers vanuit die buitengewone onderwyssektor.
Volgens mnr Barries Barnard, voorsitter van die plaaslike reëlingskomitee, verloop alles volgens plan. "Die eerste van die veertien o.18-spanne vir die toernooi word van aanstaande Woens ... Volledige Artikel |
 |
| Hulle het Comrades kafgedraf |
Sewentien atlete van Oudtshoorn, nege van Run Walk for Life (RWFL), ses van die Oudtshoorn Amateur Atletiekklub (OAK) en een van die SANW Atletiekklub het Sondag die Comrades-wedloop van Pietermaritzburg na Durban voltooi.
Onder hulle was Jason Jafta van RWFL wat sy 20ste medalje gewen het in 'n tyd van 8:28:11. Willie Freeks, ook van RWFL, was die eerste Oudtshoorn-atleet oor die wenstreep in 'n tyd van 8:05:51.
Carmen Maloney (08:57:35) van die Oudtshoorn Atletiekklub ... Volledige Artikel |
 |
| Pikaan-skop haak knoop deur |
Die Bridgton Rugbyklub het Vrydagaand op die Bridgton Sportgronde 'n naelskraapse oorwinning van 12-9 in die Premier-ligakompetisie van die SWD oor George behaal danksy 'n ellelange strafdoel van meer as 50 m deur sy kaptein Kevin Pikaan.
Pikaan het die skopwerk pale toe oorgeneem toe hy besef sy span sou nie die paal haal nie.
Dit was 'n wedstryd wat albei spanne so gou moontlik sal wil vergeet. Die stryd was meedoënloos tussen veral die agttalle. Dit was daarom ni ... Volledige Artikel |
 |
|
 |
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
|
|
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
 |
Back to Main Archives page To Top |
 |
 |
|
 |