 |
|
 |
 |
Back to Main Archives page
|
|
|
|
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
|
| 'N SOKKERVOLSTRUIS VIR OUDTSHOORN! |
Me Lutie Gabriels en haar dogter Natalie (3) by hul motor wat spesiaal vir die Fifa-wêreldbeker met 'n volstruis, sokkerballe en Suid-Afrikaanse vlae versier is. Groter Foto
|
 |
| Water streng beperk |
KINDERS én grootmense in die Groter Oudtshoorn-gebied sal nie meer met water kan mors nie nadat die raad Dinsdag tydens 'n spesiale raadsvergadering belangrike permanente waterbeperkingsmaatreëls vir die gebied ingestel het. Die maatreëls is vanaf 1 Julie 2010 geldig.
En diegene wat water onverskillig of oormatig wil gebruik, sal voortaan daarvoor moet opdok omdat water al hoe duurder sal word, hoe meer daarvan gebruik word.
Indien die vlak van die Rauben ... Volledige Artikel |
 |
| Nou vir Burton se 58ste produksie |
WANNEER die musiekspel Who Killed Jimmy Valentine? op 14, 15 en 16 Julie op die planke kom van die Oudtshoorn Burgersentrum, sal dit die 58ste produksie wees wat regisseur Ronnie Burton op die planke bring.
Burton, drama- en Engels-onderwyser by Principia Kollege op Oudtshoorn, inspireer sedert 1964 al skoolkinders en studente by onderwysinrigtings oor die land met sy passie en kundigheid.
Hy is 'n boorling van Port Elizabeth wat 'n honneursgraad in drama aan die Universi ... Volledige Artikel |
 |
| Oud-Struisie-koorlede op pad na China! |
Drie oudkoorlede van die Struisies se Ad-Astra-koor onder die leiding van mnr Danie en me Elmine Bester, is lid van die Universiteitskoor van Stellenbosch wat Suid-Afrika van 12 tot 25 Julie in China by die sesde Wêreldkoorspele gaan verteenwoordig. Die koor het in 2008 in Oostenryk die afdeling vir gewyde musiek gewen en onder die top vier uit 1 000 universiteitskore vanoor die wêreld geëindig. Van links is Jeandré le Roux, Elmine Bester, Danie Bester, Frieda Matthee e ... Volledige Artikel
|
 |
| Nelle is portkonings! |
DIE wynkelders De Krans en Boplaas het weer gewys waarom Calitzdorp as die porthoofstad van Suid-Afrika bekend staan deurdat hulle vier van die vyf afdelings gewen het by vanjaar se Sappa Port Challenge waarvan die uitslae verlede week op Stellenbosch bekend gemaak is.
De Krans se Cape Tawny Port was die wenner van die Tawny Port-afdeling en ook die algehele wenner waarvoor hy die Peter Schulz-trofee ontvang het.
Boplaas het op sy beurt drie afdelings gewen, naamlik die ... Volledige Artikel |
 |
'Amper 'n wonderwerk' Polisieman speel nou 'n nuwe rol |
HY vang nou siele vir Jesus.
So praat oudpolisiekaptein Derick Gavin van Klaarstroom oor die projek waarmee hy 'n paar weke gelede begin en reeds groot sukses behaal het.
"Ek doen wat die Here op my hart gelê het," het Gavin Sondag aan Die Hoorn gesê terwyl die ou NG Kerk begin volloop het van Klaarstromers, oud en jonk.
Gavin sê hy was vanjaar by Angus Buchan se Mighty Men-saamtrek in Kwazulu-Natal waar hy dié boodskap gekry het.
... Volledige Artikel |
 |
| Bredell to open new Centre |
The newly built Oudtshoorn Thusong Service Centre will be officially opened today by the Western Cape MEC of Local Government, Environmental Affairs and Development Planning, Mr Anton Bredell.
The Thusong Service Centre is in 12th Avenue, Bongolethu, next to the Bongolethu Satellite Police Station, and was built at a cost of R7 million.
The centre aims to centralise government departments providing integrated services to the communities of the Greater Oudtshoorn.
< ... View Complete Article |
 |
| SOCCER FEVER AT THE CANGO CAVES! |
A soccer ball with a diameter of 2 metre was hung from the glass roof of the Cango Caves Complex this past week. Surrounding the massive ball are the national flags of the 32 qualifying nations for the Fifa World Cup. Of those 32 flags, four are significantly larger than the rest and they too are suspended from the glass roof. The four flags are the South African flag and the Danish, French and Japanese flags as these three countries have chosen the Garden Route as their bases. Larger Photo
|
 |
| Geskiedkundige reünie op pad |
'n Reünie vir oud- en huidige inwoners van die Ou Lokasie, Ou Bridgton, soos die woonbuurt in die omgewing van De Villiers Primêr en die Hoërskool Môrester bekend is, word vir September beplan.
'n Komitee van 20 lede is onlangs gekies om so 'n geskiedkundige byeenkoms te reël. Die voorsitter is die voormalige parlementslid, mnr Sidney Opperman, self 'n oud-inwoner van die woonbuurt.
Mense wat 'n verbintenis het met die "Ou Kas", soos die woonbuu ... Volledige Artikel |
 |
| Gesinsekspo groot sukses |
Die driedaagse Gesinsekspo wat van 21 tot 23 Mei in die Toekomsrus Gemeenskapsaal op Oudtshoorn deur die departement maatskaplike ontwikkeling aangebied is, was 'n reuse sukses met honderde gesinne van regoor die Suid-Kaap en die Karoo wat dit bygewoon het.
Volgens me Chrissie Baptiste, plaaslike koördineerder, het die ekspo in sy doel geslaag.
Die ekspo met die tema "Bevordering, beskerming en versterking van gesinne" se doelwit was om sosiale samehang te bou deur famili ... Volledige Artikel |
 |
| Almal welkom by spesiale Cravenweek |
Kort voor die Fifa Wêreldbeker se afskop begin 'n ander belangrike sporttoernooi vandag hier op Oudtshoorn, naamlik die Cravenweek vir skole met matig gestremde leerders.
Veertien provinsiale rugbyspanne vir matig gestremde en buitengewone onderwysleerders van regoor Suid-Afrika en Namibië is reeds hier op Oudtshoorn.
Dit is die 29ste agtereenvolgende jaar dat die toernooi deur SA Rugby vir leerders uit Spesiale Skole aangebied word.
Die toernooi b ... Volledige Artikel |
 |
| Colridge vang wêreldbeker-gees! |
Leerders van Colridge Primêr het op Vrydag 4 Junie 2010 gees gevang vir FIFA Wêreldbeker 2010. Hier is 'n groepie geesdriftige leerders. Groter Foto
|
 |
| Christian Koch Wesbank se jongste kampioen nog |
Die 15-jarige Christian Koch, 'n leerder aan Langenhoven Gimnasium, het Saterdag vir 'n groot verrassing gesorg toe hy die Springbokspeler, Deon Knoetze, in die eindstryd om die mansenkelspeltitel van die Wesbank Tennisklub in drie stelle geklop het.
Koch het, nadat hy die eerste stel met 2-6 verloor het, ware vegtersgees getoon en die tweede en derde stelle met 6-2, 6-2 gewen.
Dit was 'n taai en aanskoulike wedstryd met die jong Koch se vlugvoetigheid wat uiteindelik vi ... Volledige Artikel |
 |
Blanco oortuigend verslaan Bridgton deur na Top Agt |
Die eerste span van die Bridgton Rugbyvoetbalklub het Saterdag op George met een van sy beste vertonings van die seisoen deur-gedring tot die Top Agt in die Premierliga van die SWD toe hy die span van Blanco oortuigend met 28-15 verslaan het.
Bridgton het met dié sege in die derde plek geëindig ná 'n aanvanklike gesukkel in die kompetisie.
In Saterdag se stryd het sake tot rustyd baie gelykop verloop met die telling op 7-7. Bridgton het egter in die tweede hel ... Volledige Artikel |
 |
| Union Stars-spelers vereer |
Verskeie spelers van Union Stars is deur die SWD Krieketraad vereer tydens 'n glansgeleentheid by die VG Internasionale Wilderness Hotel.
Pieter Stuurman is as Premierligaspeler van die Seisoen aangewys en Elridge Booysen as Promosieligaspeler van die Seisoen.
Nog spelers van die klub wat vereer is, is Eugene Piedt (Promosieligabouler van die Seisoen) en Mario Jansen (Premierligabouler van die Seisoen).
Sammy Joe-Avontuur wat teen die besoekende Engelse toe ... Volledige Artikel |
 |
|
 |
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
|
|
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
 |
Back to Main Archives page To Top |
 |
 |
|
 |