 |
|
 |
 |
Back to Main Archives page
|
|
|
|
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
|
| Deur vlamme verwoes |
ETLIKE miljoene rande se skade is Sondagaand aangerig toe Tafeltjie en Wafeltjie, 'n restaurant en antieke winkel in Baron van Reedestraat, Oudtshoorn, voor die oë van die ontstelde eienaars en inwoners van die dorp afgebrand het.
Al die waardevolle antieke stukke in die winkel wat mnr Mannetjie en me Annemarie de Beer oor jare bymekaargemaak het, is in die brand vernietig. Die kombuisgedeelte van die restaurant is verder vernietig deur 'n gassilinder wat in die brand ontplof ... Volledige Artikel |
 |
| Bouers, skrynwerkers bemagtig |
'N INISIATIEF van die Oudtshoorn Besigheidskamer en Alphen aan den Rijn, Oudtshoorn se tweelingdorp in Nederland, om bouers en skrynwerkers uit die Groter Oudtshoorn die geleentheid te bied om 'n formele kwalifikasie te verwerf, is volstoom aan die gang.
Dié inisiatief het die begin van die jaar afgeskop met die werwing van geskikte kandidate. Op 14 Junie het die opleiding van die eerste 14 kandidate begin - almal ervare bouers van Oudtshoorn, De Rust en Dysselsdorp wat vyf ja ... Volledige Artikel |
 |
| 'n Winterwonderland |

Die Klein Karoo is Maandagnag in 'n winterwonderland omskep met 'n sneeukombers wat die Swartberge, Langeberge en Outeniquaberge toegevou het. Selfs die Rooiberge was met sneeu bedek, iets wat baie selde gebeur.
"Dis die laagste en dikste wat die sneeu nog ooit gelê het," he ... Volledige Artikel |
 |
| Voer uit Vrystaat, Gauteng vir boere |
Die Wes-Kaap Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling, mnr Gerrit van Rensburg, het Maandagoggend mielies en hooi wat uit die Vrystaat en Gauteng ontvang is, aan produsente in die droogtegeteisterde Langkloof in die Klein Karoo oorhandig. Die ontvangers is sowat 60 nuwe produsente en vyf kommersiële produsente. Die voerskenkings is deur Agri Klein Karoo geïnisieer en gefasiliteer. Die skenkings, wat deur Klein Karoo Handel en Meganisasie in Oudtshoorn verpak is, is by Herold en op Ha ... Volledige Artikel
|
 |
| Wêreldbeker gees |

Verskeie lede van die Infantrieskool op Oudtshoorn asook hulle kinders in 'n jolige luim voor verlede Vrydag se Fifa-wêreldbekeropening. Hulle is almal vasgevan ... Volledige Artikel |
 |
| Sportfees |

Phillip Alexander (middel) het die prys vir die Speler van die Toernooi ontvang. Markus Ground (links) het die prys vir die Agterspeler van die Toernooi ontvang e ... Volledige Artikel |
 |
| All Blacks begin goed |
Die eerste span van All Blacks het Saterdag die topsesronde in die Presidentsliga van die SWD op 'n hoë noot begin toe hy Eagle Stars van Sedgefield met 28-20 geklop het.
Die tuisspan het rustyd met 15-6 voorgeloop en met die oorwinning ook wraak geneem vir die nederlaag vroeër in die seisoen.
All Blacks se agttal was Saterdag op hul beste terwyl die agterlyn ook deurentyd gevaarlik was.
Eagle Stars het egter nooit gaan lê nie.
Die ... Volledige Artikel |
 |
|
 |
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
|
|
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
 |
Back to Main Archives page To Top |
 |
 |
|
 |