Thursday, 9 September 2010  12:00pm SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main Archives page

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
info@hoorn.co.za
Tel (044) 272 5605
24 Junie 2010
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
Derde tragedie tref gesin

Fran-Mari ErasmusDIE jongste dogter van die voormalige Springbokstut, wyle Frans Erasmus, het Saterdag in ’n motorongeluk gesterf, net soos haar pa en ma.

Fran-Mari Erasmus (21), wat in 2007 aan die Hoërskool Oudtshoorn gematrikuleer het, was saam met haar oudste suster Helena, en ’n vriend, Stefan Coetzee, op pad terug vanaf Namibië na Suid-Afrika toe die ongeluk sowat 40 km voor die Namibiese grenspos gebeur het.

Hulle was op pad terug ná ’n kuier by Fran-Mari en Helena se suster, Julia ...  Volledige Artikel


Skydive Oudtshoorn se eerste springgeleentheid

Skydive OudtshoornVyf Oudtshoorniete het Maandag Skydive Oudtshoorn se eerste springgeleentheid op Oudtshoorn meegemaak. Bo land Gideon de Villiers met die Swartberge in die agtergrond - steeds met sneeu op die pieke.

Majke Kaese en Anthony Malherbe het in Maart uit Namibië na Oudtshoorn verhuis om dié nuwe avontuuronderneming op die dorp te vestig, maar moes wag vir toestemming van die Oudtshoorn Munisipaliteit voordat hulle met spronge kon begin.

Die Cessna 206 styg vir die spronge by  ...  Volledige Artikel


SANW-lid sterf op Jeugdag

’N LID van die SANW op Oudtshoorn het op Jeugdag gesterf nadat hy na bewering in die omgewing van die menasie in die weermagkamp deur ’n SANW-voertuig raakgery is.

Die oorledene is mnr Mtateleli Mafane (48) van Peddie in die Oos-Kaap.

Die Polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

Mafane het volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, gesterf nadat hy op 16 Junie na bewering omstreeks 19:15 die aand in Serisonstraat in die wee ...  Volledige Artikel


Sokker-Duitsers gee vir sentrum

Scrosoppi donation’n Groep Duitsers wat Suid-Afrika vir die Fifa Wêreldbeker besoek het, het Oudtshoorn aangedoen om ’n skenking van digby R27000 aan die Scrosoppi Sorgsentrum op die dorp te oorhandig.

Die Duitsers is afkomstig van die dorp Neuenkirchen in die noordweste van Duitsland, naby die Nederlandse grens, en steun reeds jare lank projekte in die Bisdom Oudtshoorn.

Die geld is deur die mans, vroue en kinders van 13 gesinne ingesamel met tuisgemaakte konfyt, vrugtesap, gebak, helderk ...  Volledige Artikel


‘Ikoon wat betref opleiding van skeidsregters in die SWD’
Bekende in rugbykringe oorlede

Mnr Marshall Jansen’n BEKENDE in rugbykringe in die SWD, mnr Marshall Jansen van Oudtshoorn, is verlede Donderdag onverwags aan ’n hartaanval oorlede.

Hy word Saterdag begrawe.

Die 56-jarige Jansen het ’n paar maande gelede ’n beroerte-aanval gehad en mooi aangesterk.

Jansen was baie jare lank een van die SWD se bekendste skeidsregters en later assessor van skeidsregters, nie net in die SWD nie, maar ook van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie.

Hy was volgens die uitvoer ...  Volledige Artikel


Twee naweke vir KKNK

DIE 17de Absa KKNK in 2011 sal weer soos in die verlede twee naweke insluit deurdat dit van Saterdag 2 tot Saterdag 9 April gaan plaasvind.

“Ons verwag positiewe terugvoer hieroor,” sê mnr Brett Pyper uitvoerende hoof van die fees.

Volgens Pyper het talle feesgangers vanjaar versoek dat daar, soos in die verlede, twee naweke by die feesdatums ingesluit word.

Die 2011-feesdatums, wat tydens ’n onlangse direksievergadering bepaal is, val nie oor die Paasnaweek  ...  Volledige Artikel


Help Oudtshoorn so groen maak

’N SUKSESVOLLE herwinningsprojek van die NG Gemeente Oudtshoorn-Wes gaan nou uitgebrei word na die grootste deel van Oudtshoorn sodat ander inwoners ook hierby betrokke kan raak.

In ’n poging om Oudtshoorn groen te maak en die groot las op die dorp se stortingsterrein te verminder, het die NG Gemeente Oudtshoorn-Wes die inisiatief geneem om in samewerking met Retain Recycle Re-use, ’n herwinningsonderneming van Oudtshoorn, ’n gratis diens te lewer waar gemeentelede herwinbare produkt ...  Volledige Artikel


Opening van Dienssentrum bewaarheid jarelange droom

Thusong DienssentrumDIE staat alleen kan nie die sentrum effektief laat werk nie en daarom moet die inwoners eienaarskap daarvan neem, dit ten volle benut, beskerm en trots wees daarop.

So het die Wes-Kaapse LUR vir plaaslike bestuur, mnr Anton Bredell, by die amptelike opening van die Oudtshoorn Thusong Dienssentrum op Donderdag 10 Junie in Bongolethu gesê.

Volgens Bredell is hy daartoe verbind om die rol van Thusong Dienssentrums te versterk ten einde effektiewe diens aan gemeenskappe te l ...  Volledige Artikel


Klassique-program middel Julie beskikbaar

DIE program vir die tweede Klein Karoo Klassique sal teen middel Julie beskikbaar wees, met kaartjiebesprekings wat op 2 Augustus open.

Die Klein Karoo Klassique, wat van vanjaar af deur die KKNK bestuur word, vind van 29 September tot 3 Oktober plaas.

Dit val in die lente-skoolvakansie.

Verblyfbesprekings open reeds op 1 Julie.

Die fees is verlede jaar die eerste keer baie suksesvol op Oudtshoorn aangebied.

Onder die opwindende vertoni ...  Volledige Artikel


Ewerts knak Barbarians

Bridgton Eerste SpanDIE voorloper in die Premierliga van die SWD, Barbarians van Mosselbaai, het Saterdag vir die tweede keer vanjaar sy rieme teen Bridgton van Oudtshoorn styfgeloop.

En die keer was dit ’n driekuns van Bridgton se kookwaterlinkervleuel, Charlie Ewerts, wat die Babaas geknak het.

Ewerts, wat ’n paar weke met ’n enkelbesering op die kantlyn was, was Saterdag duidelik uitgehonger vir rugby. Bridgton het die wedstryd uiteindelik net-net met 26-24 gewen.

Dit was ’n b ...  Volledige Artikel


Matthys wen nasionale fietsryreeks

Matthys BeukesMatthys Beukes (22), bergfietsryer van Oudtshoorn, het vanjaar sy stem dik gemaak in groot geselskap deur die MTN National MTB Cross Country Cup Series se Pro Elite-afdeling vir mansryers van 23 jaar plus te wen.

Die nasionale reeks bestaan uit vier cross country-wedrenne, wat vanjaar onderskeidelik in Johannesburg, Pietermaritzburg, George en Nelspruit plaasgevind het, met die voorste ryers in die land wat daaraan deelneem.

Matthys het die meeste punte vanjaar behaal met ...  Volledige Artikel


All Blacks val vas

DIE eerste span van All Blacks het Saterdag sy rieme lelik styfgeloop in ’n Top Ses Presidentsliga-wedstryd van die SWD teen Crusaders van George.

Die tuisspan het van die afskop af tweede viool gespeel teen ’n begeesterde span wat die wedstryd met 23-7 gewen het. Die rustydtelling was 11-0.

Brian Jonkers en Roydon Engelbrecht van All Blacks het hul harte uitgespeel. Nico Saayman, Matthew de Laan, Neil Manuel, Raymondo Botha en Emmanuel Gabriels het ook met vuur gespeel,  ...  Volledige Artikel


Groot eer vir Meryl

Meryl Daniels’n Groot eer het Meryl Daniels, ’n opvoeder en ook die mini-krieketkoördineerder van Amalienstein Primêre Skool, te beurt geval deurdat sy as een van die drie finaliste aangewys is vir Krieket Suid-Afrika (KSA) se Mini-krieketadministrateur van die Jaar.

Die wenner sal op 20 Julie aangewys word tydens die jaarlikse KSA-prysuitdelingsfunksie wat in Johannesburg gaan plaasvind.

Daniels, wat reeds die afgelope ses jaar baie nou by mini-krieket betrokke is, is ook die vise- ...  Volledige Artikel


Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620
Contacts
General News Advertisements
Schalk le Roux Liesel le Roux Joey de Kock
083 458 9015 073 217 7089 073 211 0114
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620
Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

In South Africa, 74 Proteaceae are classified as vulnerable or endangered, and a great many more are rare.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
Web Design and Development
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •