 |
|
 |
 |
Back to Main Archives page
|
|
|
|
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
|
| Scep droom groot |
NIE meer net ’n kleuterskool vir die kinders van Vrederust Preprimêr wat tans in tydelike geboue skoolgaan nie, maar ’n leer- en opvoedkundige sentrum wat die lewens van honderde voorheen benadeelde Schoemanshoekers – kinders en volwassenes – kan verander.
Dit is die nuwe droom van die Schoemanshoek Gemeenskapsuitreikingsprojek (Scep), sê mnr Hennie Pretorius, voorsitter van Scep.
Die Groter Oudtshoorn se burgemeesterskomitee het verlede Dinsdag goedkeuring verleen vir d ... Volledige Artikel |
 |
| Sessie oor Grotte-geld |
DIE Groter Oudtshoorn-raad gaan ’n werksessie op 15 Julie hou oor ’n interne lening van sowat R12 miljoen wat 20 jaar gelede deur die raad aan die Kango Grotte toegestaan is vir die bou van ’n nuwe gebou.
Die besluit is verlede week by ’n raadsvergadering geneem tydens die bespreking van die Kango Grotte se begroting.
Dit het byna ’n uur geduur voordat die raadsvergadering sake op die agenda kon bespreek omdat raadslede oor kwessies gepraat het wat nie op die agenda was n ... Volledige Artikel |
 |
| SKS se toetsuitsendings begin |
DIE gemeenskapsradiostasie, Suid-Kaap Stereo (SKS), begin komende Saterdag (3 Julie) met toetsuitsendings vir ’n week en sal van Maandag 12 Julie met amptelike uitsendings begin.
Dié goeie nuus vir radioliefhebbers is Maandagaand tydens ’n omroepersvergadering in die Riempie Hotel deur die stasiebestuurder, me Buks Coetzee, bekend gemaak. ’n Tweede omroepersvergadering is Dinsdagaand op Mosselbaai gehou.
Volgens Coetzee sal SKS Saterdag vanaf 10:00 by Oudtshoorn Nissan op ... Volledige Artikel |
 |
| Fluks by DBV! |
HULLE het besluit om die vakansie as vywilligers by die DBV op Oudtshoorn te gaan help omdat hulle albei baie lief is vir diere, sê Gaby Brits (10) en Julia Eaglestone (11), wat verlede week die hele week lank gehelp het om die diere by die DBV te versorg.
En hulle gaan dit beslis weer doen, want dit was baie lekker, vertel die twee. Hulle is onderskeidelik in graad 5 en graad 6 aan die Laerskool Van Reede op Oudtshoorn.
Gaby en Julia sê hulle het onder meer die honde se ... Volledige Artikel |
 |
| Volstruise doodgebyt |
DRIE BROEIVOLSTRUISE, twee mannetjies en ’n wyfie, is Donderdagnag in die Volmoed-omgewing deur rondloperhonde doodgebyt. Nog ’n wyfie is erg beseer, maar kon gered word.
Die volstruise behoort aan mnr Viljee Keller van Mooiplaas.
Die Oudtshoorn DBV het die volgende dag drie honde uit die omgewing verwyder.
Volgens me Magda Davel van die DBV verskaf rondloperhonde groot probleme vir volstruisboere.
“Daar word vermoed die honde was agter ystervarke ... Volledige Artikel |
 |
Huise in Rosebank onklaar, onveilig, koud Moeg gewag vir hul huise |
HULLE is nou moeg gewag dat hul huise vensters, deure, toilette en in baie gevalle water kry, sê die inwoners van Rosebank op Oudtshoorn wat nou al maande wag vir inligting oor die status en vordering met die behuisingsprojek.
Tydens ’n vergadering in die woonbuurt is besluit dat die wyksraadslid, mnr Japie Coetzee, ’n brief aan die waarnemende munisipale bestuurder, mnr Trevor Botha, moet stuur om hom te vra om onmiddellik iets aan hulle omstandighede te doen.
In die bri ... Volledige Artikel |
 |
| Pietersen-saak word uitgestel tot Augustus |
Die arbitrasieverhoor van die afgedankte voormalige munisipale bestuurder van Oudtshoorn, mnr Noël Pietersen, is verlede Donderdag tot 3 Augustus uitgestel nadat die regsverteenwoordigers van die munisipaliteit nie die verhoor kon bywoon nie.
Volgens mnr Elton Rochert wat in opdrag van Ezechiel Beddy & Associate Attorneys van George vir Pietersen optree, is ’n aansoek om die verhoor uit te stel deur die voorsittende beampte, adv C de Kock, toegestaan.
Die aansoek is ... Volledige Artikel |
 |
| Jansen geloof vir leierskap in rugby |
DIE sukses van die huidige sokkertoernooi in Suid-Afrika is toe te skryf aan mense soos Marshall Jansen wat in 1995 betrokke was by die suksesvolle aanbieding van die wêreldbeker-rugbytoernooi.
So het mnr John Nortje, bestuurslid van die SWD Rugbyvoetbalunie, Saterdag tydens die begrafnisdiens van Jansen in die St Simons Anglikaanse Kerk gesê.
Volgens Nortje het Jansen sedert 1991 ’n leidende rol gespeel in eenheidsgesprekke om een rugbyunie in die SWD te vestig en hom ge ... Volledige Artikel |
 |
| Buitelanders doop aangenome SA kind op gasteplaas |
DAAR was verlede week groot opgewondenheid by die Oudtshoorn Munisipaliteit toe twee buitelanders wat ’n Suid-Afrikaanse seuntjie aangeneem het, deur die burgemeesterskomitee onthaal is.
Die paartjie, mnr Christian Maier van Munich, Duitsland, en sy Italiaanse vriendin, me Anna Biancorosso, het die 2-jarige Lithemba die vorige dag op die gasteplaas Montana van dr Wolfgang Beitz laat doop.
Lithemba was sedert sy geboorte in ’n kinderhuis in Port Elizabeth nadat sy ma die h ... Volledige Artikel |
 |
| Effort to save water |
THE organisers of the annual Cape Pioneer Trek mountain bike race which will take place from 18 to 23 October in the Southern Cape are currently involved in a sincere effort to lessen the race’s carbon footprint and to save water in this drought ridden area.
According to Mr Katot Meyer, one of the unsung heroes of nature conservation in the Southern Cape, the organisers, Dryland Event Management, have already started to clear one hectare in the Keurbooms catchment area from alien ve ... View Complete Article |
 |
| Collegians wen mooi stryd |
Collegians RVK het Rangers van Dysselsdorp Saterdag in ’n aanskoulike en spannende wedstyd in die Presidentsliga van die SWD met 29-26 geklop nadat Rangers teen rustyd met 14-12 voor was.
Collegians het eerste bloed geruik toe die strydros, Winston Adams, oor is vir ’n drie nadat voor- en agterspelers die bal hanteer het.
Rangers het met ’n drie geantwoord terwyl sy losskakel, Theo Titus, met drie strafdoele die kol getref het.
Adams het voor rustyd Collegians ... Volledige Artikel |
 |
| Bridgton val vas teen Evergreens |
Die eerste span van die Bridgton Rugbyklub het Saterdag op Pacaltsdorp sy eerste nederlaag in die Premierliga Top 8-kompetisie van die SWD gely toe hy met 17-24 teen Evergreens verloor het.
Ná twee vinnige drieë vroeg in die eerste helfte het Evergreens teen rustyd 16-3 voorgeloop.
Bridgton se agttal het in die tweede helfte met meer vuur gespeel, maar dit was nie genoeg vir ’n oorwinning nie.
Hadley Arries (vleuel), Adrian Booysen (senter) en Ricky Jansen (sk ... Volledige Artikel |
 |
| All Blacks verloor ’n tweede keer |
ALL BLACKS het Saterdag sy tweede nederlaag in die Presidentsliga Top 6-kompetisie van die SWD op die lyf geloop toe hy met 17-26 teen Uniondale United verloor het.
Die wenspan het rustyd met 13-7 voorgeloop.
All Blacks het as eenheid baie goed saamgespeel en feitlik alle fasette van die spel oorheers, maar is telkemale om onverklaarbare redes deur die skeidsregter gestraf.
Die tuisspan het vroeg met 13-0 voorgeloop. All Blacks se punte in die eerste helfte wa ... Volledige Artikel |
 |
| Hengelaars oefen vir SA’s |
DIE spanoefening van die Suid-Kaapse senior en junior hengelspanne by die Stompdriftdam Saterdag is deur Jaco Zylstra en Jannie Crafford gewen.
Hulle het altesame 22 sonepunte ingesamel met 18 visse (15,12 kg).
Die spanne berei hulle tans voor vir die SA Kampioenskap die einde van die jaar asook vir Maart 2011.
Vangste was Saterdag nie sleg nie, ten spyte daarvan dat dit middel winter is, maar hengelaars moes op hul voete dink om die visse uit te oorlê.
... Volledige Artikel |
 |
|
 |
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
|
|
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
 |
Back to Main Archives page To Top |
 |
 |
|
 |