Tuesday, 7 September 2010  2:30am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main Archives page

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
info@hoorn.co.za
Tel (044) 272 5605
8 Julie 2010
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
Eerste sprong:
Vrou beter ná fratsval

Me Surene Bruwer (26) van Bonnievale en haar instrukteur, mnr Anthony Malherbe, net voordat hulle Sondag opgestyg het.'N JONG vrou van Bonnievale is Sondag met die AMS-noodhelikopter eers na die George Medi-Clinic en daarna na die Grootte Schuur Hospitaal geneem nadat sy tydens haar eerste valskerm­sprong net buite Oudtshoorn beseer is.

Me Surene Bruwer (26), wat betrokke is by die bemarking van Roete 62, het Sondag haar eerste valskerm­sprong onderneem toe sy naby die grond van koers af geraak en 'n boom getref het. Twee van haar nekwerwels is met die valslag gekraak. Sy het Maandagmiddag 'n sukses ...  Volledige Artikel


Diefstal met eie sleutel

DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek tans die diefstal van R76 000 uit die kluis by die Oudtshoorn Verkeersdepartement.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is die kluis met die sleutel oopgesluit wat op die perseel gehou word.

Dit wil egter volgens Visser voorkom of toegang tot die vertrek waarin die kluis gehuisves word, deur 'n venster verkry is.

Die diefstal het op Saterdag 26 Junie tussen 08:15 en 22:00 plaasgevind. Kontant en  ...  Volledige Artikel


Windpomp weer in hof

DIE Afrikaanse sanger, Wynand Burger (39), ook bekend as Wynand Windpomp, verskyn weer Maandag in die Oudtshoorn Landdroshof op 'n aanklag van verkragting.

Burger is tydens vanjaar se Absa KKNK in hegtenis geneem en borgtog van R5 000 toegestaan. Die 39-jarige sanger het na bewering 'n 24-jarige vrou, wat hy al sewe jaar ken en voorheen saam mee opgetree het, in 'n tent verkrag.

Hy was twee dae in aanhouding en moes al sy optredes tydens die fees kanselleer.

...  Volledige Artikel


Principia vroegtyding aan die gaan

Terwyl skoolkinders oral nog vakansie hou, het dié leerders van Principia Kollege sedert Maandag weer begin oefen vir hul jaarlikse musiekspel, Who killed Jimmy Valentine?, wat volgende Woensdag, Donderdag en Vrydag in die Oudtshoorn Burgersentrum op die planke is. Die regisseur van die stuk, mnr Ronnie Burton, noem dit 'n musikale "who-dunnit". Die musiekregisseur is me Chrisna du Preez. Die hoofrolle word gesing deur (tweede ry van voor van links) Nikita Pretorius, Stephan Bredekamp, M ...  Volledige Artikel


'Renoster' gered

Lanie Lombard en Noster, die skilpad, gister op pad huis toe. Noster gaan nou in die Lombards se groentetuin aansterk.'N ERG beseerde skilpad van digby 100 jaar oud se lewe is waarskynlik gered deur die ingrype van inwoners van die Oudtshoorn-distrik en 'n veearts van die dorp.

Die beseerde skilpad, intussen gedoop tot Renoster, is sowat ses weke gelede deur me Diana Lombard in die middel van die Kango Grotte-pad gevind toe sy op pad was Oudtshoorn toe.

Sy het onmiddellik langs die pad stilgehou en twee jong mans wat in die omtrek was, gevra om die skilpad uit die pad te dra.

 ...  Volledige Artikel


Teater na die Calitzdorp-mense

Douglas Stanley en Lancea Crafford in die stuk Elegie vir ouma.TWEE OUDLEERDERS van die Hoërskool Oudtshoorn, Lancea Crafford (25) van Breek-'n-plank Produksies en Marieke Potgieter (25), is vanaand betrokke by 'n produksie wat in die NG Kerk Calitzdorp aangebied. Die stuk, Elegie vir ouma, word in samewerking met die ACVV-tak (Calitzdorp) om 19:00 in die NG-kerk opgevoer.

Die aanbieding van die produksie was die aanvanklike idee van me Biebie Olivier, maatskaplike werker op Calitzdorp. Volgens haar is drama 'n kragtige medium wat o ...  Volledige Artikel


Heining platgery

'n Geskokte me Valerie Piedt by die heining waarin 'n motor Sondag­aand voor hulle huis ingeploeg het.'N VROU van 9de Laan, Bridgton op Oudtshoorn, haar dogter en dié se vriendin het Sondagaand 'n noue ontkoming gehad toe 'n motor hul heining platgery het enkele meters van waar hulle gestaan het.

"Ons het rustig by die hekkie gestaan en gesels toe ons die motor onder in die pad sien aankom," sê me Valerie Piedt.

Volgens haar het haar dogter, Delicia (16), en 'n vriendin, Charmonique Roberts (16), net van die kerk af tuisgekom.

"Ek het opgemerk dat ...  Volledige Artikel


Stigterslid van All Blacks sterf op 77

Die oorskot van wyle mnr Abraham Coetzee word hier uit die kerk gedraEEN van die stigterslede van die All Blacks Rugbyvoetbalklub, mnr Abraham Coetzee (77), ook bekend as Oom Boetman en Vos, is verlede week na 'n kort siekbed oorlede en Saterdag vanuit die Oudtshoorn Independente Kerk begrawe.

"Die lewe is 'n toneelstuk waarvan die tweede hoofstuk in die hiernamaals afspeel en die mens hom daarvoor moet voorberei," het past Winston Ellman in sy troosboodskap gesê.

Coetzee was 16 jaar oud toe All Blacks Rugbyklub in Oktober 1949, kor ...  Volledige Artikel


Samaritaan in blou

"DAAR is nog eerlike mense in hierdie wêreld," sê mnr Jerry Bezuidenhout, 'n inwoner van Oudtshoorn. Bezuidenhout het die afgelope week vertel hy het 'n ware Samaritaan ontmoet in mnr Mafojane Mafooje, 'n student by die Oudtshoorn Polisie­kollege, wat sy verlore beursie vol geld en kaarte aan hom terugbesorg het.

Volgens Bezuidenhout het hy Saterdag 3 Julie inkopies in die middedorp gedoen, daarvoor betaal, sy beursie in sy sak gesteek en na die OTM langs Woolworths gesta ...  Volledige Artikel


Me Yacht gekroon

Larissa Lareman'n Tiener van Oudtshoorn, Larissa Lareman, is gedurende die Junie-vakansie in Mosselbaai as tweede prinses in die Mosselbaai Yacht & Boat Club-skoonheidskompetisie bekroon. Larissa is 'n gr 7-leerder van die Laerskool Wesbank en lid van Maxeen's Models. Groter Foto


Historical Church Street offers a Large Variety

'n Geskiedkundige foto van Kerkstraat soos vanaf Baron van Reedestraat gesien. Links is die Standard Bank-gebou sigbaar en regs die Pince Vincent-gebou.THE whole 3.7 km of this street is filled with historical splendour, ranging from the very old churches to the thriving businesses and the luxurious bed & breakfasts and guesthouses. It is also a street filled with memories and traditions that showcase the legacy of Oudtshoorn.

Church Street is one of the oldest streets in Oudtshoorn, and houses some of the towns most historical and recognisable buildings and monuments. It is also part of the epicentre of the Oudtshoorn central b ...  View Complete Article


Wintertuine hoef nooit vaal te wees nie!

Aalwyne, wat bestand teen koue is, kan 'n kol kleur in enige wintertuin bring. Aalwyne lok ook suikerbekkies na jou tuin.WINTERTYD hoef nie noodwendig 'n vaal tyd vir jou tuin te wees nie. Daar is sekere plante en blomme wat kleur aan die tuin kan verleen.

Die Hoorn het by Martin Scott, 'n vetplantkenner van die dorp, aangeklop om te hoor watter plante geskik is vir en mooi sal lyk in 'n wintertuin.

Volgens Scott is daar 4500 vetplantsoorte in Suider-Afrika, en 'n plant vir elkeen se smaak en behoefte. "'n Mens moet egter baie geduld aan die dag lê wanneer jy daaraan dink om vetplante ...  Volledige Artikel


Enjins gaan weer brul!

Die tradisionele Richard Griessen Repairs Klein Karoo Ovaalbaankampioenskap vind oudergewoonte weer Saterdag op die Arnold de Jager Ovaalrenbaan op Oudtshoorn plaas en belowe om baie opwindend te wees.

Altesame 110 inskrywings is ontvang wat die Klein Karoo se status as een van die grootste ovaalbaanbyeenkomste in Suid Afrika onderstreep.

Die Antonie Tallie-muggiemotor met die Amerikaanse Mopar-enjin wat 2008 se wedrenne oorheers het, word vanjaar deur Carlo Prins bestuur ...  Volledige Artikel


Bridgton klop Silver Stars

Adrian Booysen, Charlie Ewerts en Kevin Pikaan was Saterdag drie van Bridgton se uitblinkers teen Silver Stars.BRIDGTON RVK se eerste span het Saterdag op die Bridgton Sportgronde sy kanse 'n hupstoot gegee om weer vanjaar die Premierliga van die SWD te wen toe hy Silver Stars met 29-6 geklop het.

Bridgton het rustyd met 10-6 voorgeloop ná 'n taamlik gelykop eerste helfte. In die tweede helfte het hulle egter die oorhand gekry.

Craig Booysen (senter), wat weer heeltemal fiks is, het sy span se eerste drie kort voor rustyd naby die pale gaan druk ná 'n slim stukkie sp ...  Volledige Artikel


Groot toernooi van Krieket SA op Oudtshoorn

Die SWD Krieketraad sal weer in September vanjaar gasheer wees vir Krieket Suid-Afrika (KSA) se nasionale akademietoernooi vir suidelike provinsies.

Die toernooi, wat van 13 tot 16 September plaasvind, sal op Oudtshoorn aangebied word, sê mnr Albertus Kennedy, algemene bestuurder van SWD Krieket. Die akademietoernooi vir noordelike provinsies vind terselfdertyd in Kimberley plaas.

Die ses provinsies wat op Oudtshoorn sal speel, is die WP, OP, Boland, Grens, SWD en  ...  Volledige Artikel


Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620
Contacts
General News Advertisements
Schalk le Roux Liesel le Roux Joey de Kock
083 458 9015 073 217 7089 073 211 0114
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620
Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

The Proteaceae is one of the three characteristic fynbos families, the other two being the Cape reeds (Restionaceae) and the ericas (Ericaceae).

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
Miles Guesthouse - Oudtshoorn Accommodation
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •