Tuesday, 7 September 2010  2:25am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main Archives page

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
info@hoorn.co.za
Tel (044) 272 5605
15 Julie 2010
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
De Rust, Oudtshoorn:
Freeman, Bok hier

BEKENDES soos die Amerikaanse akteur Morgan Freeman, sanger Bok van Blerk en die TV- en radiopersoonlikheid Jeremy Mansfield is deel van 'n groep van 21 motorfietsryers en 'n ondersteuningspan wat vandag deur De Rust en Oudtshoorn ry. Die groep bekendes is op 'n sesdaagse motorfietstoer van Johannesburg na Kaapstad onderweg om die boodskap van Mandeladag te versprei.

Mandela vier Sondag sy 92ste verjaardag. Mandeladag is verlede jaar deur die Verenigde Nasies tot 'n internasionale da ...  Volledige Artikel


Strepe in die sneeu

Inesh, 'n agtmaandoue wit Bengaalse tierwelpie, en mnr JP Kameel, albei van die Cango Wildlife Ranch in Oudtshoorn, Maandag in die Swartberge se sneeu! Inesh was aanvanklik ietwat skrikkerig vir die nuwe ervaring, maar toe hy die koue, krakerige sneeu onder sy massiewe pote voel, het hy begin rondklouter, in die sneeu gerol en was dit 'n gesukkel om hom weer daar weg te kry! Dié wit tier met sy ysblou oë se sneeu-uitstappie het ook groot genot verskaf aan die talle mense wat gaan s ...  Volledige Artikel


Herwinning vat vinnig pos!

Mnr Nic van BeeckMEER as 200 huishoudings in Oudtshoorn het reeds begin om weekliks hul herwinbare vullis afsonderlik uit te sit sodat dit nie na die munisipale vullisterrein hoef te gaan nie, maar deur 'n herwinningsonderneming op die dorp, Retain Recycle Re-use, opgelaai en herwin word.

Die gratis diens is vanaf 5 Julie in die grootste deel van die dorp beskikbaar.

Die projek het sy ontstaan gehad by 'n inisiatief van die NG Gemeente Oudtshoorn-Wes waarna die NG Gemeente Oudtshoorn-Suid ...  Volledige Artikel


Nóg bibberweer!

Sonia Bahl by twee miniatuur-sneeumanne terwyl die sneeuvlokkies in die Swartberge val.DIE berge in die Klein Karoo is die afgelope naweek die tweede keer die jaar met 'n sneeukombers bedek, terwyl bibberweer sedert die naweek geheers het. Nog koue en moontlike sneeu in die streek word deur die Suid-Afrikaanse Weerburo voorspel.

Volgens die weerkantoor by die George Lughawe was die maksimum temperatuur Sondag 7,7 grade C terwyl dit Maandag slegs tot 8,2 grade C gestyg het. Die minimum temperatuur Sondagnag was 5,6 grade C, terwyl die temperatuur Maandagnag tot 4,3 grad ...  Volledige Artikel


Diefstalklag teen Pietersen

'N VOORMALIGE munisipale bestuurder van Oudtshoorn, mnr Noël Pietersen, gaan in die streekhof van diefstal aangekla word.

Dit volg nadat die direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap besluit het om Pietersen aan te kla van diefstal op grond van 'n klag wat 'n plaaslike sakeman, mnr Nic Barrow, in Mei 2008 by die Polisie ingedien het.

Die klag hou verband met die die betaling van R17 542,45 vir persoonlike regskoste van Pietersen uit munisipale fondse aan die  ...  Volledige Artikel


Bekende egpaar beseer toe brandende tak van boom breek

"My ma sal okay wees," het me Rozanne Nel van Calitzdorp gesê nadat haar ouers Maandagaand in 'n fratsongeluk beseer is toe 'n brandende tak op hulle geval het.

Haar ouers is die bekende wynmaker van Boplaas, mnr Carel Nel, en sy vrou Jeanne.

Volgens Rozanne het 'n ou wilgerboom in die agterplaas van die Nels se woning Maandagaand begin brand, en die Nels het water gaan haal om die vuur te blus.

'n Tak het egter afgebreek, en op mnr en me Nel geval. Mnr ...  Volledige Artikel


Aanbevelings oor reuke

DIE ondersoek van 'n interdepartementele taakspan van die Wes-Kaapse regering vroeër vanjaar na die oorsake van onaangename reuke op Oudtshoorn is afgehandel en aanbevelings aan sekere fabrieke op Oudtshoorn gedoen.

Dit blyk uit briewe wat die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, mnr Anton Bredell, einde Junie aan twee inwoners, mnre Reynhardt Brittnell en Grenville Harty, geskryf het.

Die ondersoek is van stapel gestu ...  Volledige Artikel


Meubelfabriek brand in nag

DERDUISENDE rande se skade is aangerig toe die meubelfabriek van mnr Corné Botha, bekende in fietsry-kringe, Vrydagoggend vroeg byna heeltemal deur 'n brand verwoes is.

Die brand het omstreeks 02:00 die oggend vermoedelik weens 'n elektriese kortsluiting ontstaan, het Botha gisteroggend aan Die Hoorn gesê.

"Wonderbaarlik het nie een van die twee aangrensende besighede van Kobus Barnard of Jay Jay's Bikes of Paul Smuts se Oudtshoorn Plant Hire gebrand nie." < ...  Volledige Artikel


Modestudente leer van volstruisleer

VOLSTRUISLEER is een van Suid-Afrika se mooiste luukse uitvoerprodukte. As verteenwoordigende liggaam van die Suid-Afrikaanse volstruisindustrie is die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) verantwoordelik vir die generiese promosie en bewusmaking van volstruisleer wêreldwyd.

"Om groter bewustheid van volstruisleer te skep is dit veral belangrik om die aandag van industriële en mode-ontwerpstudente op hierdie uitsonderlike materiaal te vestig. Hierdie jong ontwe ...  Volledige Artikel


Baie bring hul kant om veilings te laat werk

Werklose persone uit die gemeenskap word gewerf om te help met die aflaai van skape, bokke en varke tydens die veeveilingsDaar is elke vierde Dinsdag van die maand 'n gedruis van bakkies en vragmotors wat beeste, varke, skape en bokke by Kansa Krale buite Oudtshoorn aflaai om van die hand gesit te word by Klein Karoo Beperk se veilings.

Dit is behoorlik 'n gewoel om die vee en kleinvee in die regte kraal te kry sodat die afslaers, mnre PA Geldenhuys en Nico du Bois van die veebemarking en -veilingsafdeling by Klein Karoo Beperk, die diere kan registreer op die afslaersrol voordat die veiling klokslag om ...  Volledige Artikel


Eerste sooie vir sentrum gespit

Die burgemeester van Oudtshoorn, me Diane de Jager, het die eerste sooi gespit vir die nuwe verrykingsentrum in Neppon.VERLEDE Donderdag was 'n groot dag vir die inwoners van Rosebank en Neppon toe die eerste sooi gespit is vir 'n nuwe verrykingsentrum in Mangostraat, Neppon.

Die Rosebank Neppon Verrykingsentrum is die eerste van sy soort in die streek wat behalwe 'n kleuterskool ook oor 'n speelgoedbiblioteek sal beskik. Met uitreikingsprogramme sal kinders bereik word wat nie by die sentrum geakkommodeer kan word nie.

"Dit is 'n droom wat waar geword het," het mnr Japie Coetzee, wykraad ...  Volledige Artikel


Bridgton loop voor

DIE Bridgton RVK is ná vyf wed-stryde die voorloper op die punteleer in die Premierliga Top 8-kompetisie van die SWD nadat hy die gedugte span van Groot Brakrivier Saterdag in dié se eie agterplaas met 21-16 geklop het.

Die wedstryd is op 'n nat veld gespeel met Bridgton se voorspelers wat die grondslag vir die oorwinning gelê het.

Dit was nietemin 'n wedstryd wat tot die einde in die weegskaal was.

Roderick Januarie (skrumskakel) en Adrian ...  Volledige Artikel


All Blacks en Rangers wen

ALL BLACKS Rugbyklub het Saterdag met 'n blink vertoning die gedugte Prins Albert Willing Hearts in hul Presidentsligawedstryd van die SWD met 20-13 geklop.

Die rustydtelling was 10-0 in All Blacks se guns.

Die swart truie het met dié sege ook sy kanse lewendig gehou om tot die halfeindstryd deur te dring.

All Blacks het sy oorwinning te danke aan sy agttal wat Saterdag goed gemaal en gedryf het met Neil Manuel (stut) aan die spits. Hy is daarvoor met t ...  Volledige Artikel


Scrosoppi sokkertoernooi

Die Scrosoppi Sorgsentrum in Bridgton het verlede week 'n baie geslaagde sokkertoernooi aangebied waaraan 32 spanne, dieselfde as die aantal vir die 2010 Wêreldbekertoernooi, deelgeneem het. Op die foto is twee van die spanne wat uit vyf spelers elk, insluitend meisies, bestaan het. Die sentrum wil graag almal bedank wat tydens die lang skoolvakansie met voedsel en finansiële bydrae gehelp het om die kinders besig te hou. Groter Foto


Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620
Contacts
General News Advertisements
Schalk le Roux Liesel le Roux Joey de Kock
083 458 9015 073 217 7089 073 211 0114
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620
Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

A plant is a living organism containing a green pigment chlorophyll, which can absorb and use the energy from sunlight to manufacture food from carbon dioxide and water (photosynthesis).

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
KLEIN KAROO GROUP
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •