 |
|
 |
 |
Back to Main Archives page
|
|
|
|
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
|
| Opwindende Klein Karoo Klassique vir Septembervakansie op pad! |
'N OPWINDENDE Klein Karoo Klassique met Suid-Afrikaanse en internasionale topkunstenaars vind van 29 September tot 3 Oktober - die laaste deel van die lenteskoolvakansie - op Oudtshoorn plaas. Die fees wat verlede jaar die eerste keer plaasgevind het, word van vanjaar af deur die KKNK-kantoor aangebied.
Die Klein Karoo Klassique bied klassieke musiekliefhebbers vanjaar vertonings wat hulle nêrens anders kan bywoon nie wanneer plaaslike en buitelandse musici in verskeie opwinden ... Volledige Artikel |
 |
| Herinneringspark vir dorp |
'N BESONDERSE herinneringspark wat die geskiedenis van die eerste inwoners van die omgewing herdenk, is in die pyplyn vir Oudtshoorn.
Dié Khoi/Xam Herinneringspark sal op die hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg geleë wees, op die oop stuk grond direk aangrensend tot die CP Nel Museum. Dit sal ook die oop stuk grond aan die agterkant van die museum tot by Oudtshoorn Car Wash insluit.
Die projek is reeds deur die Oudtshoorn-raad goedgekeur en word ... Volledige Artikel |
 |
| Wes-Kaapse verslag vind onreëlmatighede in moskee-proses |
DAAR was ernstige onreëlmatighede in die proses wat die Oudtshoorn munisipaliteit gevolg het met die vervreemding en toekenning van munisipale grond vir die moskee op die dorp. Dit is die gevolgtrekking wat gemaak word in 'n omvattende verslag van mnr Chris Rabie, direkteur van ruimtelike beplanning by die Wes-Kaapse departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning.
Die verslag, wat die afgelope week aan die Oudtshoorn munisipaliteit gestuur is, is intussen vir 'n regsmen ... Volledige Artikel |
 |
| O'hoorn kry nuwe Biskop |
MEER as 2 000 mense het Saterdag die wydingsmis van hoogeerwaarde Francisco Fortunato de Gouveia tot die vierde Katolieke biskop van Oudtshoorn bygewoon.
As gevolg van die groot belangstelling is die seremonie in die De Jager Sportsentrum op die dorp gehou. Biskop De Gouveia volg biskop Edward Adams op wat 27 jaar lank aan die stuur van dié uitgestrekte bisdom, die tweede grootste in Suid-Afrika, gestaan het.
Die Katolieke glo dat 'n biskop 'n direkte opvolger van ... Volledige Artikel |
 |
| Weduwee van oudpresident skenk vrugtebome |
DIE 63 gesinne van die Kliplokasie, 'n woonbuurt op Volmoed naby Oudtshoorn, het almal verlede Saterdag vrugtebome in hul erwe geplant, danksy 'n skenking van me Barbara Botha, weduwee van wyle oudpres PW Botha. Botha het die bome geskenk op versoek van die gemeenskapswerker op Volmoed, Pastoor Roy Reddy.
Volgens Reddy het Botha einde verlede jaar saad aan die inwoners geskenk en op sy versoek die keer vrugtebome.
Die vrugtebome is Saterdag in samewerking met die Royal Pr ... Volledige Artikel |
 |
| Visitor increase at Cango Caves |
The Cango Caves experienced a visitor increase of 46% during the winter holidays in comparison with numbers in June and July 2009. This exceeded all expectations, says Mr Steve Mouton, head guide at the Cango Caves.
According to Mouton South African visitors made up the majority of visitors with an increase of 71% compared to last year. The number of foreign visitors increased with 3%. The majority were touring football supporters from England, Argentina and Japan as well as from co ... View Complete Article |
 |
| 'n Nuwe klaskamer vir Kleine Kuikens |
REËN het verlede Donderdag verhinder dat 'n groep van 21 motorfietsryers onder wie die sanger Bok van Blerk, die TV-persoonlikhede Jeremy Mansfield en Rian van Heerden, en Survivor-deelnemer, Hanna Grobler, kon help met die oprigting van 'n klaskamer by die Kleine Kuikens Kleuterskool op Middelplaas naby De Rust.
Die groep bekendes het nietemin vir groot vreugde onder die sowat 45 kleuters gesorg met die oorhandiging van lees- en tekenboeke, en die aanbring van handpalmafdrukke ... Volledige Artikel |
 |
| Oudtshoorn Rugbyklub staan op |
DIE Oudtshoorn Rugbyklub wat geskors was omdat hulle nie vir wedstryde en vergaderings van SWD Rugby opgedaag het nie, se skorsing is opgehef en hulle speel weer in die Presidentsliga van die SWD.
Hulle het Saterdag hul tweede wedstryd gespeel sedert hul skorsing opgehef is en Crusaders van George met 28-26 gewen. Crusaders is tans die voorloper in die Presidentsliga. Oudtshoorn se tweede span het 18-18 gelykop gespeel teen Crusaders.
• Nadat Oudtshoorn Rugbyklub ges ... Volledige Artikel |
 |
| Bridgton wen in beseringstyd |
Bridgton het sy voorloperstatus in die Top 8 Premierliga-kompetisie behou toe hy 'n omgekrapte Progress Saterdag op die Bridgton Sportgronde met 'n drie in beseringstyd geklop het. Die telling was 27-23 nadat die besoekers teen rustyd met 15-10 voorgeloop het.
Roderick January (skrumskakel) het in die eerste helfte 'n drie vir Bridgton gedruk. Erin Ewerts (losskakel) het verdoel en ook met 'n strafdoel geslaag.
Menige Bridgton-ondersteuner, en selfs van die spelers, het a ... Volledige Artikel |
 |
| All Blacks se kanse kry 'n knou |
Die kanse van die eerste span van All Blacks om vir vanjaar se halfeindstryde van die Presidentsliga van die SWDRVU te kwalifiseer, het Saterdag 'n gevoelige knou gekry toe hy met 16-15 teen Eagle Stars op Sedgefield verloor het.
Die wedstryd is volgens bestuurslede van All Blacks op 'n uiters swak veld gespeel wat nie op standaard was nie, maar tog volgens die bestuur van Eagle Stars deur die SWDRVU goedgekeur is.
Dit was 'n klipharde stryd waarin die agttalle mekaar beh ... Volledige Artikel |
 |
|
 |
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
|
|
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
 |
Back to Main Archives page To Top |
 |
 |
|
 |