Oudtshoorn Info
Thursday, 23 October 2014  9:52pm SA Time 
Book Online
Oudtshoorn Holiday Resort
Haus Victoria
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
Queen's Hotel Oudtshoorn
Wilgewandel Holiday Farm
Protea Hotel Riempie Estate
Helen Bellinganhof Retirement Village
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
TBI Adventures

Back to Main Archives page

Die Hoorn het ons verhouding van amper 10 jaar beëindig
Argiewe | Archives »
The Hoorn has ended our relationship of almost 10 years

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
 
26 Augustus 2010
 
Armsvol trofees!

Calitzdorp se Suid-Afrikaanse kampioene.DRIE van Suid-Afrika se kampioen-jongwyne kom vanjaar uit die Klein Karoo!

Suid-Afrika se kampioenport en kampioen Sauvignon Blanc is deur Boplaas van Calitzdorp onder die Carel Nel Wyne-etiket gemaak, terwyl die Calitzdorp Wynkelder vanjaar gesorg het vir die kampioen- dessertwyn met 'n muskadel/hanepoot. Dit is die tweede jaar agtereenvolgens dat Boplaas Sauvignon Blanc die kampioen is, terwyl die kelder ook in 2005, 2006 en 2007 die kampioenport gemaak het.

Wynkelders ...  Volledige Artikel


De Krans is Kampioenkelder

Die wenners van die Suid-Kaap Markklaarwynskou met hul trofees.De Krans Wynkelder by Calitzdorp is vanjaar aangewys as die Kampioenkelder in die jaarlikse Suid-Kaap Markklaarwynskou waar met wyne geskou word wat vir die mark gereed is.

Karusa Wyne van Schoemanshoek naby Oudtshoorn is as die Reserwe Kampioenkelder aangewys.

De Krans Cape Vintage Reserve 2008 het nie net die prys vir die Kampioen Port ontvang nie, maar is ook as die Groot Kampioenwyn van die kompetisie aangewys.

Die Kampioen Versterkte Wyn is onderskeidelik ...  Volledige Artikel


Calitzdorp Wynkelder lewer Groot Kampioen

Die wenners van die Klein Karoo JongwynskouDie Klein Karoo Jongwynskou se uitslae is op 18 Augustus by die Rietfontein Ostrich Palace te Calitzdorp bekend gemaak en 2010 se jong wyne het weereens nie teleurgestel nie.

Die Grootkampioenwyn by die Klein Karoo Jongwynskou is vanjaar 'n hanepoot/muskadel-versnit wat deur Calitzdorp Wynkelder, die Reserwe Kampioen Koöperatiewe Kelder, ingeskryf is. Dieselfde muskadel is ook aangewys as die Kampioen-muskaatversterkte Wyn.

Die Reserwe-Grootkampioenwyn (die Kampioen  ...  Volledige Artikel


Skikking: 'Deur arbiter bekragtig'

DIE skikking tussen hom en die Groter Oudtshoorn-raad is 'n arbeidsregtelike aangeleentheid wat deur 'n onafhanklike arbitrasieforum met 'n arbiter van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsbedingingsraad hanteer is.

Só het die munisipale bestuurder van die Groter Oudtshoorn, mnr Noël Pietersen, gister gereageer op 'n hofbevel wat die voormalige speaker, mnr Pierre Nel (DA), verlede Donderdag in die Kaapse Hooggeregshof verkry het en ingevolge waarvan die uitbetaling van ...  Volledige Artikel


Gimmies wen naelbytstryd

Blydskap is die interhoër-beker!SATERDAG se wedstryd tussen die eerste rugbyspanne van Langenhoven Gimnasium en die Hoërskool Punt het nuwe betekenis aan die woord naelbytstryd gegee.

Die Gimmies het in die laaste tien minute van die wedstryd twee drieë gedruk om die wedstryd met 27-23 te wen. Die eindfluitjie het geblaas nadat die laaste drie verdoel is.

Die Gimmies kon dit vir hulself en vir hul ondersteuners baie makliker gemaak het as hulle nie so baie punte deur hul vingers laat glip het  ...  Volledige Artikel


GOUE SEUNS!

Huis TriomfTien seuns van Huis Triomf op Oudtshoorn het verlede week skitterend presteer toe hulle in die afdeling vir kleingroepvoordrag by die George Eisteddford 'n goue toekenning gekry het. Hulle het die gedig Die Slamaaierwinkel deur C Louis Leipoldt voorgedra. Karos en Kambro, 'n instelling wat die kreatiewe ontwikkeling van die jeug steun, het die groep vir die Eisteddford ingeskryf met me Elsabé Dempsey wat die groep afgerig het. William Phillipus en Frans Lucas het die kitaarmusiek en by ...  Volledige Artikel


Speler sterf op rolbalbaan

DIE CP Nel-trips-toernooi by die Oudtshoorn Rolbalklub het verlede Donderdag 'n tragiese begin gehad toe een van die deelnemers op die baan aan 'n hartaanval beswyk het.

Mnr George van Niekerk, die president en perkemeester van die Kuilsrivier Rolbalklub, het die oggend saam met die res van sy span by die baan opgedaag. Skuins na nege het hy egter op die baan inmekaargesak.

"Dit het alles so vinnig gebeur," vertel een van die ooggetuies. "Hy het die een oomblik nog langs  ...  Volledige Artikel


Nou amptelik Zeelandsnek

Inwoners van Wyk 1 op OudtshoornDIE woongebied aan die westekant van Oudtshoorn wat voorheen onder meer bekend gestaan het as Dorbank, Westbank en die Hospitaaluitbreiding is nou na 'n jarelange proses amptelik bekend as Zeelandsnek. Die naam is op Donderdag 12 Augustus amptelik deur prof Johan Olivier, wyks­raadslid vir Wyk 1, tydens 'n kort geselligheid bekend gestel waarna die twee naamborde wat uit Parkweg na die woonbuurt toe lei, onthul is.

Zeelandsnek is geleë tussen Parkweg-Noord en Zeelandsrant met sy ...  Volledige Artikel


Onderwyserskollege:
Prioriteit vir Eden

Pogings om weer 'n onderwyserskollege op Oudtshoorn te kry is steeds volstoom aan die gang.

Die plaaslike loodskomitee het verlede week tydens 'n onderwysberaad op George 'n voorlegging aan mnr Gwebs Qonde, die spesiale adviseur in die kantoor van die nasionale minister van hoër onderwys, oorhandig.

Die beraad is gelei deur mnr Marius Fransman, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir hoër onderwys.

Afgevaardigdes was dit eens da ...  Volledige Artikel


Taai tussenverkiesing kom

'N TAAI stryd tussen die ANC aan die een kant en die DA en OD aan die ander kant word verwag wanneer inwoners van twee wyke in die Groter Oudtshoorn op Woensdag 6 Oktober stembus toe gaan om raadslede vir hul wyke te verkies.

Wyk 5 in Bridgton (Oudtshoorn) en Wyk 12 in Dysselsdorp het vakant geraak toe die twee verkose raadslede, mnre Jurie Harmse en Gordon April, onlangs uit die OD bedank, en so hul setels en posisies as raadslede verloor het.

Die amptelike datum vir die ...  Volledige Artikel


Agri Klein Karoo die vierde keer tops

Die Agri Wes-Kaap (AWK) KongresAgri Klein Karoo (AKK), met sy kantoor in Oudtshoorn, is vanjaar die vierde agtereenvolgende jaar as die beste distrik-agrivereniging in die Wes-Kaap bekroon. Die toekenning word aan die hand van 'n omvattende beoordeling gedoen en onder meer die administrasie, finansies, bestuurspraktyke, doeltreffende opleiding en ontwikkeling, en suksesvolle kommunikasie en skakeling in die gemeenskap is van deurslaggewende belang.

AKK sluit die agri verenigings van Avontuur, Bo-Kammanassie, Cal ...  Volledige Artikel


Principia vier 14 jaar

Principia Kollege se jaarlikse Founders Ball verlede DonderdagLEERDERS, onderwysers, ouers en oud-onderwysers van Principia Kollege het Donderdagoggend die 14de verjaardag van die skool tydens 'n saalbyeenkoms gevier.

Principia Kollege, 'n onafhanklike hoërskool op Oudtshoorn, is 14 jaar gelede deur 'n groep gesoute opvoeders van Oudtshoorn op die been gebring.

Verskeie van die oud-onderwysers het in hul boodskappe die skool gekomplimenteer met die waarde wat die skool heg aan karakterontwikkeling en die wyse waarop jongmense  ...  Volledige Artikel


Hier's Die Hoorn se vroue

Die vroue van Die Hoorn"My nooi is in 'n naartjie, my ouma in kaneel. Daar is iemand in anys, daar's 'n vrou in elke geur." Dít kan ook van die vroue van Die Hoorn gesê word. Elkeen is uniek en dra op haar eie manier by tot die sukses van die onderneming.

Berinece Lewis is die vriendelike stem en gesig van Die Hoorn. Sy beantwoord die telefoon, ontvang besoekers, hanteer die kleinadvertensies en verrig ander administratiewe take. Volgens die uitgewer van Die Hoorn, Schalk le Roux, maak sy die  ...  Volledige Artikel


Ligkandelare uit afvalmateriaal gemaak

Een van Jamstreet se oorspronklike ontwerpe uit afvalmateriaal.HERWINNING van afvalprodukte kry nuwe betekenis vir enige besoeker aan die plaas Jamstreet net buite Oudtshoorn op die Rooiheuwelpad.

Jamstreet, wat die kunsgalery Moooi, 'n eie amfiteater en ook ruimte vir funksies bied, het met sy eiesoortige en kunstige versierings en dekor al dikwels die aandag van TV-kameras getrek.

'n Nuutjie by Jamstreet is die vervaardiging van die mooiste ligkandelare uit stringe "blommetjies" gesny uit koeldrankblikkies of uit plastiekbakkies.  ...  Volledige Artikel


Bridgton klop Stars

Die Bridgton Rugbyklub het sy boonste posisie op die punteleer in die Premierliga van die SWD behou toe hy Silver Stars van George Vrydagaand op Outeniqua Park met 32-23 geklop het. Die rustydtelling was 15-13 in Bridgton se guns.

Die bonuspunt wat Bridgton gekry het, is goud werd, veral ná twee nederlae agtereenvolgens.

Die span het sy oorwinning te danke aan 'n beter vertoning deur sy agttal met die kaptein en agtsteman, Kevin Pikaan, aan die spits.

Da ...  Volledige Artikel


Struisies deur na eindstryd

Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Oudtshoorn het Saterdag op sy tuisveld sy oorwinning van die vorige week oor die Kwaggas opgevolg met nog 'n naelskraapse sege van 30-29 oor 'n begeesterde Hoërskool Despatch en sodoende deurgedring na die eindstryd van Die Burger se rugbykompetisie vir middelskole.

Dit was 'n wedstryd waarin die Struisies gesukkel het om weer die gehalte rugby van die vorige week te herhaal. Hulle het hul ondersteuners behoorlik laat naelskou.

 ...  Volledige Artikel


Calitzdorp wen weer

Die rugbyklub van Calitzdorp het Saterdag sy vyfde agtereenvolgende oorwinning in die Presidentsliga van die SWD behaal toe hy Dysselsdorp Rangers in 'n titaniese stryd op Dysselsdorp met 7-0 geklop het. Dit was ook die rustydtelling.

Fernando Tiemie (losskakel) het die enigste drie van die wedstryd kort voor rustyd ná 'n skitterlopie gaan druk. Dawid Karelse het met die doelskop geslaag.

Karelse het nie Saterdag sy skopskoene aangehad nie en met meer as een poging  ...  Volledige Artikel


Kollig op astro-turfhokkie

DIE nuwe hokkiekomitee vir Oudtshoorn Skole wil die ambisieuse projek aanpak om 'n astro-turf op Oudtshoorn te bou.

Dit was een van die besluite wat by Oudtshoorn Skole se algemene jaarvergadering op Dinsdag 17 Augustus geneem is.

Die voorsitter van die nuwe komitee wat by die vergadering verkies is, is me Thea Swart van die Hoërskool Oudtshoorn en die ondervoorsitter mnr Morné van den Berg van die Laerskool Wesbank.

Die ander komiteelede is me Li ...  Volledige Artikel


Google

WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

Low lying areas of the Little Karoo are underlain by a mosaic of rock strata, including sediments of the Kango Group, Bokkeveld Group, Witteberg Group and Uitenhage Group.

Book Online
Route 62
Hlangana Lodge
Lugro Ostrich Leather Products
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Karoo Palet
Three times AA award winning Guest House
Surval Boutique Olive Estate
Affordable Self Catering Accommodation
Klein Karoo Weddings
Local Flora
Succulent Karoo species
Lugro Ostrich Leather Products - Exclusively Handmade
Copyright © 2014  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •