Oudtshoorn Info
Monday, 3 August 2015  6:34am SA Time 
Back to Main Conservation page
Skilpaaie as Troeteldiere

Aanhouding kan'n skilpad se doodsvonnis wees:

:: Wilde diere pas nooit ten voile aan by aanhou-ding nie, al leef hulle lank of al teel hulle selfs aan. Gevangenskap,mag in werklikheid 'n sta-dige dood beteken vir sommige, veral die met 'n gespesialiseerde dieet of habitatsvereistes.

:: Ongewenste troetelskilpaaie word soms in enige stuk veld of park afgelaai. Hierdie valse vryheid kan die skilpaaie se dood beteken aangesien troetelskilpaaie gewoond geraak het aan die toestande in aanhouding en hier moeiliker vir hulself kan sorg.

Alle skilpadsoorte in die Wes-Kaap word beskerm deur die Natuurbewaringsordonnansie (Qrd. no. 19 van 1974). Hiervolgens mag geen skilpad of deel daarvan (soos die dop) of skilpadeiers sender die nodige, permitte versamel, vervoer, gekoop, verkoop, as geskenk ontvang, gegee, aangehou, besit, in- of uitgevoer word nie. Skilpadsoorte soos die suurpootjie wat as bedreigde wilde dier geklassifiseer is, geniet spesiale beskerm-ing. Hoewel Kaapse Natuurbewaring die aanhou van skilpaaie ontmoedig kan mense wat graag skilpaaie wil aanhou en voldoende daarvoor ingerig is, aansoek doen vir 'n permit.

Aanhouding het nadele:

:: Skilpaaie is aangepas vir 'n spesifieke natuurlike habitat. Hul oorlewing word bepaal deur die regte kos en'klimaat. Wanneer 'n skilpad uit sy natuurlike gebied verwyder word, kan hy sterf weens die veranderde omstandighede.

:: Skilpaaie wat as troeteldiere aangehou word, is verlore vir die oorlewing van die soort in die natuur.

:: Skilpaaie word dikwels vrygelaat in gebiede wat ekologies ohgeskik is en buite die skilpad se natuurlike verspreidingsgebied val. Hier oorleef hulle moeilik.

:: Sulke vreemde skilpaaie. kan siektes oordra na die skilpaaie wat wel natuurlik daar voorkom.

:: Skilpaaie wat buite hul verspreidingsgebied vrygelaat word, kan verbaster met die plaaslike skilpaaie.

:: Troetelskilpaaie het baie las van parasiete soos bosluise en wurms en kan virussiektes na gesonde natuurlike bevolkings oordra.

Enigeen wat ontslae wil rook van hul troetelskilpad kan Kaapse Natuurbewaring nader sodat 'n geskikte tuiste daarvoor gevind kan word. Skakel asseblief KAAPSE NATUURBEWARING vir advies.

Source: Kaapse Natuurbewaring


  Article Date: 24 May 2004

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Conservation pageTo Top

Did You Know ?

With a wingspan of only 12mm, the Dwarf Blue Butterfly is the smallest butterfly in the world and native to South Africa.

Book Online Karoo PaletBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationLugro Ostrich Leather ProductsRoute 62Klein Karoo WeddingsAffordable Self Catering AccommodationSurval Boutique Olive EstateThree times AA award winning Guest HouseHlangana Lodge

Local Flora

Succulent Karoo species
Lugro Ostrich Leather Products - Exclusively Handmade
Copyright © 2015  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •