Oudtshoorn Info
Monday, 24 November 2014  5:53pm SA Time 
Book Online
Queen's Hotel Oudtshoorn
Helen Bellinganhof Retirement Village
Haus Victoria
Oudtshoorn Holiday Resort
Protea Hotel Riempie Estate
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
TBI Adventures
Wilgewandel Holiday Farm

Back to Main Culture page

Geskiedenis van Oudtshoorn (Afr.)

OUDTSHOORN - IN DIE BEGIN

Die dorp Oudtshoorn het ontstaan op twee plase wat aan Cornelis Petrus Rademeyer behoort het. Op 8 Maart 1832 is die plaas Grobbelaarsrivier aan hom toegeken as 'n ewigdurende erfpagplaas, waarvoor hy 'n jaarlikse huur van 7/6 - 75c in vandag se geld - betaal het. Die plaas was 443 morg en 360 vk roede groot.

So boer hy op hierdie plaas en nege jaar later, op 15 Julie 1841 verkry hy 'n tweede erfpagplaas, Hartebeesterivier wat 5 583 morg groot was en waarvoor hy 'n jaarlikse huur van £2/2/0 moes betaal - R4,40 in vandag se geld. (Dit is natuurlik nou sonder dat inflasie in berekening gebring word!)

Volgens rekords in die Aktekantoor in Kaapstad, word beide hierdie plase sy wettige eiendom op 14 Junie 1844. Rademeyer se opstal was op die plaas Hartebeesterivier, waar vandag die hoek van Vredestraat en Langenhovenweg is. Die eerste struktuur van die latere dorp Oudtshoorn - Rademeyer se plaashuis - was dus waar vandag die Onderwysersentrum is. 'n Entjie verder suid, aan die westelike kant van Langenhovenweg, maar nog steeds op die oostelike wal van die Grobbelaarsrivier, was 'n meule en die meulenaar se huis. Dit is waar Meulstraat sy naam vandaan kry!

Voordat die behoefte aan 'n dorp daar was, was daar 'n behoefte aan 'n kerk by die Agterbergse mense. Dit is hoe die bewoners aan die noordelike kant van die Outeniquaberge as Attakwaskloof bekend gestaan het. Feitlik al die blanke inwoners van hierdie streek was lidmate van die N.G. Kerk en die streek is dan ook een maal per jaar deur Ds Herold van George, en sy latere opvolgers, besoek. So 'n besoek het 'n paar weke geduur, want al die verskillende wyke / veldkornetskappe is besoek en daar is kinders gedoop, jong mense aangeneem en voorbereidingsdienste, nagmaal en dankseggingsdienste in elke wyk gehou. Die lidmate het dan ook nie net die byeenkomste in hulle eie wyk bygewoon nie, maar ook die in ander wyke wat vir hulle toeganklik was.

In Mei 1838 het Cornelis Rademeyer 5 morge van sy groot plaas, Hartebeesrivier beskikbaar gestel vir die oprigting van 'n kerkgebou. Die kerk is deur die inwoners van die streek gebou en was geleë waar Bokomo vandag is. Die kerkplein, waar die boere met hulle waens uitgekamp het met nagmaal en ander kerkgeleenthede, was noord van die kerkgebou geleë - vandaar die naam Pleinstraat in daardie omgewing.

To Top

OUDTSHOORN KRY NAAM

Vir tien jaar lank is daar kerk gehou, gedoop en aangeneem, maar alles as deel van die gemeente George. Toe, in September 1847, vra Cornelis Petrus Rademeyer toestemming by die regering om 'n dorp met die naam Oudtshoorn op deel van sy plase aan te lê. Rademeyer verskaf ook die rede vir die keuse van die naam in dieselfde skrywe. Hy het besluit om die dorp te vernoem na Geesje Ernestina Johanna Bergh, wie se nooiensvan Van Reede van Oudtshoorn was. Haar oupa, Baron van Reede van Oudtshoorn, was op een stadium die sekunde (tweede in bevel) aan die Kaap en is later as Goewerneur aangewys, maar op pad na die Kaap om die betrekking aan te neem, het hy ter see gesterf. Geesje se verbintenis met hierdie deel van die wêreld het deur haar man, Egbertus Bergh, gekom, wat magistraat van George was.

Rademeyer en sy ondersteuners het reeds voor hy toestemming vir die aanleg van die dorp gevra het, begin om voorbereidings vir die stigting te tref, want op 12 Augustus het 'n advertensie in die Government Gazette verskyn wat die verkoping van erwe op 15 November 1847 bekend gemaak het.

To Top

CORNELIS PETRUS RADEMEYER SE GESKIEDENIS

Cornelis Petrus Rademeyer, wat die grond vir die aanleg van die dorp Oudtshoorn gegee het, was die kleinseun van die stamvader van die Rademeyers. Jacobus, wat uit die Rynland na die Kaap gekom het en wat later magistraat te Swellendam was. Cornelis Petrus se ouers was Jacobus Coenraad Rademeyer en Anna Maria Viviers. Cornelis Petrus is gedoop op 8 April 1798, heel waarskynlik te Swellendam. Sy geboortedatum is nie bekend nie, want in daardie jare is daar nie rekords van geboortes gehou nie. (Die N.G. Kerk het egter rekord gehou van kinders wat gedoop is.) In 1821, op drie en twintig-jarige leeftyd, tree hy - vir die eerste keer - in die huwelik met Anna Margaretha Schoeman, (gebore Marnewick), die weduwee van Johannes Jurgens Schoeman. Sy was 4 jaar ouer as Rademeyer en het drie kinders uit haar eerste huwelik gehad: Johan Coenraad, Hendrik Wynand en 'n dogter wie se naam ek nie kon opspoor nie. Cornelis Petrus Rademeyer het nooit kinders van sy eie gehad nie.

Wanneer Anna Margaretha Rademeyer dood is, weet ons nie, maar in 1853, op vyf en vyftig-jarige leeftyd, trou Cornelis Petrus Rademeyer weer; en weer met 'n weduwee: Maria Emerentia Smuts, (gebore Meyer), die weduwee van Cornelis M. Smuts. Volgens Lichtenstein, 'n vroeë reisiger in hierdie gebied wat 'n reisjoernaal gehou het, was sy 'n baie mooi vrou.

Cornelis Petrus was minder as twee jaar met haar getroud, want hy sterf op 30 Junie 1855. Sy tree drie jaar later weer in die huwelik met Ockert du Preez en sy sterf in Uniondale in 1888.

In sy testament bemaak Cornelis Petrus Rademeyer die res van sy plase Grobbelaarsrivier en Hartebeesrivier aan sy tweede vrou, Maria, en aan sy drie stiefkinders uit sy eerste huwelik: Johan Coenraad Schoeman, Hendrik Wynand Schoeman en die dogter, wat teen daardie tyd met Gideon Scheepers getroud was. Elkeen het 'n kwart van sy grond geërf.

To Top

EERSTE ERWE EN STRATE

Landmeter John Ford het 476 erwe op die walle van die Grobbelaarsrivier uitgemeet. Terloops, die Grobbelaarsrivier het sy naam gekry van Claas Grobbelaar wat reeds in 1760 'n plaas in "de Cango" gehad het, waarop hy met vee geboer het.

Elkeen van die 476 erwe het waterregte gehad en het vanaf Suidstraat, die huidige Rademeyerstraat, tot by Noordstraat gestrek en het aan beide kante van die rivier gelê.

Die ander strate wat uitgemeet was, was die volgende:

  • George Road - later verander na Langenhovenweg
  • Main Street - later verander na Queen Street en vandag bekend as Baron van Reedestraat
  • Hoogstraat
  • Back Street, vandag bekend as Adderleystraat
  • Western Road op die westelike oewer van die rivier en vandag bekend as Jan van Riebeeckweg
  • Suidstraat, die huidige Rademeyerstraat
  • Van der Rietstraat, eers bekend as Helmsdrif en later as Aschmanstraat

Spoedig na die stigting van die dorp, het die inwoners 'n petisie aan die regering gerig waarin hulle vir 'n magistraat vir Oudtshoorn gevra het. Eers ongeveer ses jaar later, in 1855, het dit 'n werklikheid geword toe Alexander Armstrong as die eerste magistraat aangestel is.

Magistraat Armstrong het, net na sy aankoms in 1855, 'n komitee vir die verbetering van die strate in die dorp gestig. Hierdie komitee was die voorloper van 'n munisipaliteit en het ongeveer vier jaar lank bestaan en het, volgens Armstrong, heel goed in die behoeftes van die dorp voorsien. Op daardie stadium was daar slegs 30 huise en 40 hutte in die dorp en die bevolking het uit 200 Blankes en 300 Gekleurdes bestaan.

Daar was bale probleme wat die stigting van 'n Munisipaliteit vertraag het, maar op 26 Augustus 1863, sestien jaar nadat die eerste erwe uitgemeet en verkoop is, is die finale Munisipale regulasies geproklameer. Op daardie stadium was daar nog nie 'n besigheidskern in die dorp nie. Besigheidspersele en woonhuise was langs mekaar geleë. Die meeste van die besighede was aan die noordekant van die dorp, langs die huidige Baron van Reedestraat en in die omgewing van die huidige Van der Rietstraat, eers bekend as Helmsdrif en later as Aschmanstraat, geleë.

Daar was later jare 'n manskleremaker met die naam Aschman in die dorp, maar dit is nie aan my bekend of hierdie straat na een van sy voorsate vernoem is nie. Seker maar.

Van der Rietstraat is vernoem na die eerste predikant van die N.G. Kerk, Ds Tobias van der Riet, wat van Mosselbaai af hiernatoe gekom het. Sy pastorie was op die hoek van Van der Rietstraat en Baron van Reedeweg geleë.

To Top

OUDTSHOORN ONTWIKKEL

In 1853, tien jaar voordat die Munisipaliteit geproklameer is, is die eerste poskantoor op Oudtshoorn geopen en 'n posmeester aangestel. Hy was F.S. Fischer en het eintlik die rang van onderposmeester gehad. Die poskantoor was slegs twee dae per week oop, naamlik Donderdae, vir een uur, en Saterdae, vir twee ure. Waar die heel eerste poskantoor geleë was, weet ons nie, maar in 1872 was die poskantoor geleë in die huidige Baron van Reedestraat, oorkant die Oudtshoorn Inn.

In die tien jaar vanaf 1855 tot 1865, het die dorp en die distrik Oudtshoorn, vinnig ontwikkel. Daar was drie dokters en ses prokureurs op die dorp. Die winkels het vermeerder vanaf tien na veertig en ses-en-twintig persone was in die wa-makery betrokke.

Oudtshoorn was 'n belangrike sentrum vir die maak van waens en karre. Omdat daar nie spoorverbinding bestaan het nie, was togryery 'n belangrike handelsaktiwiteit.

Togry het behels dat die wa vol podukte gelaai is en 'n tog ('n rit) na die binneland onderneem is om die produkte te verkoop. Tot soveel as 2 000 waens per jaar het Oudtshoorn verlaat met produkte soos brandewyn, tabak, droë vrugte, rosyne, koring en - vreemd genoeg - sweepstokke!

To Top

OUDTSHOORN - 25 JAAR OUD

Daar was groot oop spasies in wat nou die sentrale besigheidsdeel is. Op die hoek van Kerkstraat en Baron van Reedestraat was De Marillac se winkel en jy kon van daar af in 'n reguit lyn stap tot by Joseph Blake se winkel, op die hoek van Hoogstraat en St Johnstraat.

Daar was geen haarkappers in die dorp nie, want mense het mekaar se hare gesny en niemand het 'n skeer nodig gehad nie, want almal het baarde gehad. Daar was geen apteke, tandartse, verekopers, versekeringsagente of banke nie. In 1876 het die Standard Bank 'n tak in Oudtshoorn geopen. Dit was in een vertrek in Devine Hall Buildings in Hoogstraat geleë. Drinkwater was 'n probleem omdat alle geboue tot 1880 grasdakke gehad het en reënwater nie in tenke opgevang kon word vanaf 'n grasdak nie. Die water vir huishoudelike gebruik is vanaf fonteine wat in die Grobbelaarsrivier geleë was, verkry. In tye van droogte is water van die Kango af aangery, selfs nadat sinkdakke algemeen geword het. Gedurende die droogte van 1896 is water vir die laaste keer dorp toe aangery, want kort daarna het die waterskema wat Oudtshoorn van water voorsien, in werking gekom.

To Top

OUDTSHOORN COURANT

Een van die byname van Oudtshoorn in daardie tyd was "Knikspoordorp". (Die ander een was "Veldskoendorp".) Knikspoordorp verwys na die knikke wat daar in die huidige Langenhovenweg (George Road) en Baron van Reedestraat (daardie tyd nog Mainstraat en later Koninginstraat) geleë was. Die rede vir die knikke was die baie slote wat die strate deurkruis het. Eers in die laat 1890's is bruggies oor die slote gebou - ongeveer een elke 250 meter.

Vanaf 1870 tot 1880 vind die volgende ontwikkeling in Oudtshoorn plaas - hoofsaaklik a.g.v. die florerende verebedryf - daar is nou twee banke en drie hotelle op Oudtshoorn, asook vier slaghuise en vier bakkerye, die eerste skool word gestig en die eerste koerant, die Oudtshoorn Courant, word uitgegee op 18 Mei 1879.

Die oorspronklike eienaars van die Oudtshoorn Courant was John en Hedley Pocock en hulle eerste kantore was op die hoek van die huidige Baron van Reedestraat en Hopestraat. (Later het hulle meer suid in Baron van Reedestraat geskuif na die Prince Vincent gebou en nog later na Kerkstraat.)

To Top

OUDTSHOORN HOTELLE

Volgens Dr Boemkhe, wie se notas een van die belangrikste bronne vir hierdie geskriffies is, was die eerste hotel in Oudtshoorn in die huidige Baron van Reedestraat geleë. Die naam of die presiese ligging word nie vermeld nie, behalwe dat dit op die plek is waar die prokureur, Tim Smith, vroeër gewoon het, blykbaar is dit dieselfde plek waar die annexe van die Meisieskool in die laat veertiger jare geleë was. Daar moet nog mense wees wat weet waar dit was!

Die tweede oudste hotel was die Oudtshoorn Hotel wat, volgens 'n advertensie wat in 1872 in Beaufort-Wes se plaaslike koerant geplaas is, toe al bestaan het. Hierdie hotel het aan George Edmeades behoort en is in 1886, toe Edmeades gelikwideer is, toegemaak. Die ligging van hierdie hotel was ook in die huidige Baron van Reedestraat, twee huise onderkant die ou tronk.

Die volgende hotel was die Queen's Hotel wat in 1880 gebou is op die plek waar dit vandag nog geleë is. (Teen hierdie tyd het die besigheidskern van Oudtshoorn al verder suid in die huidige Baron van Reedestraat geskuif.)

Daar was ook Cole se Losieshuis wat in 1869 afgebrand het, maar later herbou is en herdoop is. Die nuwe naam was "Die Masonic." Dit is in 1910 weer herbou en het toe die naam "Imperial Hotel" gekry. Vandag is daar 'n meubelwinkel en 'n deel van OK Bazaar in Hoogstraat waar die Imperial Hotel was.

To Top

SPOORLYN NA OUDTSHOORN

Die inwoners van Oudtshoorn het jare lank probeer om spoorverbinding met die binneland en die kus vir Oudtshoorn te bewerkstellig en uiteindelik in 1904 het die eerste spoorlyn Oudtshoorn bereik. Dit was vanaf Port Elizabeth/Klipplaat.

Daar was lang besprekings oor die ligging van die spoorwegstasie, maar uiteindelik is besluit dat die stasie op die driehoek, waar Hoogstraat en die huidige Langenhovenweg bymekaar kom, gebou sou word. Dit sou 30 000 kos - baie, baie geld. Verder sou dele van die grond langs die huidige Langenhovenweg ook nog gekoop moes word om die spoorlyn in die dorp in te bring.

Voordat daar egter met die koop van die grond en die bou van die stasie begin kon word, het iemand die grond waar die stasie nou geleë is, aan die Spoorweë geskenk vir die oprigting van 'n spoorwegstasie. Die Spoorweë het die aanbod met albei hande gegryp en die stasie daar opgerig.

Wie die grond geskenk het, weet ek nie, maar Boemkhe noem dat dit gedoen is met die idee dat dit industriële uitbreiding in daardie area tot gevolg sou hê en dat die waarde van die omliggende grond - wat seker ook in sy besit was - sou styg; wat dan toe ook gebeur het.

In 1913 is die spoorlyn tussen George en Oudtshoorn voltooi en in 1924 is die lyn tussen Oudtshoorn en Calitzdorp voltooi.

To Top

WATER NA OUDTSHOORN

Soos ons reeds by 'n vorige keer gesê het, was water vir huishoudelike gebruik 'n probleem in die beginjare van Oudtshoorn. Die erwe wat oorspronklik deur landmeter Ford uitgemeet is, was almal geregtig om een vyfhonderdste van die water in die Grobbelaarsrivier, maar dit was vir meestal vir doeleindes van besproeiing en oral was kanale en slote om hierdie water op die plekke te kry waar dit nodig was. In die eerste uitgawes van die Oudtshoorn Courant vind 'n mens soms berigte oor mense wat beboet is omdat hulle hulle donkies of muile uit die sloot laat suip het.

Water vir huishoudelike gebruik is verkry uit fonteine in die Grobbelaarsrivier en in tye van droogte is water verkoop teen ses pennies per emmer.

Om 'n behoorlike watervoorsiening vir die dorp daar te stel was dan ook een van die eerste take waarop die Munisipaliteit gekonsentreer het. Reeds vanaf 1880 was daar pogings om water uit Schoemanshoek, Buffelsdrift, Rietfontein e.a. na die dorp te bring.

Al hierdie pogings het misluk, gedeeltelik omdat die regte van al die eienaars wat grond langs daardie riviere gehad het, in ag geneem moes word en ook omdat die florerende volstruisbedryf die pryse van grond die hoogte laat inskiet het en die water dus te duur sou wees.

Die droogte van 1896 het die waterkwessie op die spits gedryf. Iets moes nou gedoen word. Eindelik het Charlie Nel - van Museumfaam - se pa die moontlikhede van sy broer Danie se plaas, Rust-en-Vrede, uitgewys. Die plaas het oor goeie water met 'n vaste toeloop uit 'n pragtige waterval beskik en geen ander rivierboere het aanspraak daarop gehad nie.

'n Vergadering van die belastingbetalers is gehou - nog in 1896 - en die aankoop van die grond is goedgekeur. Pype is aangelê - 35 km ver - en vier jaar later het die water die dorp bereik. Die opgaardam is eers na die Tweede Vryheidsoorlog (Boereoorlog) gebou. Die skema het 80 000 gekos en was die enigste bron van water vir huishoudelike gebruik vir amper 40 jaar.

In 1939 - weens die uitbreiding van die dorp - moes nog water verkry word en toe is die plaas De Cango, langs Rust-en-Vrede, aangekoop en die Melvilledam is daar gebou.

To Top

OUDTSHOORN KERKE

Dit sou nie verkeerd wees om te sê dat die dorp Oudtshoorn sy bestaan te dank het aan die "agterbergse mense" se behoefte aan 'n kerk nie. Ongetwyfeld was daar ander faktore - soos die vrugbare grond en genoeg water - wat in die vroeë jare 'n rol in die totstandkoming van die dorp gespeel het, maar laat ons nie die rol wat die N.G.Kerk gespeel het, gering ag nie.

Soos ons al reeds gesê het, is die eerste kerkgebou opgerig op vyf morge grond wat deur C.P. Rademeyer vir hierdie doel geskenk is. Die kerkgebou is deur die lidmate opgerig en was in die vorm van 'n kruis en het 'n grasdak gehad. Hierdie gebou is in April 1839 voltooi, maar eers in November 1839 ingewy. (In 1853 het Oudtshoorn van die gemeente van George afgestig.)

Met die vinnige uitbreiding van die dorp was die gebou na twintig jaar te klein en is daar in November 1859 besluit om 'n nuwe kerk te bou op grond wat reeds elf jaar vantevore deur Rademeyer aan die kerk geskenk is - waar die N.G. Moederkerk vandag staan. 'n Hele aantal van die omliggende erwe is ook deur Rademeyer aan die kerk geskenk. (Sommige van hierdie erwe is vekoop om die geld vir die boukoste aan te vul.)

Tenders is gevra vir die bou van 'n klipkerk en George Wallis het onderneem om die kerk vir 10 000 te bou. Die hoeksteen van die kerk is op 15 Januarie 1861 gelê - deur die Siviele Kommissaris, Mnr Scholtz, en by daardie geleentheid met mev Bergh, na wie die dorp vernoem is (kleindogter van Baron van Reede van Oudtshoorn) sekere dokumente onder die hoeksteen begrawe.

Ten spyte van die droogte en die depressie van 1864 - 1869 was die 10 000 in 1865 byeengebring, maar teen daardie tyd het die boukoste 15 000 beloop. Die kerk is toe nege jaar lank so onklaar gelaat, maar o.l.v. mnr D. Morkel is 'n boumeester gevind wat die kerk in 1879 voltooi het. Die kerk is op 7 Junie 1879 ingewy. Die totale boukoste was meer as 22 000 en met die inwyding was slegs 1 500 daarvan uitstaande. Die N.G. Moedergemeente kan waarlik sê: Prys die Here! Aan sy goedheid is daar geen einde nie!

To Top

ST JUDE'S ANGLICAN CHRUCH

ENGLISH: St Jude's Anglican Church
According to Col C.P. Nel's notes, the following information was supplied by Archdeacon Thornley-Jones and Miss Florrie Morris, daughter of the Rev. Alfred Morris.

For ten years, from 1850 to 1860 Oudtshoorn was part of the Schoonberg Anglican parish in the Langkloof. The Rev. Herman Hirsch, of Schoonberg parish, realised that Oudtshoorn - then a little village of about 30 houses - would become an important town, destined for rapid expansion and came here to work among the English speaking people for six months - apparently in 1857. In that time he decided to build a church here.

The foundation stone of the church was laid in January 1860 by Mr W. Walters, who became the first chairman of the Oudtshoorn Village Management Board in 1863 - in effect the first mayor of Oudtshoorn.

The Rev. Alfred Morris was appointed Rector in July 1860. When he came here the church was still being built - by four Scottish stone masons who had to be paid every fortnight. It was quite often hard to find the money to pay them. Once one of the warders, Mr Cahill, sold his gold watch to Dr O'Hare for 10 so that the masons could be paid. The building was finished by the end of 1861. It is interesting to note that the heirs of C.P. Rademeyer donated two plots (erven) to the new English church. They were thankfully accepted and sold for the building fund.

The St Jude's Anglican Church is the oldest existing church building, built of stone in Oudtshoorn. Various additions were made to the building in the early years: the chancel in 1880, a new wing in 1887 (for which the Edmeades family donated the stained glass windows), an extension to the back and a new vestry in 1897. Florrie Morris, the daughter of Rev. Alfred Morris, served as organist at St Jude's for seventy years.

Surnames the crop up in the baptism and marriage records of that time are the following: Edmeades, Ross, Hayward, Penton, Smuts, Johnson, Middleton, Brand, Davies, Lee, Burn, Tullis, Wilson, Cahill, Essenhigh and Stretch.

To Top

ROOMS-KATOLIEKE KERK

Rooms-Katolieke Kerk in Oudtshoorn, die Gemeente van St Saviour. Teen die laat veertiger jare was daar reeds 'n groep Rooms-Katolieke in die omgewing van Oudtshoorn en in November 1848 is die eerste kerkgebou, bekend as "Christ Church" by Buffelsdrif op John O'Connel se grond opgerig en is die gemeente 'n paar maande lank deur Vader Joseph Martin bedien, waarna hy na George vertrek het. Die gemeente is daarna elke twee maande deur Eerw. B.S. McMahon besoek wat dan ook in Februare 1860 die hoeksteen van die nuwe kerkgebou op die hoek van die huidige Baron van Reedestraat en St Saviourstraat gelê het.

Die gebou is eers sewe jaar later voltooi a.g.v. die ongunstige finansiele toestande van die sestigerjare. Dit was 'n klipgebou in die Gotiese styl en is ongeveer 'n honderd jaar later gesloop toe die katedraal op dieselfde perseel opgerig is.

Twee jaar na die hoeksteenlegging (1862) is eerw B. O'Reilly as resident-priester aangestel. Hy is na sy dood in 1865, opgevolg deur Eerw. J.O'Haire onder wie se inisiatief die kerkgebou voltooi is, die dagskool weer hervat is, die gemeente se grondbesit vergroot is en 'n skoolgebou van klip opgerig is.

Hierdie gemeente het verskeie ondernemings met die oog op die behoeftes van die breë dorpsgemeenskap aangepak. Liefdadigheidswerk is aan behoeftiges betoon sonder inagneming van godsdienstige verskille. Hy het ook 'n biblioteek vir openbare gebruik ingerig en boeke daarin geplaas wat die Rooms-Katolieke sowel as die Protestantse standpunte verteenwoordig het. Die Vereniging van St Vincent de Paul is in die lewe geroep om vir die armes en weeskinders te voorsien en 'n paar huisies is gehuur om huisvesting aan behoeftige bejaardes te verskaf. 'n Aanhaling uit die George Advertiser van 1866 som die publiek se siening goed op: "Too much connot be said in favour of an institution so truly Christian …"

To Top

DYSSELSDORP KERK

Die kerklike versorging van die bruin bevolking van die Oudtshoorn omgewing het reeds in 1838 op Dysselskraal, o.l.v. die Londense Sendinggenootskap, begin. Volgens die aantekeninge van Kol. C.P.Nel is die sendingkerk te Dysselsdorp die oudste kerklike gebou in die Klein Karoo, gebou in 1838; altans, dit is hoe dit was toe hy die aantekeninge gemaak het - circa 1940. Die eerste sendeling daar was Eerw. John Melville wat agt jaar lank daar diens gedoen het. Hy is opgevolg deur Eerw. B. E. Anderson.

In 1855 is alle bande met die Londense Sendinggenootskap verbreek en het hierdie sendingstasie onder die vleuels van die Independente Kerk (ook bekend as die Congregational Church) en o.l.v. Eerwaarde B.E.Anderson geval.

Anderson het 'n erf op die pasgestigte dorpie, Oudtshoorn, gekoop en begin om 'n kerkgebou op te rig. So ver ek kon vasstel - en met behulp van Hilda Boshof van die C.P. Nel museum - was hierdie kerkgebou geleë waar Headlines vandag is, m.a.w. op die hoek van die huidige St Johnstraat en Baron van Reedestraat. (St Johnstraat se eerste naam was dan ook Chapel Street.) Binne vier jaar het die gemeente so gegroei dat die gebou te klein was en daar is met geldinsamelings begin om dit te vergroot.

Intussen het Anderson en 19 gemeentelede die plaas Matjiesrivier in die Kango gekoop en in 1853 'n gemeente daar gestig. Die drie gemeentes, nl Oudtshoorn, Dysselsdorp en Matjiesrivier het gedurende die 1850's daarin geslaag om jaarliks 300 byeen te bring waarvan die helfte vir die sendeling se salaris en die res vir die salarisse van onderwysers op elk van die die drie plekke gegaan het. Sondagskool was ook 'n belangrike aktiwiteit en mev. Anderson het spoedig agt-en-twintig sondagskoolpersoneellede gehad wat haar gehelp het.

To Top

OUDTSHOORN JOODSE GESKIEDENIS

Die geskiedenis van die Jode in Oudtshoorn is onlosmaaklik deel van die geskiedenis van die volstruisbedryf, maar dit is nie waaroor hierdie deel handel nie - wel sal ons by 'n later geleentheid daaroor skryf. Hierdie deel handel oor die geskiedenis van die Joodse gemeente in Oudtshoorn.

Tussen 1881 en 1890 het daar ongeveer 100 Joodse gesinne in Oudtshoorn aangekom. (Issie Barren sê my dat daar op een tydstip so veel as 400 Joodse gesinne in Oudtshoorn was - 600 Joodse gesinne vanaf De Rust tot op Calitzdorp. Vandag is daar 16 Joodse gesinne op Oudtshoorn.) Hierdie Joodse immigrante was hoofsaaklik uit twee plekke in Litaue afkomstig - Kelm en Shavli.

Aanvanklik het huile vir aanbidding by mekaar se huise bymekaar gekom en later in die Veremarksaal, wat, as my inligting reg is, min of meer oorkant Foster's Manor geleë was. Volgens Appel is daar in Oktober 1886 eenparig tot die oprigting van 'n Sinagoge besluit en daar is begin met die insameling van fondse. Omdat daar 'n baie goeie verhouding tussen die Jode en die Afrikaners geheers het - en nog steeds heers - het baie Afrikaners tot die boufonds bygedra.

'n Erf is in die huidige Baron van Reedestraat gekoop en die planne van George Wallis - van NG. Moedergemeente faam - is aanvaar. Op 26 Januarie 1888 is die hoeksteen deur Rabbi Ornstien van Kaapstad, wat die stigting van die gemeente gemisieer het, gelê. Hierdie sinagoge is in die spreektaal die "English Shul" genoem en word vandag nog gebruik.

Revd Meyer Woolfson was die eerste "predikant" en hy het die gemeente 50 jaar lank gedien. Die Jiddish-sprekende Jode wat meestal van Kelm afgekom het, het 'n ander, meer informele, aanbiddingstyl verkies en het later hulle eie gemeente gestig met 'n sinagoge in St Johnstraat oorkant die Afdelingsraad se gebou waar die parkeerplek vandag is - ongelukkig afgebreek. Dit is die "Griene Shul" genoem, want hulle was die "groentjies", aldus Issie Baron.

Hulle eerste "predikant" was Revd Emanuel Lipkin. Die "preekstoel" oftewel Ark van hierdie sinagoge het gelukkig bewaar gebly en is in die C.P.Nel Museum te sien.

To Top

OUDTSHOORN SKOLE

Die eerste skool in Oudtshoorn is in Desember 1847 deur Thomas Harris begin en het net drie jaar en ses maande bestaan. Harris se salaris van 30 per jaar is deur die regering betaal. Al wat ons verder van hierdie skool weet, is dat baie min kinders dit bygewoon het.

Vyf jaar nadat Harris van Oudtshoorn af weg is, in 1856, het die N.G. Kerk besluit dat 'n skool op Oudtshoorn noodsaaklik was en het hulle - met die hulp van die magistraat - 'n privaatonderwyser, J.W. Peterson, wat in die distrik werksaam was, aangestel. Hy het skaars meer as 'n jaar lank skoolgehou - vir 39 kinders en sy kontrak is nie weer hernu nie, omdat hy hom skuldig gemaak het aan wangedrag.

Die kerk het aangebied om nog 30 by die onderwyser se salaris by te voeg, mits hy as "voorleser" in die kerk kon optree. Die onderwysowerhede het aangebied om die onderwyser se salaris te verhoog na 50 per jaar (R100) , mits die kerk dieselfde bedrag sou bydra. Hierdie aanbod is deur die kerk aanvaar en Gideon Scheepers het 'n skoolgebou (een klaskamer) opgerig en Jacobus Schoeman het 'n woonhuis vir die onderwyser gebou.

George W. Wilson, voorheen van die sendingskool in Kaapstad, is as onderwyser aangestel en het op 1 Maart 1858 begin skoolhou.

Drie-en-tagtig kinders, tussen die ouderdomme van 5 en 15 jaar, het gedurende daardie jaar die skool gereeld bygewoon. Die ouer kinders het onderrig in die volgende vakke ontvang: Engels, Nederlands, rekenkunde (wiskunde) aardrykskunde, geskiedenis, skrif en Bybelonderrig.

Die eerste inspeksieverslag was positief en het gemeld dat die dissipline goed is, dat die klaskamer groot genoeg is en dat daar genoeg speelterrein is.

Mnr Wilson se skool het vir 10 jaar lank goed aangegaan. Sy vrou het is later as assistent-onderwyser aangestel en teen 1862 was daar drie klasse, elk met sy eie vorderingspeil.

In Mei 1862 word 'n aparte meisieskool gestig, op aanbeveling van die Superintendent-Generaal van Onderwys, met mev. Wilson as die hoof. Daar was 30 dogters in die skool. Soggens is gewone skoolwerk behartig en smiddae is onderrig in naaldwerk gegee. Die voertaal in mev. Wilson se skool was hoofsaaklik Engels, terwyl dit in haar man se skool hoofsaaklik Nederlands was. 'n Ander interessante ding is dat albei skole beide seuns en dogters toegelaat het! Dit lyk dus of die verdeling hier nie seuns en dogters apart was nie, maar eerder die medium van onderrig, t.w. Nederlands of Engels.

Mev. Wilson bedank aan die einde van 1864 en word deur Mev. Smith opgevolg. Sy was nie so suksesvol soos haar voorganger nie en o.l.v. J. Blake, wat die voorsitter van die munisipale kommissarisse was, (soort van Burgemeester) word 'n "School for the Education of Young Ladies" gestig, met Mej. M. Smart, van Engeland, as die onderwyseres.

Al die gewone elemente van 'n "sound English education" sou onderrig word, asook naaldwerk, musiek, Frans en tekenkuns. Hierdie skool het net drie jaar bestaan, want hulle het nooit die vereiste leerlingtal van tussen 20 en 30 leerlinge behaal nie. Hulle het slegs gemiddeld 14-16 leerlinge gehad en daarom is staatshulp aan hierdie skool gestaak en het dit doodgeloop.

To Top

SKOLE WAT GEDURENDE 1860-1870 BESTAAN HET

Die Anglikaanse kerk het 'n skool gehad met ongeveer 38 kinders en Mej S. Johnson as die onderwyseres. Sy is opgevolg deur Mnr Schimmel, Mnr John Pocock (latere stigter van die Oudtshoorn Courant), Mnr A Darrel en PJ. Blant.

Vanaf 1876 tot 1880 het daar ook 'n privaatskool vir dogters bestaan, geleë in "Upper Queen Street" in die huis wat later aan C.P.Nel se pa behoort het. Mej Seymour en Vissert was in beheer van hierdie skool.

Die Rooms Katolieke kerk het 'n skool gehad waar die katedraal vandag is. Mej Mary Norman was in beheer en het 37 leerlinge gehad.

En tog, ten spyte van al hierdie verskillende skole skryf John Pocock in 'n hoofartikel in die Oudtshoorn Courant van 17 September 1879 dat Oudtshoorn, ten spyte van die rykdom en die voorspoed wat deur die volstruisvere gebring is, in onderwysaangeleenthede ver agter is by ander "afdelings" van die Kaapkolonie en dat die skole nie goed bygewoon word nie, ten spyte daarvan dat die "afdeling" van Oudtshoorn 16 000 inwoners gehad het.

Die persoon wat nou na vore tree in die onderwysstryd, is Ds G.W. Stegman van die N.G. Kerk. Sy eerste doel is om 'n openbare skool vir seuns op die been te bring. (Simpson en Hoek se skool is intussen, na 8 jaar, gesluit.)

Stegman het dadelik begin om fondse vir 'n nuwe skoolgebou in te samel en in Februarie 1881 is daar begin om die gebou op te rig. (Hierdie gebou is later deur die Meisieskool oorgeneem.)

Stegman se seunsskool is gebou op die perseel waar die polisiestasie vandag is.

Die hoof van Stegman se skool vir seuns was J.S. Pressley en J. Hoek is as assistent vir die Hollandse onderrig aangestel. Hulle het 28 leerlinge gehad.

Met die seunskool goed gevestig en aan die gang, wend Stegman hom nou tot die opvoeding van dogters - wat "non-existent" is op hierdie stadium. Hy wys hierdie leemte aan die kerkraad van die N.G. Moederkerk uit en die kerkraad besluit om geldelike steun vir die oprigting van 'n meisieskool te bewillig.

Aanvanklik het die meisieskool as 'n kerkskool onder die persoonlike toesig van Ds Stegman begin op 1 Maart 1882. Stegman se skoonsuster, mej. G J. Joubert word as die hoof aangestel. In Mei van dieselfde jaar doen die kerk afstand van sy beheer oor die skool en word die skool onder die bestuur van 'n skoolkomitee geplaas - waarvan almal behalwe een lidmate van die N.G. Kerk was. Die skool het begin met 40 leerlinge en twee assistente waarvan die hoof een was. Hierdie skool was op die hoek van Hoogstraat en Kampstraat geleë, m.a.w. net noord van die Moederkerk.

Op hierdie wyse is die opvoeding van die jeug van Oudtshoorn op 'n stewige grondslag geplaas en het dit van krag tot krag gegaan. Die Oudtshoorn Courant het tereg gesê dat "education of the youth is the best gift that they can give to their land and people, and it is only in this way that their aspirations to be an independent people can be realized" (Hoofartikel in die Oudtshoorn Courant op 27 Junie 1882.)

Met die bedanking van die skoolhoof, Wilson, in 1867, het 'n moeilike tydperk vir die skool - wat nog steeds seuns en dogters ondderrig het, aangebreek en na vier jaar moes ook hierdie skool gesluit word, ten spyte van reuse pogings van Ds van der Riet om die skool aan die gang te hou. Terloops, volgens Dr Boemkhe, was hierdie eerste skoolgebou geleë oorkant die N.G.Moederkerk waar FNB vandag is.

Die kwessie van die medium van onderrig het ook probleme veroorsaak. Dit was die tydperk wat die Engelse regering daadwerklike pogings aangewend het om die Kolonie te verengels, maar die grootste deel van die inwoners van Oudtshoorn wou hulle kinders met Hollands as onderrigtaal grootmaak en so word daar in 1871 'n "derdeklas" skool op die wesoewer begin met T.J. van der Riet, seun van die leraar, as die onderwyser. Die gradering van "derdeklas" skool het niks met die gehalte van onderwys te doen gehad nie, maar met die salaris van die onderwyser. Die skool het net 'n jaar gehou.

Die eerste bloeitydperk van die volstruisvere het nou aangebreek en groter ekonomiese voorspoed meegebring sodat daar ook meer geld vir onderwys was. 'n Waarborglys is saamgestel waarop die ondertekenaars - waaronder twee Edmeades broers, Gideon Scheepers Jnr en Gert Olivier was - hulle finansiele bydrae tot die salaris van die onderwyser, gewaarborg het. Baie mense moes hierdie waarborglys onderteken het, want net die finansiele komitee het uit sewe lede bestaan.

Die skool wat hierdeur in die lewe geroep is, in 1876, was 'n onsektariese skool - nie meer onder beheer van die kerk nie - en W. Simpson en Jacob Hoek is as onderwysers aangestel.

To Top

LAERSKOLE

Volgens Dr Boemkhe was die drie oudste laerskole die Arm Skool (Poor School) van die N.G.Kerk, die Laerskool van die Anglikaanse kerk en die St Joseph's Converts School.

Die Arm Skool was vanaf 1894 tot 1906 geleë in die gebou waar die kerkkantoor van die Moederkerk nou is. Daarna was dit nie meer 'n Arm Skool nie, maar het 'n normale laerskool geword en is in die gebou van die Meisieskool in Adderleystraat gehuisves. Dit lyk my die skool het goed aangegaan, want hulle het slegs drie hoofde gehad: Rev W. Poole tot 1906, Mnr Jacobus Liebenberg tot 1927 en Mnr Jacobus J. Smit tot 1942. In 1896 het daar 'n tak van hierdie skool in Oudtshoorn Noord oopgemaak wat later die Noordeinde Laerskool geword het, met Mnr Roothman as die eerste skoolhoof. Hierdie skooltjie was in 'n geboutjie in "Upper High Street" geleë wat later as 'n kerksaal gebruik is.

Ek kon niks verder oor die Laerskool van die Anglikaanse kerk opspoor nie, maar die St Joseph's Convert School (ook bekend as die R.C. Mission School) is in 1884 begin in 'n geboutjie langs die kerk. Rev. Dr H. Minkenberg was die stigter. Dit lyk my hy was ook die onderwyser tot 1892 toe Vader O'Rourke oorgeneem het.

Laerskool Oudtshoorn Suid het as 'n privaatskool begin in 1896 in 'n geboutjie op die hoek van die destydse George Rd (Langenhovenweg) en Suidstraat. Mej E. Deas - van die wamakersfamilie was die onderwyseres in beheer. Die skool is gedurende die Anglo-Boere Oorlog gesluit. In 1908 is nog 'n privaatskool deur inwoners (Louis Boshoff, P. Coetzee en Philip Langenhoven) van Oudtshoorn-Suid gestig. In 1911 is 'n staatsondersteunde laerskool op die terrein van die spoorwegstasie gestig, met mej Reid in beheer en hierdie skool het in 1913 met die privaatskool van die inwoners saamgesmelt.

Volgens Dr Boemkhe het ook Laerskool Wesbank as 'n privaatskool begin - iewers in die 1890's - gestig deur Mej. Knight. Sy notas is nie baie duidelik op hierdie punt nie, maar dit lyk asof hierdie skool na die besoek van die SCO Dr Muir, in 1903 saamgesmelt het met die laerskool wat in die N.G. Kerksaal begin is, met Mej. G. Edmeades as hoof en mej Ellen Deas as assistent.

Laerskool Van Reede is in 1959 gestig met Mnr Bun Booyens as die skoolhoof. Daar was 22 onderwysers en 530 leerlinge in die skool.

To Top

EERSTE SANDSTEENGEBOU - ST JUDE'S KERKGEBOU

Sover ek kon vasstel was die eerste gebou wat van sandsteen gebou is, die St Jude's kerkgebou, waarvan die hoeksteen in 1860 gelê is. Die kerk is deur vier Skotse klipkappers gebou. 'n Jaar later word die hoeksteen van die N.G. Moederkerk - ook 'n klipkerk - gelê.

Van die klipkappers wat hierdie kerk gebou het, weet ons so 'n ietsie meer. John Thomas Cooper is deur die boukomitee van die kerk aangestel as die voorman van die klipkappers. Hy het net 'n jaar tevore uit Skotland in Kaapstad aangekom.

Soos ons nou al weet het die werk aan die kerk vir verskeie redes lank stilgestaan. Sestien jaar nadat die werk begin is, stel Cooper voor dat nog klipkappers uit Skotland laat kom word om die werk aan die kerk te bespoedig. So kom nog vyf klipkappers en 'n saager (die woordeboek se dit is iemand wat hout saag) na Oudtshoorn om aan die kerk te werk. Drie van hulle was Ellis, Hammort en Bennet genoem en van hulle nasate is waarskynllk nog in Oudtshoorn.

John Thomas Cooper word spesiaal op die inwyding-seremonie deur die boukomitee uitgesonder vir sy goeie werk. Na voltooiing van die kerk bly hy aan in Oudtshoorn en begin sy eie bou- en monumentefirma. Hy tree ook as argitek op aangesien daar op daardie stadium geen argitek in Oudtshoorn was nie.

To Top

DIE VOLSTRUISBEDRYF

Hoe bekend die storie van Armaans Potgieter (seker Hermanus) is, weet ek nie, maar ek herhaal dit nogtans hier. Dit kom uit Sue van Waart se boek Die goue kameelvoel. Sy skryf dat Armaans Potgieter as opgeskote seun tougelei het vir Ernst Kotze op 'n tog na Kaapstad. Ons het mos al oor togry gekryf: hoe die boer sy produkte met 'n wa en 'n span trekdiere (osse, donkies, muile) -parkeer 'n paar waens - na ander dorpe geneem het om te verkoop.

Indien daar dalk dorpsjapies is wat nie weet wat 'n touleier is nie, dit was die seun of jong man wat voor die trekdiere uitgeloop het en hulle met 'n tou of 'n riem gelei het, want so 'n wa het nie leisels soos 'n perdekar gehad nie en kon nie gestuur word nie.

Hierdie togrit, wat die hele boerderyaspek in die Klein Karoo verander het, het in 1845 plaasgevind, d.w.s. drie jaar voordat Oudtshoorn ontstaan het. Naby Swellendam het hulle een aand op 'n uitspanning gestaan om die diere te laat rus. Daar skiet Armaans toe 'n bokkie vir die pot en ook sommer vir die sports 'n paar wilde volstruise wat daar in die veld geloop het. Die stert- en die vlerkvere van die volstruise was vir hom mooi en nadat hy een daarvan in sy hoed gesit het, pluk hy die ander vere en sit dit by die hoender- en eendevere wat hy vir die smous in Kaapstad vat, saam met 'n paar bees- en skaapvelle. Heel beskeie, die paar goedjies wat Armaans gehad het om te verkoop.

Die handelaar was baie opgewonde oor die volstruisvere, want volstruisvere was 'n gesogte modeproduk in Europa en het heelwat meer as R300 per kilogram - in vandag se geld - behaal. (15 per pond in daardie dae se geld.) Ons weet nie hoeveel volstruise Armaans geskiet het nie, maar hy het genoeg geld vir die vere gekry om 'n plaas te kon koop.

Volgens Anita Holtzhausen in haar boekie Die geskiedenis van die volstruisveerboerdery was Armaans Potgieter - wat die wilde volstruise geskiet het en die vere verkoop het - se volle name Hermanus Lambertus Potgieter en sy plaas was Rietfontein. Sy noem die volgende boere as pioniers van die volstruisveerboerdery in die Oudtshoorndistrik, tesame met Armaans Potgieter, Johannes Mattheus van der Westhuizen van Bakenskraal en Klipdrift, Gert Cornelis Olivier van Welgeluk, G.W. Olivier van Welgelegen en James Guest van Leeublad.

Wanneer presies die volstruisboerdery in Oudtshoorn begin het, is nie presies bekend nie, behalwe dat dit in die 1860's was. Appel meld dat HJ. Raubenheimer van Doornrivier reeds in 1866 vyf pond "superior" wit asook ander vere op George se landbouskou te koop aangebied het. Hierdie en ander brokkies is uit berigte en advertensies in die koerante van destyds gekry. Daarom is slegs fragmentariese besonderhede oor die bedryf in die vroeë jare bekend. Toe 'n groep inwoners van Oudtshoorn aan die einde van 1870 vir beter posgeriewe ansoek gedoen het, het hulle koring, tabak, brandewyn en droe vrugte as die vernaamste boerderybedrywighede genoem.

Die eerste amptelike verwysing na volstruisboerdery word in 1871 gemaak wanneer die siviele kommissaris (soort van 'n burgemeester), G.R. Duthie, in sy verslag aan die regering sê: "Ostrich farming has been quite the rage and has been carried on to a considerable extent in the district in the past year with most satisfactory results."

Jose Burman noem in sy boek The Little Karoo dat daar in 1865 slegs 80 broeivoels in die Oudtshoorn distrik was en dat daar tien jaar later (1875) 22 257 was. Almal wat 'n bietjie geld bymekaar kon skraap, het met volstruise begin boer. Volstruisvere net die vierde belangrikste uitvoerproduk van S.A. geword, naas goud, diamante en wol. Verreweg die meeste van die vere was van die Oudtshoorn distrik afkomstig.

Die eerste val van die volstruisvere het net na 1882 plaasgevind, maar die insinking het nie te lank geduur nie, en die bedryf het weer geleidelik "verstewig" want, se Jose Burman, die Anglo Boere-Oorlog het gekom en gegaan met 'n skaars merkbare indruk op die verebedryf. Volgens Sue van Waart in Paleise van die Pluime, was George Edmeades die eerste groot volstruisboer wat vir hom "n "volstruispaleis" laat bou het - in 1901. Hy het sy huis "Pinehurst" genoem en dit is gelukkig tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar - deur, onder andere, die toedoen van Issie Baron. Dit is deur die argitek Vixseboxse ontwerp. George Edmeades se moeder was 'n suster van Napoleon Bonaparte en sy het raad gegee met die verfraaiing van haar seun se huis.

The one that got away noem die C.P.Nel Museum "The Towers", die "volstruispaleis" wat Gert Olivier in 1905 vir hom laat bou het, want dit is natuurlik in die middel 1960's gesloop. Wat 'n tragedie! Wat Pinehurst gekos het, kon ek nie opspoor nie, maar - weer eens volgens Sue van Waart - het The Towers, ontwerp deur die argitek Charles Bullock, 25 000 gekos. Amper R4 miljoen in vandag se geld!

Gelukkig het ander huise wat in die weeldetyd van die volstruisvere gebou is, ook behoue gebly en mag ons ons beywer vir die bewaring van elkeen wat nog staan!

To Top

VEREVERKOPERS - BYNA ALMAL VAN HULLE JODE

Hule bemarkingsvaardighede en hulle finansiele steun aan die boere en hulle wye belangstelling in die bedryf was van onskatbare waarde vir die volstruisveerbedryf.

Die Joodse immigrante wat na Oudtshoorn gekom het, was totaal onkundig omtrent volstruise en volstruisvere, maar met hulle inherente besigheidsin het hulle gou die moontlikhede van die volstruisveerbedryf besef en het hulle begin om 'n studie van volstruise en volstruisvere te maak.

Vir sommige was die verekopery 'n "side line" terwyl hulle die meeste van hulle tyd aan hulle besighede spandeer het, maar vir ander was dit hulle hoofbron van inkomste. Hulle het van plaas na plaas gereis en die vere opgekoop sodra dit gepluk was. Soms het hulle dit gekoop nog voordat dit gepluk was en vooruit daarvoor betaal! Hulle het sorteerkamers in die dorp gehad waar die vere in netjiese bossies opgemaak is, volgens grootte, kleur en kwaliteit.

So 'n bossie vere is 'n "parcel" genoem. Die meeste verekopers het klein begin, want hulle het nie bale kontant gehad om vir die vere te betaal nie, maar hulle besighede het gegroei en in die "boom" jare het hulle tot soveel as 5 000 - ongeveer R800 000 in vandag se geld - vir een boer se vere betaal!

Die naam van Max Rose is sinoniem met die volstruisbedryf en hy was seker die bekendste van die baie bekende Jode van Oudtshoorn.

To Top

MAX ROSE - DIE VOLSTRUISKONING VAN SUID-AFRIKA

Sy ouers het in Shavel (Rusland) in 'n ghetto gewoon en in 1890, toe Max amper sewentien jaar oud was, stuur hulle hom en sy vier jonger broers en drie jonger sussies na Suid-Afrika om 'n beter toekoms te begin.

Max vestig sy "gesin" op Ladismith en begin sy besigheidslewe as 'n smous wat van plaas tot plaas stap en negosieware vir volstruisvere ruil.

Hy maak kennis met Isaac Nurick, 'n mede-Jood, wat 'n winkeltjie te Zoar gehad het en begin saam met hom sake doen. Maar Max het visie en spoedig begin hy by die boere volstruise koop wat hy dan op die boer se plaas laat loop teen 'n geringe huur.

Sestien jaar nadat hy in S.A. gekom het, koop hy die plaas Weltevrede in die Ladismith distrik vir 18 000 en begin dadelik om verbeterings daarop aan te bring - meestal besproeiingskanale - ter waarde van 54 000. Hy was een van die heel eerste boere wat besproeiingsboerdery toegepas het.

Sewe jaar later verkoop hy die plaas aan 'n maatskappy vir 200 000! Ongeveer R32 miljoen in vandag se geld! (Jare later, na die val van die veremark, is die plaas vir 15 000 verkoop.)

Max het deeglik navorsing gedoen oor volstruisboerdery, die veremark, die buitelandse handel en hoe die hele volstruisbedryf inmekaar steek. Hy het menige reise onderneem en sy kennis van die verehandel het hy eerstehands opgedoen. Hy was koper, verkoper, vertroueling en vriend van byna elke volstruisboer.

Daar is losweg geraam dat die omset van sy verskillende besighede gedurende die weeldejare van die volstruisveerbedryf - in vandag se geld - R80 miljoen was.

Van Max het Tommy Gottgens, die eertydse internasionale hotelbaas en eienaar van die destydse Holiday Inn-groep, gesê: "The whitest Jew since the apostle Paul." Ander dinge wat oor hom gesê is, sluit die volgende in: Hy was 'n Boerejood in die edelste sin van die woord - Hans Calitz (gesiene boer van Calitzdorp) en ook: Max Rose was 'n dobbellaar wat sy broek op 'n perd sou verwed, maar sy hart was van goud, suiwer, onvervalste goud - Marcel Habib (verehandelaar).

Max se kennis van die volstruisbedryf is slegs oortref deur sy vrygewigheid. Omdat hy self so 'n onkreukbaar eerlike mens was, het hy sy besigheid bedryf asof almal met wie hy besigheid gedoen het, dit ook was.

My pa vertel dat Max aan menige boer geld geleen het sonder enige "papiere" ( sekuriteit of rekord van die transaksie, of ooreenkoms oor hoe die geld terugbetaal moes word) en dat hy elke sent daarvan teruggekry het. As daar iewers 'n behoefte was, in watter gemeenskap ook al, en hy het daarvan geweet en hy kon help, het hy dit gedoen.

Geld het vir hom in sy lewe geen betekenis gehad nie en almal in die Klein Karoo het dit geweet. Hy het nooit - soos so baie ander rykes - 'n paleis van 'n huis laat bou of weelderig gelewe nie. Hy het in 'n kamer in die Central Hotel gewoon - hy was nooit getroud nie - en het 'n eenvoudige lewe gelei.

Hy was 'n diabeet en moes versigtig eet. Hy het egter 'n liefde vir mooi perde wat hy gekoop en geteel het en waarmee hy aan die perderesies wat destyds 'n belangrike "social event" in Oudtshoorn was, deelgeneem het. Hy het ook 'n voorliefde vir dobbel. Miskien was dit waarom hy geld sonder sekuriteit uitgeleen het - miskien kry hy dit terug en miskien ook nie! Want dit is die beginsel waarop dobbel werk.

Toe die volstruismark in duie stort en ook hy uiteindelik onderdeur is, het hy 'n eed gesweer dat hy weer sou opstaan en die geruneerde boere saam met hom sou optel. Hy het dit gedoen deur die oorblyfsels van die volstruisveerbedryf - die lusern wat elke boer aangeplant het as kos vir die volstruise - te bemark op plekke waar dit skaars was en nie gekweek is nie. Hy het die lusern kontant by die boere gekoop en dit per trok oor die hele land versprei. Seppie Greeff, wat destyds vir die Spoorweë gewerk het, het my vertel hoe hy elke aand vir Max in sy hotelkamer besoek het om reëlings vir die trokke te tref.

Julle kan meer oor hierdie merkwaardige man - en sy twee ewe merkwaardige broers, Barney en Albert, in Sue van Waart se boek Paleise van die Pluime lees.

To Top

STANDARD BANK - EERSTE BANK IN OUDTSHOORN

Ons kyk nou na die vroeë geskiedenis van die Standard Bank in Oudtshoorn. Die Oudtshoorn-tak is op 17 Januarie 1876 geopen, dus 128 jaar gelede. Dit was die eerste bank op Oudtshoorn en - volgens Dr Boemkhe - is dit bedryf uit slegs een vertrek wat in die Devine Hall Building geleë was.

Die gebou met die naam Devine Hall was op die hoek van Kerkstraat en Hoogstraat geleë, waar Schoemans Radio vandag is. Binne vier jaar was dit nodig vir die bank om 'n groter perseel te bekom en in ongeveer 1880 skuif hulle na 'n woonhuis in Baron van Reedestraat wat aan Gert "Towers" Olivier behoort het. (Onthou julle nog dot die oorspronklike naam van hierdie straat Main Street en later Queen Street was?) Hierdie gebou was geleë waar Spur vandag is en daar het hulle tot 1889 gebly.

Dit is hier waar die destydse rekenmeester, Thurburn, met die medewete van die bankbestuurder - drie jong volstruise in die bank se eetkamer aangehou het! (Dit was in die eerste bloeitydperk van die volstruisveerbedryf "and everybody wanted to get in on the act.") Die inspekteur wat hierdie toedrag van sake tydens die heel eerste bankinspeksie in Mei 1877 ontdek het, was mnr Seymore en hy het gelas dat die voëls verwyder en die vloer skoongemaak moet word, maar in sy inspeksieverslag se hy dat hy "vermoed die voëls word nou snags in die spens aangehou, want dit het 'n grondvloer." Hy meld ook dat die praktyk onbillik teenoor die eienaar van die gebou is.

Mnr Seymore het nie 'n te hoë ding van die eerste bestuurer, Jan Willem Stuckeris Langerman - toe slegs 24 jaar oud - gehad nie, en hy sou heelwaarskynlik verbaas gewees het oor Langerman se sukses, want Mnr Langerman het gevorder tot Sir John Langerman, die mynmagnaat!

In 1889 skuif die bank weer, hierdie keer na die hoek van Baron van Reedestraat en Kerkstraat - daar waar Pam Golding geleë is tot waar Golden Scissors is.

Dit was 'n gebou wat aan P.R. Schoeman (Philip) behoort het, volgens Ferreira se uitstalling in die C.P. Nel museum.

Die foto wat by die ingang van die huidige Standard Bank-gebou hang met die onderskrif "Second Branch", is eintlik 'n foto van die derde perseel - waarheen hulle in 1897 getrek het - wat in die Ou Mutual gebou aan die suidekant van Kerkstraat geleë was. (Dit was 'n pragtige gebou en dit is 'n baie groot jammerte dat hy nie meer bestaan nie.)

Dit was 'n dubbelverdieping gebou en op die boonste vloer was 'n losieshuis en daar het dit soms so jolig gegaan dat die bankbestuurder gekla het dat hy en die kliente mekaar nie kon hoor nie!

Van daar af, in 1904, het die bank geskuif na die gebou waar hulle tans is. Die gebou is op 10 Mei 1904 amptelik geopen.

To Top

ONTSPANNING IN OUDTSHOORN

Ons kyk vandag na ontspanning in Oudtshoorn gedurende die vroeë jare. Anders as in die tegnologiese tydvak waar in ons vandag leef, was die inwoners van Oudtshoorn volkome op hulle eie inisiatief aangewys vir hulle vryetydsbesteding. Van vroeg af reeds is daar pogings tot formele ontspanning aangewend.

Reeds sedert die laat 1860's is daar verskeie pogings tot "intellectual amusements" aangewend, d.m.v. lesings, sang en musiek en later, debatsaande. Baie interessant is dit dat die "Temperance Society" 'n leidende rol hierin gespeel het. Hierdie vereniging is natuurlik in die lewe geroep om drankmisbruik teen te staan en hulle het dit probeer doen deur vermaak aan hulle lede te bied.

Hulle is reeds so vroeg as 1876 in die lewe geroep - deur Eerw Alfred Morris. Hulle het een maal per week vergader en musiekprogramme, voordragte, speletjies en 'n koffiekroeg aangebied. In 1885 het hulle 'n saal opgerig en daarmee 'n besondere bydrae tot die verenigingslewe op die dorp gelewer aangesien daar nou 'n geskikte vergaderplek vir binneshuise bedrywighede was.

Maar die skitter-geleentheid van die jaar was die jaarlikse perdewedrenne wat oor twee dae gestrek het en met 'n bal - in die hofsaal - afgesluit is. Dit is reeds so vroeg soos 1866 begin, was vir 'n tyd lank gestaak en is weer in 1873 hervat. Hierdie geleenthede - volgens Appel - was goed georganiseerd en aantreklik aangebied met verversingskraampies oral en het elke jaar in die herfs plaasgevind.

'n Verskeidenheid van wedrenne is aangebied met aanloklike geldpryse. Die twee wedrendae is as openbare vakansiedae benut en besoekers het van ver buite Oudtshoorn daarvoor gekom.

In die Oudtshoorn Courant van 1882 word as volg daaroor geskryf: "The town had a more lively appearance than usual, there was an extraordinary crush at the three hotels and music bands paraded the streets at night time." Ten minste by een geleentheid (1880) is daar tot die oggend 4hOO tydens die "race ball" gedans! Lekkerder as debat, vir seker!

To Top

WILLIAM DEAS - WAMAKERSFAMILIE

In die Oudtshoorn Courant van Augustus 1914 het ons afgekom op twee artikels geskryf deur William Deas - van die wamakerfamilie - waarin hy sy herinnering aan die Oudtshoorn van die vroeë jare gee.

Hy was agt jaar oud toe sy ouers in 1857 in Oudtshoorn kom woon het - nege jaar nadat die dorp ontstaan het. Sy ouers was James en Isabella Deas en het in 1853 (saam met hulle ouers - dus William se oupa en ouma - ) uit Skotland na S.A. gekom. James en Isabella Deas het eers 'n paar jaar in George gewoon en in 1857 na Oudtshoorn verhuis. Hier het hy 'n algemene handelaarsbesigheid begin.

William skryf dat daar slegs ongeveer 30 huise was, sommige waarvan baie primitief was. Hy onthou veral die baie vrugtebome - lemoene, nartjies en wingerde - wat orals in die dorp te sien was en die digte natuurlike plantegroei wat teen die hange van die heuwels en rondom die rivier aangetref is: gwarrie, wildepruim, doringbome, vaderlands rooihout, bloubos, karee, spekhout en wilgers.

In 1857 was daar drie Algemene Handelaars in Oudtshoorn:

  • Mnr Eager het 'n winkel by die samekoms van Hoogstraat en Langenhovenweg (op die destydse "eiland"), gehad.
  • Mnr Helm het 'n winkel op die hoek van Baron van Reedestraat en Van der Rietstraat gehad - waar die Oudtshoorn Inn vandag is - daardie hoek is dan ook Helm's Corner genoem
  • Mnr Gert Viviens het 'n winkel in Baron van Reedestraat gehad - oorkant waar Mnr Hadfield in 1914 gewoon het.

Daar was een apteker, Mnr Siemann, aan die bo-punt van Baron van Reedestraat en een slaghuis, daar waar die ou biblioteek in Baron van Reedestraat was (vandag deel van Tuishuis).

Mnr George Pook was die slagter. Daar was geen bakkerye nie, want daar was geen aanvraag vir winkelbrood nie. Elke huisgesin het hulle eie brood gebak. In Kerkstraat, skuins oorkant die huidige poskantoor, was die enigste kantien in die dorp.

Die poskantoor - in daardie jare - was geleë in 'n huis oorkant die ou gevangenis in Baron van Reedestraat. Die poskantoor het bestaan uit 'n enkele vertrek met 'n deur aan die een kant en 'n venster aan die straat se kant waardeur die inwoners hulle pos ontvang het. Mnr Michiel Scholtz was die Posmeester.

William Deas net homself as 'n grofsmid bekwaam deur die ambag by Alexander Young, wat 'n smidswinkel en 'n wamakery gehad net, te leer. Saam met sy broer, James Robert, begin William in 1875 sy eie wamakery. Hulle perseel was daar waar die Xenia kafee en Jack Klass se kantoor vandag is, tot onder teen die rivier. Benewens waens en perdekarre het hulle ook tuie gemaak en stoffeerwerk en skrynwerk gedoen. Hulle werk was van hoogstaande gehalte en hulle het pryse op landbouskoue reg oor die destydse Kaapprovinsie gewen. "The best cart builders in the country" noem ene mnr H. Terblanche van Brandfort in die Vrystaat hulle. Oudtshoorn was destyds 'n belangrike sentrum vir die bou van waens, perdekarre en koetse en hier was op een stadium 9 wamakersbesighede in Oudtshoom gevestig.

To Top

WILLIAM DEAS SE WEERGAWE VAN OUDTSHOORN

William Deas skryf verder in sy herinneringe oor die eerste twee magistrate en hulle take, baie waarvan vandag onder die Munisipaliteit en die Burgemeester resorteer.

Die eerste magistraat, soos ons al gesien het, was Kapt. Armstrong, 'n Brit wat nie te goed met die "Dutch-speaking" deel van die dorp oor die weg gekom het nie. Die tweede magistraat, Mnr Scholtz, was 'n baie meer populêre man wat die boere op hulle plase besoek het en dieselfde taal as hulle gepraat het.

Volgens William Deas het hy geweet hoe om te onthaal, het genoegsame fondse gehad en was baie gou, naas die predikant, die gewildste man in die dorp.

Hy was egter nie so gewild by die "law-agents" - die prokureurs van daardie dae nie. Deas sê dat die meeste van hulle nie veel van die wet geweet het nie en wanneer hulle vir een of ander saak in die hof voor Scholtz moes verskyn, hy kort met hulle gemaak het.

Die ander persoon oor wie Deas in besonderhede skryf, was Dr Thomas O'Hare, die eerste dokter in Oudtshoorn. In 1857 was hy pas aangestel as distriks-geneesheer en vir 'n lang tyd was hy die enigste dokter in Oudtshoorn.

Tog het hy aanvanklik finansiëel swaargekry, meestal omdat die mense van Oudtshoorn en die distrik so 'n moderne ding soos 'n dokter nie vertrou het nie. Hulle het maar nog steeds van die middels in die huisapteek gebruik gemaak en eerder raad by die vrouens van die omgewing gesoek as by die "new-fangled nonsense" van 'n dokter.

Maar ook was geld - en veral kontantgeld - skaars en baie van hulle kon nie die dokter betaal vir sy dienste nie en O'Hare is dikwels - toe hulle hom wel later begin raadpleeg het - "betaal" met 'n paar sakke meel of 'n vrag pampoene.

Deas skryf ook dat die toestand van die strate baie swak was - veral wat vandag Hoogstraat is - veral vanaf Gully Corner tot by "the Busy Corner". Gully was 'n tuiemaker wat 'n plek iewers in Hoogstraat gehad het (ons weet nog nie waar nie) en "the Busy Corner" was vermoedelik waar Watson & Brink vandag is, volgens Alta le Roux. Deas sê die straat - hy noem dit 'n "track", want hy sê jy kan dit nie 'n straat of 'n pad noem nie - was vol slote wat voorheen die water na die wingerde geneem het - toe Oudtshoorn nog 'n picas was.

Hy sê daardie slote is nooit toegegooi of opgevul nie. (Onthou, Oudtshoorn het eers in 1863, d.w.s 6 jaar later, 'n munisipaliteit gekry!)

To Top

MONTAGUEHUIS

Montaguehuis - geleë in Baron van Reedestraat, regoor die Queens Hotel. Montaguehuis is gebou deur Maurice Lipscitz, wat in die 1880 as 'n jong man na S.A. gekom het. Hy het, soos byna al die ander Jode, as 'n loper-Jood, d.w.s. 'n smous wat van plaas tot plaas geloop het en volstruisvere gekoop of geruil het, begin.

Baie gou was hy in 'n posisie om grond te koop en te begin boer en uiteindelik het hy 37 plase gehad.

In die middel 1890's laat hy Montaguehuis bou, vernoem na sy oudste seun. Die argitek was Wiener, wie se werk veral in die Transvaal bekendheid verwerf het. Die huis is van plaaslike sandsteen gebou, maar alle ander materiaal wat in die huis gebruik is, is ingevoer: marmer vloerteels, marmer kaggels met handgeskilderde Italiaanse keramiekteels, mahonie- en kiaathout vir muurpanele, ryklik versierde staalplafonne, kandelare van kristalglas en gebrandskilderde vensters.

Die huis was baie groot, want Maurice en Leah (Velensky) het 10 kinders gehad. In die enorme spens was 'n trap wat na die wynkelder gelei het. Volgens Sue van Waart was Maurice se versameling wyne wêreldbekend.

Die marmerbad was die grootste bad op daardie stadium in S.A. en kon 1 600 liter water hou en jy het met marmertrappe in die bad ingestap.

Montaguehuis was 'n bymekaarkomplek vir die kultuurmense van Oudtshoorn. Die huis het 'n teater/balsaal gehad wat 100 mense kon huisves, kompleet met verhoog. Een maal 'n maand is 'n "soiree" -musiek- en letterkundeaand - vir die dames van die dorp aangebied. Die waenhuis kon twee koetse huisves en in die stalle was plek vir 8 perde!

To Top

EERSTE MAGISTRAAT EN MAGISTRAATSKANTOOR

Die eerste Magistraat van Oudtshoorn, Kol. Armstrong, het 'n perseel van L. Raubenheimer as polisie kantoor, magistraatskantoor en woonhuis gehuur. Sy opvolger, C.F. Scholtz, het 'n groot gesin gehad - 11 kinders - en het die huis van Raubenheimer gekoop in 1858. Volgens Dr Boemkhe was dit geleë waar Noeick's Buildings in later jare (1940's) geleë was, m.a.w. op die noord-oostelike hoek van Voortrekkerweg en Hoogstraat - vandag 'n oop stuk grond. (Dankie Seppie vir die identifisering van Noeick's Buildings!)

Weer eens volgens Boemkhe was die eerste tronk aan die oorkant van Scholtz se huis geleë, maar moontlik op dieselfde perseel. Na Scholtz se dood het sy erfgename die huis aan die Kaapse regering verhuur en is dit tot 1882 as residensie gebruik.

In 1889 woon Magistraat J.F. Webb egter in die huis op die noord-westelike hoek van die huidige Baron van Reedestraat en van der Rietstraat, wat voorheen die pastorie van Ds van der Riet was.

In 1890 verskuif die Magistraatskantoor na die noord-westelike hoek van Kerkstraat en Hoogstraat. Op daardie erf was 'n groot dubbelverdieping huis geleë wat deur C.P. Rademeyer se skoonseun (stiefskoonseun), en een van sy erfgename, Gideon Scheepers gebou is. Scheepers het die groot huis in 1879 verkoop, waarskynlik - volgens Dr Boemkhe - aan Gert Olivier, wat dit dan in 1890 aan die Regering verkoop het.

Die Hofsaal was in die gebou net langsaan, in Kerkstraat, geleë wat voorheen R.W. Hall se winkel was. Die polisiekantoor was in die agterplaas van die Hof geleë, "in a little building with a thatched roof" - vlgs Boemkhe.

To Top

NATUUR RAMPE

Oor die natuur en wel oor droogte en vloede. Die ergste droogte wat Oudtshoorn ooit beleef het, was in 1865-1866 toe daar vir 16 maande nie 'n druppel reën geval het nie. Vir nog 3 jaar daarna het daar bitter min reën geval en die droogte het voortgeduur.

Verskeie mense sê Dr Boehmkhe, het van honger omgekom en mense het bossies en blare gekook om net iets te hê om te eet.

Mnr George Edmeades het in daardie tyd gratis kos verskaf aan baie mense wat honger gely het. Ander besigheidsmense het ook hulp verskaf. Miskien was die hoof rede waarom mense so swaargekry het tydens hierdie droogte, die feit dat daar nog geen spoorverbinding met die buitewêreld was wat kos en ander hulp na Oudtshoorn kon bring nie.

Waens kon ook nie hiervoor gebruik word nie, omdat daar nie kos en water vir die trekdiere langs die pad was nie, so wydversprei was die droogte.

Die vloed wat die droogte finaal gebreek het in 1869, het baie skade aangerig en heelwat mense het verdrink. Hierdie vloed het die aansig van die Grobbelaarsrivier totaal verander.

Voor die vloed het daar baie bome op die walle van die rivier gegroei het, asook baie riete en bosse. Die rivier was smal en op verskeie plekke was daar diep, beskutte poele waar watervoëls en otters gehou het. Hierdie poele was ook ideale swemplekke.

Die vloed het die bome ontwortel en byna al die plantegroei meegesleur sodat die rivierbed kaal, klipperig, soms sanderig, en tussen 50 en 75 meter breed gelaat was.

Dit het tot gevolg gehad dat die water in later jare baie vinniger verdamp het, omdat dit meer aan die son blootgestel was. Dieselfde het met ander riviere in die distrik gebeur.

To Top

EERSTE AFDELINGSRAAD

Die Afdelingsraad van Oudtshoorn, wat in 1858 gestig is, d.w.s. 146 jaar gelede. Voordat Afdelingsrade deur wetgewing in die lewe geroep is, was daar "Road Boards" gewees.

Oudtshoorn het onder George se "Road Board" geval en die boere moes belasting aan genoemde "Board" betaal, maar het gevoel dat hulle baie sleg behandel word wanneer dit by die instandhouding van paaie kom.

In die verslag van 1852 word gemeld dot verskeie ossewaens by driwwe omgeval en gebreek net en trekosse verongeluk het, a.g.v. die swak toestand van die driwwe.

Vyf jaar later vra die boere van Schoemanspoort om van belasting vrygestei te word en dat hulle dan self die paaie sal regmaak. Hierdie versoek is nie toegestaan nie.

Die eerste vergadering van Oudtshoorn se Afdelingsraad het op 23 Junie 1858 vergader. Hulle net 'n ontsaglike taak gehad:

  • hulle moes plase toeken
  • grenslyne vasstel
  • plase waardeer
  • belasting vasstel en invorder
  • paaie herstel

Op die eerste vergadering moes hulle ook aandag gee aan die klagtes wat ontvang is oor die toestand van die driwwe en waterslote op plase wat in so 'n toestand was "that they proved dangerous to life and property." Sodra die belastinggeld begin inkom net, is aandag aan hierdie sake gegee.

In 1889 besluit die raad on hondebelasting te hef teen 2/6 (25c) per hond. In 1883 en 1890 hanteer die Rod bale klagtes oor swak paaie, slote en dooie diere wat langs die paaie gelaat word. Teen 1892 het die boere hulle plase begin toekamp en die Raad het padwydtes vasgestel. Hekke is oor die paaie aangebring.

In 1899, toe die motorkar aan die kom was, vra die firma A. & G. Reid vir toestemming om "traction engines" op die paaie te gebruik. Die Raad weier die versoek en sê: "They will be a public nuisance and danger."

Bron: Voorsittersverslag gelewer by die 100-jarige viering van die Afdelingsraad.

Reeds so vroeg as 1908 beveel die Raad by die Kaapse Afdelingsraad en by die Parlementslid vir Oudtshoorn aan, dat daar 'n spoedbeperking vir motors - wat nog maar steeds skaars is - ingestel moet word.

Die voorkeur word nog steeds aan waens en perdekarre gegee, want in 1909 besluit die Raad dat wanneer 'n wadrywer of iemand op 'n perdekar, sy hand opsteek, motors dadelik moes stop. Dit het ook gegeld vir persone wat beeste of volstruise aangejaag het, wat motors kon laat stop het deur die hand op te steek.

In 1909 bepaal die Raad ook dat die spoed van motors in bergpasse, nie meer as 4 myl per uur mag wees nie (net minder as 8 km per uur!) en dat die toeter op elke draai geblaas moes word. Wanneer 'n motor van agter by 'n ander motor wou verbygaan, moes die toeter reeds 100m van die eerste voertuig af aanhoudend geblaas word.

In 1911 bepaal die Raad dat motors by die Raad se kantoor geregistreer moes word en 'n nommerplaat aan moes kry. Aan elke voertuig moes 'n toeter, klok of ander instrument wees waarmee om die draaie geraas gemaak kon word. Die Raad moes die motorlisensiegeld kry vir die instandhouding van die paaie. Daar moes ook gevaartekens opgerig word. Nog 'n bepaling van 1911 was dat 'n span donkies leisels moes aanhê of 'n touleier moes hê.

In 1914 word besluit dat winkeleienaars van plaaswinkels wat voor of na vasgestelde winkelure sake doen, vervolg sou word.

Bron: Voorsittersverslag gelewer tydens die 100-jarige viering van die Afdelingsraad.

Daar is soms eise teen die Afdelingsraad ingestel vir perdekarre, waens en later motors wat weens swak paaie beskadig is. Verskeie eise moes uitbetaal word, maar die raad het soms 'n uitweg gesoek om betaling vry te spring.

Toe 'n sekere Dr Ackerman £lOO eis vir sy motor wat op 'n slegte pad gebreek het, besluit die Raad as volg: Wanneer 'n motor breek op 'n pad wat goed genoeg is vir karre en waens, word die eis nie erken nie, aangesien daar nie motors was toe die paaie oorspronklik gebou is nie! Ongelukkig meld die verslag nie watter jaar dit was en of die dokter toe maar tevrede was met die Road se beslissing nie.

In 1928 moes die Raad meer as £3 177 aan Soldblatt & Braer betaal vir 'n hofsaak wat hulle gemaak het oor hulle motor wat in 'n gat geval het. Nogal baie geld as 'n mens in aanmerking neem dat die Raad net die volgende jaar £217 vir hulle eerste vragmotor betaal het!

In 1882 het Oudtshoorn se Afdelingsraad die brug oorgeneem wat die Staat oor die Olifantsrivier te Steyldrif laat bou het. Die brug moes 'n naam kry en twee name word voorgestel: Robinsonbrug, na die siviele ingenieur wat betrokke was by die bou van die Robinsonpas tussen Mosselbaai en Oudtshoorn, en Victoria Bridge, na koningin Victoria van Engeland. Op 24 Mei 1883 word die Victoria Bridge amptelik geopen. Die dag word as Publieke Vakansiedag verklaar en talle hoogwaardigheidsbekleers woon die plegtigheid by.

Maar twee jaar later, in Mei 1885 word die brug weggespoel deur die vloedwaters van die Olifantsrivier. Een van die pilare van die brug (sandsteen) is nog te sien op die suid-westelike ower van die rivier met albei die datums daarop aangebring.

Let tog op daarna as u weer oor die nuwe brug, wat in 1958 voltooi is, ry.

Bron: Voorsittersverslag gelewer tydens die 100-jarige viering van die Afdelingsraad.

To Top

C.J. LANGENHOVEN

Ds P.J. Viljoen, predikant op Oudtshoorn van 1913 tot 1929, het natuurlik vir Langenhoven persoonlik geken en skryf as volg oor hom: "Hy het geimponeer deur sy beheerste taal, sy logiese redenering, sy diepsinnige gedagtegang en die skitterende sprankeling van sy gees". Maar dit was nie maklik om hom aan die praat te kry nie. Die atmosfeer moes simpatiek en die geeste verwant wees voordat hy sou praat. Sy sterk persoonlikheid, sy eie manier van dinge sien en doen, sy wrewel aan alle uiterlike gesag wat mense aan hom wou opdwing, sy aangebore oorspronklikheid, sy kunstenaarstemperament en sy skitterende genie het 'n vriendskap met hom moeilik gemaak.

Hy het altyd op die toppunt van sy kragte gelewe, liggaamlik sowel as geestelik. Sy brein het gedurig teen die hoogste tempo gewerk en het hom soos 'n tiran gedryf. Sy gees moes uiting vind vir wat in hom gewoel, gebruis, gekook het. Ek het meermale gesien dat hy in die straat tot stilstand kom, in sy sakke begin soek vir 'n stukkie papier en oorstap na die naaste muur om daarteen te gaan skrywe, onbewus van wat rondom hom gebeur en van nuuskierige oë op hom gevestig.

Hy het nooit maklik met mense saamgewerk nie. Twee van sy toneelstukke, Die Hoop van Suid-Afrika en Die Vrou van Suid-Afrika is meer as een keer onder sy leiding op Oudtshoorn opgevoer en dit was altyd 'n gestoei tussen hom en die spelers. Een keer het hy aan my gevra: "Dominee, het jy al daaraan gedink dat ons vir die opvoering 'n voorseer gaan nodig hê?" "Ek het daaraan gedink en is van plan om dit maar self te doen." was my antwoord.

"Nee, Dominee" het hy dadelik geantwoord, "jy weet nie hoe kwaad die spelers 'n mens kan maak nie, en jy sal net 'n belemmering op my uitdrukkingsvermoë wees!"

Reeds tydens sy lewe was dit bekend dat Langenhoven nie net 'n strawwe roker was nie, maar ook heelwat alkohol kon gebruik. Die omvang hiervan was egter nie algemeen bekend nie. Hy het Limosin brandewyn gedrink en was nie 'n sosiaie drinker nie.

Hy het maande lank sonder drank klaargekom en dan skielik weke lank aan die drink gegaan. In Julie 1923 het hy, as 'n "desperate redmiddel" om die kwaal te bekamp, sy drank "self deur die magistraat laat stop". Wat hy gedoen het, was om kragtens artikel 93 van die Drankwet, homself tot dronkaard te laat verklaar sodat alle drankwinkels in die distrik Oudtshoorn verbied is om enige alkoholiese drank aan hom te verkoop.

Waarskynlik was die verbod slegs 'n maand lank geldig, want teen Augustus het hy weer aan die versoeking toegegee. En so het dit aangegaan. In 1927 het Vroutjie hom weer sover gekry om die verbod op drankverkope aan hom, weer te laat instel. Hierdie keer dring Vroutjie aan op 'n tydperk van ses maande. In daardie selfde jaar skryf sy: "Dis al 30 jaar van ek met die stryd begin het. Elke keer is die moeilikheid om hom weer normaal te kry swaarder."

'n Tyd lank het dit goed gegaan, maar in Mei 1929 is hy weer deur die Magistraat op die swartlys geplaas. En so het die periodes van hewige drankmisbruik tot sy dood in 1932 aangegaan.

Hy het met alle mag teen die euwel probeer stry, maar klaarblyklik was hy, selfs met die hulp van familielede en vriende, nie by magte om van die verslawing los te kom nie.

Deur die jare sê ongesonde leef- en werkpatroon het hy sy gesondheid vernietig. Toe hy op 15 Julie 1932 op die leeftyd van byna 59 jaar te sterwe kom, was hy 'n ou man met 'n verwoeste liggaam. Maar deur dit alles heen was sy brein vlymskerp, soos uit hierdie staaltjie blyk: Op 'n keer het die predikant hom in 'n beskonke toestand in die straat aangetref. "Ai Kerneels, as jy maar net die drank kon los, kon al hierdie huise in die straat joune gewees het," het die predikant gesê. "Dominee," het Langenhoven geantwoord, "is hulle joune?"

To Top

TABAKBEDRYF

Tabakbedryf in Oudtshoorn Reeds aan die einde van die 1850's was die tabakbedryf oor groot dele van die distrik gevestig en teen 1865 was Oudtshoorn ongetwyfeld die grootste tabakprodusent van die Kaapkoionie. (Worcester was die tweede grootste met 87 000 kg, maar ver agter by die 500 000 kg wat Oudtshoorn geproduseer net.)

Tabak was 'n beiangrike kontantgewas en het 'n belangrike rol in die ontwikkeiende markekonomie van Oudtshoorn gespeel.

Tabak was een van die belangrikste produkte wat die togwaens na die binnelandse markte geneem is. In die George Advertiser van 3 Mei 1866 word daar deur die Oudtshoorn korrespondent berig dat daar op een dag, 26 April 1866, vyftien togwaens - almal geiaai met brandewyn, tabak en droë vrugte, benewens ander huishoudelike produkte - deur Oudtshoorn op pad na die Vrystaat beweeg het. Daar is ook van skeepvaartgeriewe vir die vervoer van tabak gebruik gemaak en baie Oudtshoornse tabak is deur die hawe van Mosselbaai verskeep.

Teen 1875 het die tabakproduksie meer as verdubbel, alhoewel daar proleme soos genoegsame besproeiing en die doeltreffende verwerking van die tabakblaar was. Vier jaar later (1879) is daar begin om die tabak op Oudtshoorn of in die distrik te verwerk toe daar in ampteiike opgawes melding gemaak is van 'n tabakfabriek in Oudtshoorn wat twee werknemers gehad het. Wie die leiding in hierdie verwerkingspoging geneem het en wat die aard daarvan was, kan nie duidelik vasgestel word nie.

Volgens die Oudtshoorn Courant het Alfred Pocock in 1885 sy eerste tabakfabriek begin. In Die Goue Blaar gee W.R. Kolver die datum as 1882 aan, maar dokumentêre bewyse vir daardie datum ontbreek. Daar is min bekend oor die pionierswerk van Alfred Pocock, maar blykbaar is die Kango Tabakmaatskappy in 1885 op sy inisiatief en onder sy leiding gestig.

Vier jaar later het hulle reeds tussen 25 en 30 werknemers gehad. Hulle het ook reeds voor Junie 1888 daarin geslaag om 'n goeie rookbare tabak van plaaslik blare te maak.

Hulle het ook sigare gemaak, maar vir die keurigste soort is nog steeds van ingevoerde dekblare gebruik gemaak.

Bron: A. Appel

Dwarsdeur die 1880's was 'n doeltreffende droog- en gistingsproses die een groot struikelblok vir die Oudtshoorn tabakboere. Die gebruik van loog in hierdie proses het blykbaar 'n nadelige reaksie op die eindproduk gehad, sodat Oudtshoorn tabak mettertyd 'n ongunstige reputasie opgebou het. Veel is gedoen om dit teen te werk. So het Prince Vincent en Kie van Mosselbaai 'n monster Oudtshoornse blaartabak na Londen gestuur. Die verslag daaroor was heel positief. In 1886 is produkmonsters van 14 Oudtshoorn plase gestuur om aan die Koloniale en Indiese Tentoonstelling in Londen deel te neem, Dit is onbekend hoe hierdie monsters gevaar het, maar alleen die feit dat hulle produkte by so 'n geleentheid aanvaar is, moes vir die betrokke boere 'n aanmoediging gewees het. Maar gebrekkige voorbereiding was nog die grootste struikelblok op die pad na 'n aanvaarbare uitvoerartikel.

Een van die boere wat besondere inisiatief met betrekking tot die verbetering van die tabakkuituur in die distrik aan die dag gele het, was S, J. van Wyk van Vergelegen. Met die Kaapstadse tentoonstelling van 1888 het die Kongo Tabakmaatskappy sigare vertoon waarvoor hulle 'n silwermedalje ontvang het.

In Mei 1885 het die Kaapse parlement besluit om 'n buitelandse tabakdeskundige in diens te neem met die opdrag om aan die koloniale boere voorligting oor die produksie van blaartabak te gee. Dit het uiteindelik gelei tot die stigting van 'n soort van 'n "tabakproefplaas". Die presiese ligging hiervan is nie bekend nie, maar dit was "iewers langs die Wynandsrivier op grond wat blykbaar aan G.C. Olivier behoort het". In November 1887 het die Oudtshoorn Courant geskryf dat daar 'n merkbare verbetering in die gehalte van Oudtshoorn tabak ingetree het. Talle boere het begin om die omstrede loog in die voorbereidingsproses uit te skakel. Hoe dit ook al sy, die eksperiment met die "proefplaas" is in Mei 1891 gestaak.

Bron: A. Appel

To Top

CANGO GROTTE

Iets oor Oudtshoorn se beroemde grotte vandag. Die bron is weer eens Dr Boemkhe, Hy skryf, in 1947, die volgende:
Die grotte is in 1780 ontdek deur Klaas, 'n slaaf wat aan 'n boer, ene Van Zyl behoort het. Van Zyl het Klaas gestuur om beeste wat op sy plaas "Kombuis" weggeraak het, te gaan soek en in sy soektog het hy op 'n groot opening in die berg afgekom. Blykbaar het Van Zyl aanvanklik nie veel belang gestel in hierdie ontdekking nie, maar Barend Oppel, 'n gewese matroos wat as onderwyser vir van Zyl se kinders by hom in diens was, het baie hierin belang gestel en hy het Klaas gevra om hom te gaan wys waar die grot was, Ook Van Zyl het later begin belangstel en hy, Oppel, Klaas en nog sewe ander slawe het die grot besoek om verdere ondersoek in te stel. Van Zyl is met rieme laat sak en het hom in 'n reuse saal, later genoem die Van Zylsaal, gevind.

Toe die plaas "Kombuis" in 1820 aan Van der Westhuizen verkoop is, is die grotte en toegang tot die ingang, deur die regering uitgehou, want die plaas was kroongrond en Van Zyl het dit slegs gehuur, soos al die ander boere van daardie tyd. Die grotte, of drupkelder soos dit ook genoem is, is onder beheer van die Veldkornet vir die wyk Kango, geplaas, wat 'n fooi van 10 riksdaalders - ongeveer R4,50 in vandag se geld as 'n riksdaalder 4/6 werd was, so nie Rl,50 as die riksdaalder slegs 1/6 werd was - gevra het om 'n groep deur die grotte te neem, Hierdie geld was syne - betaling vir sy dienste. (Ek weet nie presies wanneer die waarde van die riksdaalder verminder het nie.)

In 1891 is 'n hek by die ingang van die grot aangebring en Mnr Herman van der Veen is as opsigter aangestel. Hy het 'n amptelike gids, John van Wassenaer, aangestel. Die toegangsfooi is vasgestel op 5/- (50c) per enkelpersoon of 1/- (lOc) per persoon indien daar 5 of meer persone in 'n groep was en die geld is tussen Van der Veen en Wassenaer verdeel.

Uitstappies - veral deur die jong mense - per wa of per perd na die Kangogrot was baie gewild in die vroeë jare van Oudtshoorn se bestaan en daar bestaan baie beskrywings van sulke uitstappies wat as nuusbrokkies in die Oudtshoorn Courant opgeteken is.

To Top

Source: Ronnie van Rensburg


  Article Date: 19 July 2006

Google

WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Culture pageTo Top

Did You Know ?

Whale watching starts in late winter through summer, but dolphins and seals can be seen all year round.

Book Online
Route 62
Klein Karoo Weddings
Hlangana Lodge
Three times AA award winning Guest House
Affordable Self Catering Accommodation
Surval Boutique Olive Estate
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Lugro Ostrich Leather Products
Karoo Palet
Local Flora
Succulent Karoo species
Lugro Ostrich Leather Products - Exclusively Handmade
Copyright © 2014  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •