AMANDA STRYDOM, Diva in die Klein Karoo, begelei deur Janine Neethling tree Saterdag 23 Oktober op in die JAMSTREET AMFI net buite Oudtshoorn. Die Jamstreet Amfi is die mees uitsonderlike venue in die Klein Karoo. Waar is daar nou 'n mooier prentjie as twee van Suid-Afrika se geliefde en talentvolle kunstenaars op 'n verhoog met volstruise en die Swartberge in die agtergrond en die maan wat soos 'n ryp vrug bo die verhoog hang? HOENDERVLEIS-LEKKER!
Kaartjies sal vanaf September beskikbaar wees by Computicket @ R120.00 per persoon.
Navrae: Danie du Plessis
082 5100 516
danie@jamstreet.co.za
|