 |
|
 |
 |
|
|
|
|
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
|
| Argief - Archives |
| Oudtshoorn lok ANC |
Die adjunk-president van Suid-Afrika, mnr Kgalema Motlanthe, het Oudtshoorn Saterdag besoek vir die Wes-Kaapse been van die ANC se 100 jaar-vieringe. Hier is Motlanthe op die Bridgton Sportgronde waar die verrigtinge plaasgevind het. Links van hom is Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, mnr Gordon April. Groter Foto
|
 |
| Tas vol dagga |
TWEE tienermeisies van onderskeidelik 15 en 18, wat met 'n tas vol dagga betrap is, is Vrydagaand op De Rust deur die Polisie in hegtenis geneem.
Volgens kapt Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het lede van die polisie se blitspatrollie en die uniformtak van De Rust 'n passasiersbus in Schoemanstraat deurgesoek. Die bus was op pad na George toe dit voorgekeer is.
Hulle het tydens die deursoeking op die tas met altesame 11,8 kg dagga daarin afgekom.
"Dit het ... Volledige Artikel |
 |
| OBB wil inwoners laat saampraat |
DIE Oudtshoorn Burgerlike Beweging (OBB) is uniek omdat dit werklik die beweging se erns is om soveel moontlik inwoners van die Groter Oudtshoorn, ongeag ras of kleur, te betrek om sy oogmerke van versoening, geregtigheid en stabiliteit te bereik.
Só sê mnr Pietie Mooney, woordvoerder vir die OBB.
Om dié rede het die OBB besluit om voor sy stigtingsvergadering op Sondag 19 Februarie om 15:00 by die Aurial Kollege in Springbokweg, Bridgton, ook 'n inlig ... Volledige Artikel |
 |
| Beheer verloor |
Oeps! Dié Huyandai Tuscan, wat Saterdag op Oudtshoorn was vir die provinsiale 100 jaarvieringe van die ANC, het kort ná 16:00 van die parkeerterrein van die nuwe Pearl of Oudtshoorn op die sypaadjie beland. Volgens sers Gretchen Michaels van die Oudtshoorn Polisie het die bestuurder gesê hy het beheer oor die voertuig verloor toe hy dit wou parkeer. Niemand is beseer nie en die Polisie ondersoek volgens Michaels geen klag nie. Groter Foto
|
 |
| Hoës praat by ANC-vieringe |
"DIE ANC gaan nie oorleef as hy die uitdagings wat gemeenskappe in die gesig staar, ignoreer nie. Ons kan nie op die verlede roem nie en die regering doen te min om armoede te verlig."
So het adj-pres Kgalema Motlanthe Saterdagmiddag op die Bridgton Sportgronde aan die honderde ondersteuners van die ANC gesê wat van regoor die Wes-Kaap gekom het om die ANC se 100 jaar-vieringe by te woon.
Motlanthe het gesê mense moet toegelaat word om hulself te organiseer en ... Volledige Artikel |
 |
| Oudtshoorn-seun nuwe SBA-hoof |
MNR Danie van Wyk (58), boorling van Oudtshoorn, is die nuwe uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA).
Hy volg mnr Christo van der Rheede op wat aangestel is as nuwe hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI).
Van Wyk, wat aan die Hoërskool Môrester gematrikuleer het, het 'n BA-graad in tale aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf.
Hy het ook 'n honneursgraad in arbeidsreg aan die Universiteit van Kaapstad verwerf en i ... Volledige Artikel |
 |
| My Father's Home groei |
OP 'n Donderdagoggend op die plein langs die NG Moederkerk in Kerkstraat sit 'n paar groepe mense in afwagting naby 'n groot skeepshouer wat einde November daarheen gebring is. Donderdae is die organisasie My Father's Home se sopkombuisdag.
Swaarkry is duidelik op die mense se gesigte te sien.
"Ons wil vir hierdie mense, wat almal werkloos en meestal haweloos is, iets meer bied en hoop vir die toekoms gee," sê mnr Boto Ganzevoort, een van die komiteelede en ... Volledige Artikel |
 |
| Top DJ by vanjaar se RFL |
KANSA se Relay for Life (RFL) 2012 is weer amper hier!
Saterdagaand gaan die De Jager Sportstadion op Oudtshoorn wemel van energieke jong- en ouer mense wat hierdie wonderlike saak ondersteun.
Paul Amas, 'n bekende in musiekkringe en inwoner van Oudtshoorn, gaan vanjaar as seremoniemeester by RFL optree. Hy is baie opgewonde oor dié vooruitsig.
"Ek kan nie meer wag nie. Die ding gaan ruk," sê hy.
Amas is ook betrokke by die aand se vermaak, en di ... Volledige Artikel |
 |
| 130 skryf in vir toneelkompetisie |
EENHONDERD EN DERTIG inskrywings is ontvang vir die Swartberg Tienertoneelkompetisie waarvan die wenner tydens vanjaar se Absa KKNK aangewys gaan word.
Die kompetisie het Dinsdag gesluit en die kinders wat ingeskryf het, sal almal volgende week die geleentheid kry om 'n oudisie te doen.
Leerders van Bridgton Senior Sekondêr, Aurial Kollege, Fizikele Sekondêr en Hoërskool Môrester se oudisies is Maandag en Dinsdag (6 en 7 Februarie) by Aurial Kolleg ... Volledige Artikel |
 |
| Hande, tyd en hulpbronne nodig |
AS 'n jong opkomende kunstenaar besluit om onbepaald op Oudtshoorn te kom woon is daar beslis iets aan die broei.
Lia Smit, wenner van die Huisgenoot/Tempo se liedjieskryfkompetisie, het onlangs besluit om Oudtshoorn haar tuiste te maak.
Sy en mnr Sebastian Burger van die Surval Boutique Olive Estate gaan voortaan die beskermhere van die Handevatfonds, 'n nie-winsgewende liefdadigheidsorganisasie, wees.
Die fonds het ten doel om plaasgemeenskappe by te staan en om veral ... Volledige Artikel |
 |
| De Krans vir KKNK |
DE KRANS WYNE in Calitzdorp is pas aangewys as die amptelike wynverskaffer by vanjaar se Absa KKNK. De Krans se wyne sal eksklusief beskikbaar wees by al die feeskroeë, onder meer by die Huisgenoot Dagverhoog, die Top 40-verhoog, die Huisgenoot Aandverhoog en in Club Al Capone.
Volgens die wynmaker-broers Boets en Stroebel Nel is hulle baie opgewonde daaroor dat 'n wynkelder uit die Klein Karoo vanjaar die skinkregte verkry het. Hulle is vol vertroue dat besoekers aan die fees v ... Volledige Artikel |
 |
| Pearl open amptelik |
Die adjunk-minister van toerisme, me Tokozile Xasa, het Saterdagaand die opening van die Pearl of Oudtshoorn, nuwe hotel op die dorp, waargeneem. Die Pearl-hotelgroep het dié hotel op 1 Desember oorgeneem nadat die African Sky Hotel op die dorp sy deure einde November gesluit het. Hier by Xasa staan die uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, mnr Gordon April. Groter Foto
|
 |
| Skootrekenaars diewe se teiken |
DIE polisie op Oudtshoorn ondersoek 'n klag van huisbraak nadat daar by die koöperasie se saadafdeling ingebreek en sewe skootrekenaars, twee Sony- en vyf Lenovo-rekenaars, gesteel is.
Die inbraak het volgens kapt Louis Visser, polisiewoordvoeder, vermoedelik oor die naweek plaasgevind nadat by 'n stoor ingebreek en toegang tot die kantore verkry is.
Die alarm was geaktiveer, maar die persone wat sleutels vir die gebou het, kon glo nie bereik word nie.
Die ... Volledige Artikel |
 |
| Besoekers maak amok |
DIE gedrag van 'n groep besoekers wat die naweek die provinsiale 100 jaar-vieringe van die ANC op Oudtshoorn bygewoon het, het groot ontsteltenis by die personeel van 'n vooraanstaande gastehuis op die dorp veroorsaak.
Die groep besoekers wat Vrydagaand 'n aantal kamers by Hlangana Lodge in Baron van Reedestraat gehuur het, het die gastehuis en tuin volgens die bestuurder, mnr Bert Verlinde, in chaos agtergelaat.
Grootskaalse drankmisbruik, mense wat in die gange as gevol ... Volledige Artikel |
 |
| 'Most Significant Infrastructure in O'hoorn' |
THE first 29 Chinese students, sponsored by Beijing Capital Airlines, are already busy with their private pilot's licenses in Oudtshoorn. This is a necessary step before beginning the commercial pilot's license stages of their 14-month course.
The students are trained at the AVIC-International Flight Training Academy (AIFA) that operates from the Oudtshoorn Airport. The flight academy has been formed to meet the needs of the growing Chinese airline industry.
A further 5 ... View Complete Article |
 |
| Klagtes oor bestuurskole |
Die Hoorn het vandeesweek klagtes van inwoners ontvang dat twee bestuurskole op die dorp deesdae oop persele of stukke grond in woonbuurte gebruik waarvandaan hulle die bestuurskole bedryf.
Volgens 'n inwoner wat naby 'n parkie in Buitekantstraat in Wesbank woon, het hulle Maandag-oggend, 23 Januarie, op pad werk toe gesien dat mense hul kampstoele en tafeltjies in die parkie opslaan, terwyl die voertuie van die twee skole waarmee die leerlingbestuurders lesse ontvang, later ... Volledige Artikel |
 |
| New Managers Welcomed here |
Two senior managers were welcomed at the Oudtshoorn Municipality by the executive mayor, Mr Gordon April, yesterday (1 Feb). They are Mr Deon Lott, the new chief financial officer, and Ms Zukiswa Ntile, the director for technical services.
The two new managers have joined two other new senior managers, namely the municipal manager, Mr Thandekile Mnyimba, and Mr Francois Human, the director for corporate services. Mnyimba took up his post at the beginning of January and Human in Decem ... Volledige Artikel |
 |
| Aanleg doen weer sake |
HY gaan voorlopig aan met sy herwinningsbesigheid, maar indien die versekering nie uitbetaal nie, sal hy moet toemaak, het mnr Nic van Beeck, eienaar van Retain, Recycle, Re-use CC, vandeesweek gesê.
Die herwinningsaanleg in Oostelike Weg, Oudtshoorn, is op Woensdag, 18 Januarie, in 'n verwoestende brand tot 'n groot mate in puin gelê.
"Ek is al te oud om nog kapitaal in die besigheid te pomp," het Van Beeck gesê waar hy self besig was om karton op 'n vr ... Volledige Artikel |
 |
| Dis weer tyd vir Laerskool Wesbank se prettrap en- stap |
GROOT pryse is weer op te raap in die jaarlikse prettrap en pretstap van die Laerskool Wesbank wat vanjaar op Saterdag, 11 Februarie, vir die dertiende keer aangebied word.
'n Rekordgetal fietryers en stappers word weer verwag.
Almal wat die onderskeie afstande voltooi, sal 'n mooi medalje ontvang, sê mnr Louis Lategan, hooforganiseerder.
Die 100 km-fietsren tussen Oudtshoorn en Calitzdorp is volgens Lategan die ideale voorbereiding vir die Argus Fietsto ... Volledige Artikel |
 |
| SWD sy eerste posisie kwyt |
DIE kanse vir die SWD- krieketspan om sy eerste trofee van Krieket SA te wen het die afgelope naweek 'n kwaai knou gekry toe die span sy eerste nederlaag in die drie-daagse kompetisie op die lyf geloop het.
Noordelikes het SWD met 10 paaltjies gewen.
Noordelikes het ook die eendagwedstryd gewen.
Die SWD het in die drie-daagse wedstryd die loot gewen en Noordelikes ingestuur om te kolf.
Rhupino Plaatjies (4/59) en Gurshwin Rabie (3/55) het goed gebo ... Volledige Artikel |
 |
|
| Argief - Archives |
 |
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
|
|
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620 |
|
 |
|
 |
 |
|
 |