Tuesday, 7 September 2010  2:17am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main Hoorn page

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
info@hoorn.co.za
Tel (044) 272 5605
2 September 2010
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
Argief - Archives
Twee OD's kortgevat

Deur Liesel le Roux

DIE politieke toekoms van twee OD-raadslede van Oudtshoorn hang aan 'n draadjie nadat hulle die week die samewerkingsooreenkoms tussen die OD en die DA in die Wes-Kaap geïgnoreer het.

Mnre Gordon April en Jurie Harmse gaan dissiplinêr deur die OD verhoor word nadat hulle hul steun die afgelope week agter die ANC gegooi het. Onder-burgemeester April en Harmse het 'n dokument saam met plaaslike ANC- en NPP-lede onderteken waarin gevra is vir 'n dringende spesiale raadsvergadering Woensdag, waartydens beoog is om mosies van wantroue in die DA-burgemeester, me Diane de Jager, en die DA-speaker, mnr Pierre Nel, in te stel.

Die Groter Oudtshoorn-raad word deur 'n koalisie van die DA en OD geregeer, maar met die steun van April en Harmse sou die ANC saam met die NPP beheer oor die raad kon oorgeneem het.

Die OD-leierskap het egter mnr Sakkie Jenner, 'n OD-leier en die Wes-Kaapse minister van kulturele sake, sport en ontspanning, opdrag gegee om April en Harmse te stuit. Die balju is opdrag gegee om dringende dokumente aan hulle te bedien waarin hulle in kennis gestel is van die dissiplinêre verhore. Die twee sal volgens alle aanduidings uit die party geskors word.

Die res van die OD-lede en die DA-lede op Oudtshoorn staan egter bymekaar, het mnr Wessie van der Westhuizen, OD-raadslid, gister gesê.

Die aansoek vir die spesiale raadsvergadering is Maandag by Nel ingedien met die vereiste handtekeninge van 12 raadslede daarop asook die beoogde twee mosies van wantroue. Die dokumente is onderteken deur die agt ANC-raadslede, twee NPP-raadslede, April en Harmse.

Volgens Nel moet die vergadering kragens wet binne ses werksdae ná die aansoek plaasvind en is dit geskeduleer vir volgende Dinsdag om 15:00.

Die ANC het egter Dinsdag 'n prokureursbrief by Nel laat aflewer waarin aangedui is dat die party 'n interdik sou bekom om hom te dwing om die vergadering dringend te laat plaasvind. Die Hoorn kon nie gister vasstel of die ANC met die interdik wil voortgaan nie omdat die hoofsweep van die ANC, mnr Wilton Kawa, se selfoon by navrae dadelik op stempos oorgegaan het. Hy het ook nie op 'n boodskap gereageer nie.

Argief - Archives
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620
Contacts
General News Advertisements
Schalk le Roux Liesel le Roux Joey de Kock
083 458 9015 073 217 7089 073 211 0114
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620
Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Hoorn pageTo Top

Did You Know ?

South Africa has the oldest wine industry outside of Europe and the Mediterranean, featuring Chardonnays, Pinot Noir, Merlot, Cinsault, Riesling, Shiraz, Sauvignon Blanc, Caberbet Sauvignon and Pinotage varietals.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
Web Design and Development
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •