DIE rocker en boorling van Ladismith, Willim Welsyn, het Dinsdagaand die Huisgenoot-Tempo-toekenning vir die beste kopskuif-album van die jaar gewen. Welsyn het die toekenning, wat op grond van gewildheid gedoen is, gekry vir sy solo-album Maanplaas wat verlede jaar uitgereik is.
Die Huisgenoot-Tempo-toekennings word as die grootste erkenningsaand vir Afrikaanse musiek in Suid-Afrika beskou.
Willim Welsyn is die verhoognaam van William Barnard. Hy is 'n oudleerder van die Hoërskool Ladismith en voormalige joernalis van Die Hoorn. Willim Welsyn en sy groep, die Sunrise Toffies, is ook al vir 'n Sama benoem. |