DIE Hoërskool Oudtshoorn se jaarlikse kinder- en jeugkunsweek asook fotokompetisie vind weer vanaf 2 tot 6 Augustus plaas.
Deelnemers se kunswerke sal in die skoolsaal uitgestal word en elke dag tussen 09:00 en 20:00 vir die publiek toeganklik wees.
Die week poog jaarliks om deelnemers van voorskoolse tot tersiêre vlak uit die Groter Oudtshoorn en Klein Karoo te trek. Verlede jaar is 700 inskrywings vir die week ontvang.
'n Ontwikkelingskliniek is Maandag vir leerders van omliggende plaasskole aangebied en suksesvolle jong kunstenaars van die kliniek se werke sal ook by die uitstalling te sien wees.
'n Paneel van professionele persone sal die beoordeling behartig en merietepryse sal aan verdienstelike werke toegeken word. |