Deur Garnett Wicomb Twee mans van Bridgton wat in 2007 'n vrou by die taxi-staanplek op Unieplein verkrag het, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn Streekhof altesaam 45 jaar gevangenisstraf opgelê.
Jonathan Sampson (27) is vir 30 jaar en Elton Jansen (21) vir 15 jaar tronk toe gestuur.
Die saak spruit uit 'n voorval op 16 Januarie 2007 toe vier mans na bewering die vrou verkrag het.
Die saak teen twee van die mans is later teruggetrek. Sampson en Jansen het teen hul vonnisse geappelleer en die saak is vir 'n beslissing tot 5 Augustus uitgestel. |