Thursday, 9 September 2010  12:03pm SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main Hoorn page

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
info@hoorn.co.za
Tel (044) 272 5605
2 September 2010
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
Argief - Archives
R140 000 vir damskoonmaak

Deur Garnett Wicomb

DIE Eden Distriksmunisipaliteit het R140 000 bewillig vir die verwydering van riete en bosse by die inloop en langs die Calitzdorpdam.

Volgens mnr Skillie Pretorius van die Calitzdorp Besproeiingsraad wat Eden genader het om geld vir die skoonmaak te gee, voorsien die dam Calitzdorp van sy drinkwater en is die watervlak tans die laagste in baie jare.

Volgens mnr Macky van der Merwe, nog 'n lid van raad, is dit nou die ideale tyd om die riete en bosse te verwyder voordat dit dalk eersdaags reën.

Die onderburgemeester van Eden, mnr Anthony Ewerts, het met die oorhandiging van die tjek verlede week by die dam, wat sowat 10 km buite Calitzdorp geleë is, gesê die geld is om goeie rede aan 'n nie-regeringsorganisasie, Scardef (South Cape Rural Development Forum), gegee om te bestuur sodat daar nie vingers gewys kan word nie. Volgens hom is dit 'n werkskeppingsprojek vir 20 werklose inwoners van Calitzdorp.

"Baie inwoners van Calitzdorp besef nie werklik die waterprobleem nie. Hulle dink ons het genoeg water." Volgens Ewerts benodig die Calitzdorp Besproeiingsraad baie meer geld om indringerplante wat water opslurp, uit te roei.

Hy sê net soos Eden vir Mosselbaai, Sedgefield, George en Knysna finansieel ondersteun het, is besluit om dieselfde vir Calitzdorp te doen.

Hy het 'n beroep op die 20 werkloses gedoen om die geld wat hulle verdien "reg" te gebruik.

"Help by die huis om munisipale rekenings te betaal. Dit stel die Kannaland munisipaliteit in staat om dienste te lewer.

"Hierdie is deel van Eden se strewe om armoede in die streek te verlig. Dit is 'n klein begin wat groot kan word," het hy gesê.

Mnr Dean Claassen van Scardef het gesê hy glo die groep van 20 sal nie die Eden Distriksmunisipaliteit teleurstel nie.

Argief - Archives
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620
Contacts
General News Advertisements
Schalk le Roux Liesel le Roux Joey de Kock
083 458 9015 073 217 7089 073 211 0114
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620
Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Hoorn pageTo Top

Did You Know ?

Duiker pairs devote a great deal of time to grooming one another's heads, which apparently aids in bonding pairs; it may also help individuals recognize their own species and discourage interbreeding with others.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
Web Design and Development
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •