Tuesday, 7 September 2010  2:39am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main Hoorn page

DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
info@hoorn.co.za
Tel (044) 272 5605
2 September 2010
DIE HOORN HET NOU HUL EIE WEBTUISTE - www.diehoorn.co.za
Argief - Archives
Bridgton klop Blanco

Deur Garnett Wicomb

Charlton Ewerts, linkervleuel van Bridgton, wat Saterdag weer uitgeblinker hetBRIDGTON het sy voorloperstatus in die Premierliga Top 8- kompetisie van die SWD Rugby Voetbalunie behou toe hy Blanco Saterdag in die Rec voor 'n groot skare met 31-9 geklop het.

Hoewel dit 'n beter vertoning was as die vorige week teen Progress lê harde werk voor indien die span vanjaar die Groot Uitdaagbeker wil wen.

Die rustydtelling was 14-9 in Bridgton se guns.

Bridgton kon veel verder gewen het indien die hanteerwerk op kritieke tye beter was. Verkeerde opsies het meer as een besliste drie verlore laat gaan.

Die tuisspan het eerste punte aangeteken toe Hadley Arries (regtervleuel) vroeg in die wedstryd 'n drie gaan druk het wat deur Erin Ewerts (losskakel) verdoel is.

Roderick January het die tweede drie gaan druk toe hy 'n skitterlopie langs die kantlyn af deur Wayne Jullies afgerond het. Ewerts was weer in die kol met die doelskop.

Ashwill Scheepers (senter) het Blanco tot rustyd in die prentjie gehou met drie strafdoele.

Bridgton het kort ná rustyd sy voorsprong gerek toe Charlie Ewerts (linkervleuel) 'n skitterdrie in die hoek gedruk het ná 'n mooi lopie deur Allen Meyer (senter). Daarna het Meyer ná 'n mooi beweging self gaan druk vir 'n bonuspunt.

Percival Dido, plaasvervangerskrumskakel, het kort voor die einde die tuisspan se vyfde drie gedruk ná 'n losskrum naby Blanco se doellyn.

Vir Bridgton het Brett Claassen (stut), Algernon Waarts (slot), Ronald Bratz (flank) en Kevin Pikaan (agtsteman en kaptein) voorlangs goed vertoon. Agterlangs het die senterpaar Craig Booysen en Meyer, Roderick January (skrumskakel) en Ewerts uitgeblink. Blanco se agttal het sy man veral in die eerste helfte goed gestaan met David Claassen (agtsteman) en Randall de Koker (slot) aan die voorpunt. • Bridgton se B-span het Blanco B in 'n spannende wedstryd met 22-20 geklop terwyl die C-span 'n maklike sege van 36-0 behaal het.

Argief - Archives
Winkel 16 • Queens Mall • Voortrekkerweg
Posbus 1765 • Oudtshoorn • 6620
Contacts
General News Advertisements
Schalk le Roux Liesel le Roux Joey de Kock
083 458 9015 073 217 7089 073 211 0114
Shop 16 • Queens Mall • Voortrekker Road
PO Box 1765 • Oudtshoorn • 6620
Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main Hoorn pageTo Top

Did You Know ?

It is often incorrectly quoted that mosquitoes kill more people than any other animal. Actually, it is not mosquitoes that kill people but the parasite they carry that causes malaria.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
Web Design and Development
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •