Deur Garnett Wicomb DIE senior tennisspan van die SWD het sy vriendskaplike wedstryd teen die Oostelike Provinsie Saterdag in Port Elizabeth met 15-9 gewen.
Die span het sy oorwinning te danke aan die puik spel van die vroue wat vyf van hul ses enkelspelwedstryde en al drie dubbelspelwedstryde gewen het.
Volgens mnr Johan Koch, voorsitter van die unie, was vol lof vir die juniors in die span, Christian Koch, Laetitia Lourens, Madre le Roux en Emmie Marx, se vertonings.
Die mans het vier van hul ses enkelspelwedstryde verloor, maar twee van die drie dubbelswedstryde gewen.
Al die SWD se veteranespanne het verloor. |