 Terug na Vorige bladsy Van kos tot ritte na Die Hel te kry
MEER AS 500 stalletjies
is opgeslaan in afwagting
vir die toeloop van
mense wat vanjaar by
die Absa KKNK verwag
word.
Mnr. David Redmond
bedryf al van die begin
van die KKNK af ’n klerestalletjie.
Redmond meen die
sukses van verkope hang
grootliks af van wanneer
die fees plaasvind.
“Ons doen baie beter
as die KKNK saam met
Paasnaweek val.
“Verlede jaar het dit nie,
en ons het nie so goed
soos altyd gedoen nie.”
Volgens hom is die uitleg
van die stalletjies vanjaar
baie beter.
Me. Mymoena Jardien,
wat handgemaakte juweliersware
verkoop, stem
met hom saam.
“Die uitleg was regtig
swak, maar toe ons hierdie
jaar hier aankom, het
ons sommer gesien dinge
lyk beter.”
Jardien bedryf al 13
jaar ’n stalletjie by die fees
en volgens haar is hulle
baie suksesvol.
“ ’n Mens bou ’n verhouding
met die mense. Almal
is so vriendelik.”
Volgens haar het die
organiseerders vanjaar
baie moeite gedoen om
goeie staanplek te gee
aan die stalletjies wat al
jare fees toe kom.
Daar is ook meer sitplek
tussen die stalletjies.
Mnr. Mamgouh Mostafa
bedryf vanjaar die
elfde keer sy Cairo
Schwarma-stalletjie, en
hy meen hy kan tot
R200 000 wins maak as
hy al sy goed verkoop.
“Maar ek gee nie om oor
die geld nie, ek gee om
vir die mense wat van
oraloor komommy stalletjie
te besoek.”
Mostafa staan ook bekend
as “Mostafa, die
mees bekende schwarma-
sjef”.
“My stalletjie is die
besigste kosstalletjie by
die fees. Mense kom van
heinde en verre om my
kos te eet.”
Me. Olda Janse van
Rensburg, die Absa
KKNK se kliëntedienskoördineerder
verantwoordelik
vir die markte,
sę daar gaan hierdie jaar
’n groot verskeidenheid
stalletjies wees.
“Enigiets van kuns,
goed vir mans, handgemaakte
goed, T-hemde
en kos.”
Volgens haar kos dit
enigiets van R1 575 om
’n stalletjie te huur. Daar
is selfs ’n stalletjie wat
donkieritte na Die Hel verkoop.
“Mensemóét die stalletjies
kom besoek, dis ’n
avontuur op sy eie.”
Skrywer: SARIETHA ENGELBRECHT Terug na Vorige bladsy |