Tuesday, 7 September 2010  2:08am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main News page

Absa KKNK KYK NA DIE KINDERS

Suid-Afrika se voorste bank en die hoofborg van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Absa en DSTV se eerste toegewyde Afrikaanse kinderkanaal, KooWee, het hulle kragte saamgesnoer om aan feesgangers ’n veilige speelarea vir kinders te bied. Ouers kan met gemoedsrus die vermaak by hierdie jaar se fees geniet terwyl hulle kinders by die Absa KooWee Kinderhoekie speel. Dit is die eerste keer dat hierdie broodnodige diens aangebied word, en dit beteken dat kinders nie meer tuis gelaat hoef te word nie.

Die Absa KooWee Kinderhoekie sal 20 professionele kinderoppassers van die Klein Karoo Bronnesentrum in Oudtshoorn aanstel om hoogstens 100 kinders op ’n keer op te pas.

Die Absa KooWee Kinderhoekie se dienste sal vir die duur van die fees elke dag van 08:00 tot 17:00 beskikbaar wees. Om te verseker dat die kinders goed versorg word en om goeie gesondheid- en veiligheidspraktyke binne die area te waarborg, word kaartjies beperk. Dit is vanaf 31 Maart teen slegs R30 per dag by die Absa KooWee Kinderhoekie beskikbaar.

Die kinders sal by hulle aankoms geregistreer word en ’n gelukspakkie ontvang, voordat hulle ’n paar van hulle gunsteling-KooWee-karakters gaan ontmoet. Daar is ook geskeduleerde aktiwiteite vir elke dag wat wissel van sang en dans tot die nuutste vertonings. Die pret word verhoog deur ’n klimraam, sandput en springkasteel. Kinders het ook die geleentheid om gratis deel te neem aan een van die twee handwerk-werkswinkels wat elke dag plaasvind.

Vir meer inligting oor die werkswinkels en besprekings, kontak Barbara asseblief direk by 083 952 8411.

Source: Carrie Greenstone - Exp Sponsorship (namens Absa)


  Article Date: 1 April 2010

Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main News pageTo Top

Did You Know ?

Calitzdorp on Route 62 produces world-class port and after-dinner sweet wines.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
Miles Guesthouse - Oudtshoorn Accommodation
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •