Thursday, 9 September 2010  11:41am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main News page

Absa KKNK 2010: Twee debuutproduksies vir drie Kannas benoem

Die gehalte van die teaterproduksies tydens die Absa KKNK 2010 is uitgelig tydens die aankondiging van die Kanna-benoemings gisteraand (Woensdag 7 April) in die Club Al Capone. Die debuut-produksies Afrikaaps en Betésda is elk in drie kategorieë benoem en The Famished Road en As die broek pas in twee. Nataniël is ook in twee kategorieë benoem. Die aankondiging van die Kanna-wenners vind op Sondag 9 Mei in Kaapstad plaas.

Die Absa KKNK beloon jaarliks die beste werk op die fees in 'n verskeidenheid kategorieë met kontantpryse en spesiaal ontwerpte trofeë. Die trofeë is ook in die volksmond bekend as die Klein Karoo Oscars. Die Kanna-prysaand sal deur kykNET verfilm word en op dié satellietkanaal uitgesaai word.

Die benoemdes vir die Kannas in die onderskeie kategorieë is:

  1. Kanna vir die Beste Manlike Kunstenaar
    • James Grace vir Around the World in 60 Minutes
    • Nataniël vir Nataniël – Die een konsert
    • Chris van Niekerk vir Dinsdae by Morrie
  2. Kanna vir die Beste Vroulike Kunstenaar
    • Antoinette Kellermann (As die broek pas)
    • Ilse Oppelt (Die proponentjie)
    • Karen Zoid (Karen Zoid Live)
    Hierdie Kannas sluit in: Toneel, Woordkuns, Musiekteater, Kinderteater, Dansteater, Visuele Kuns, Klassieke Musiek, Kontemporêre Musiek, Tegniese Prestasie (kostuums, dekor, grimering, beligting, verhoogbestuur, musiekverwerkings, klank)
  3. Kanna vir die Beste Regie
    • Marthinus Basson vir As die broek pas
    • Nicola Hanekom vir Betésda
    • Helen Iskander vir The Famished Road
  4. Die Slurpie Kanna vir die Beste Opkomende Professionele Kunstenaar
  5. Dit sluit alle genres in.
    • Moenier Adams vir Afrikaaps
    • Theodore Jantjies vir Vaselinetjie
    • Themba Ntuli vir The Famished Road
  6. Kanna vir die beste Absa KKNK-Debuutwerk
    • Die produksie Afrikaaps
    • die produksie Betésda
    • Nataniël vir die teks van Swanemeer – Die ware verhaal
    • Die doel van die toekenning is om werk wat spesiaal vir die Absa KKNK geskep is te bekroon. Sluit in: nuwe teks, musikale komposisie, choreografie, visuele kunswerk.
  7. Kanna vir die Beste Aanbieding
    • Afrikaaps
    • Bach Goldberg
    • Betésda
    • Hier word gelet op hoe goed alle aspekte van teater omvat is – optrede, regie, tegnies, choreografie. Dit wil sê die totale integrasie van ‘n kwaliteit aanbieding.
  8. Die Herrie Kanna Gewildheidsprys
  9. Die Herrie Kanna gewildheidsprys het geen benoemings nie, maar sal tydens die Kanna-prysfunksie bekend gemaak word.

Die volgende spesiale-kannas word ook oorhandig:

  1. Die Afrikaans Onbeperk-prys vir lewensbydrae word vanjaar aan die dramaturg Pieter Fourie toegeken, wat tydens die fees sy 70ste verjaardag gevier het.
  2. Die Spesiale Kanna vir vertolking word aan die akteur Cobus Rossouw oorhandig.

Die Kanna-paneel is vanjaar gelei deur Herman van der Westhuizen en die paneel het bestaan uit Ivor Price, Woutrine Theron, Diane de Beer, Ronnie Samaai, Denise Bester, Hilde Roos, John Theodore, Eduard Greyling, Wayne Muller, Christiaan de Swardt, Wim Vorster, Erns Grundling en Zuanda Badenhorst.

Source: Feeskantoor


  Article Date: 9 April 2010

Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main News pageTo Top

Did You Know ?

The highest African pub is at the top of Sani Pass, the road to the uKhahlamba Drakensberg Park.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
KLEIN KAROO GROUP
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •