Thursday, 9 September 2010  11:27am SA Time 
Information
Home
Accommodation
Activities
Archives
Attractions
ABSA KKNK
Business
Conservation
Culture & History
Events
Fauna
General Information
Health
HOORN
Links
Local News
Photo Gallery
Restaurants
Schools & Colleges
Special Packages
Tourist Information
Video Clips
World of Klein Karoo
Contact Us
Karoo Soul Upmarket Backpackers Accommodation - Oudtshoorn, Western Cape, South Africa
Rosenhof Country House - Klein Karoo, Western Cape, South Africa
TBI Adventures :: Oudtshoorn
Swartberger Lodge - Farm accommodation in town
Oudtshoorn Holiday Resort
Oudtshoorn Properties :: Oudtshoorn Eiendomme
South African Ostrich Business Chamber
Klein Karoo Wines
Wilgewandel Holiday Farm
one-O-one Family Guest House
Mooiplaas Guesthouse
Die Hoorn Koerant | Vars Plaaslike Nuus | Fresh Local News

Back to Main News page

ABSA KKNK 2010: KAARTJIEKOPERS STEM MET HULLE VOETE

Vanjaar se Absa KKNK, wat op 8 April geëindig het, gaan onthou word vir die gehalte en verskeidenheid van produksies tydens dié kunstefees, asook die infasering van 'n veelbesproke nuwe bedryfsmodel wat die fees se musiekverhoë en ander buitemuurse aantrekkinge vir die eerste keer as 'n gekonsolideerde pakket aangebied het. Deurgaans is die Klein Karoo se landskappe en gemeenskappe as 'n uitsonderlike konteks vir die kunste na vore gebring.

Die Oudtshoorn Oraloor-konsep van teater in die buitelug het nou beslis posgevat en is vanjaar deur feesgangers omarm. 'n Nuwe drama soos Betésda, 'n klassieke Suid-Afrikaanse werk soos Taraboemdery, of 'n lug-, water- en vuurspektakel soos Jazzart se dansproduksie Grond, is deur feesgangers in groot getalle, met die sterrehemel as agterdoek, geniet. Die toonaangewende eksperiment van Ararat in 2009 het nou 'n groot, lojale ondersteuningsnetwerk opgebou. 

Kaartjieverkope by die nuwe 'Rivierbuurt', waar 'n dagkaartjie vir die eerste keer gekoop kon word om ál die fees se amptelike musiekverhoë, asook die stalletjies van die Absa Kuns- en Vlooimark, by te woon, het verwagtinge oortref. Volgens voorlopige syfers, beskikbaar gemaak aan die feesbestuur, het die fees vanjaar 169 446 kaartjies verkoop, teenoor 116 759 in 2009. Dié aansienlike styging is grootliks vanweë verkope van die nuwe dagkaartjies, maar selfs as hierdie kaartjies buite rekening gelaat word, het kaartjieverkope vir feesproduksies vanjaar goed presteer, met uitstekende gemiddelde bywoning wat talle feesgangers as stampvol sale ervaar het.

"Ons oorhoofse doelwit vanjaar as feesbestuur was om die gehalte en verskeidenheid van ons kunste-aanbod te versterk en te integreer. Ons voel dat vanjaar se fees uiters geslaagd in dié verband was, en dat die grootste uitdagings rondom die integrering van die 'buitefees', insluitend die musiekverhoë, met die grootliks binnemuurse produksies en uitstallings aangespreek is. Alhoewel verbeteringe sekerlik aangebring kan word na aanleiding van terugvoer wat op ons nuwe bedryfsmodel ontvang is, het dit in wese geslaag. Ons het opnuut die potensiaal ontsluit om die inhoud van die feesprogram in al sy verskeidenheid met ons artistieke en strategiese doelwitte te belyn. Ons is opgewonde oor die moontlikhede wat nou reeds vir toekomstige feeste ontsluit is." Dit is die kommentaar van mnr. Brett Pyper, Uitvoerende Hoof van die Absa KKNK, op dié voorlopige syfers. Die finale syfers word tydens 'n Direksievergadering op 6 Mei bevestig, waarna die datums van volgende jaar se kunstefees ook bekend sal wees.

Vanjaar het kunstenaars vanuit die Groter Oudtshoorn gemeenskap en die Klein Karoo op verskeie feesplatforms uitgeblink. Die gewilde Karos en Kambro geselskap vanuit Oudtshoorn het 24 teatervertonings aangebied en 'n nuwe produksie, Velskoen Journeys, geloods, as opvolg van hulle suksesvolle Journey to Kannaland wat by onlangse feeste met lof ontvang is. Die akteur en opvoeder Riaan Visman, 'n boorling van Oudtshoorn, het vir die eerste keer as 'n toneelskrywer en vervaardiger sy produksie, Kap Án, aangebied. Charl Marais van Hoërskool Oudtshoorn het in die treffer-toneelstuk Vaselinetjie gespeel. Verskeie opkomende sangers van Oudtshoorn het na afloop van oudisies die geleentheid gehad om by verskeie musiekverhoë op te tree, insluitend die RSG-verhoog, waar van hulle optredes landswyd uitgesaai is. Altesaam 24 kuns- en kultuurpraktisyns vanuit die Klein Karoo het op die ATKV Kontrei-verhoog opgetree, in die daaglikse Lappieskonserte, asook 37 van hulle in die hoogs geslaagde KaapRapport Klein Karoo Klanke konsert.

Heelwat gratis vermaak is ook gebied tydens vanjaar se Absa KKNK waaronder Storiesambreel, 'n groot verskeidenheid Visuele Kunste en die kleurryke, eerste aanbieding van die Feesparade deur die strate van Oudtshoorn. Oud en jonk het hulself geniet in hierdie karnaval-atmosfeer waarop daar in die toekoms voortgebou gaan word met groter deelname van verskillende partye insluitend borge en kunstenaars. Die teater- en boekegesprekke, wat selfs 'n vasvra-kompetisie saam met Dawid van Lill ingesluit het, was ook vanjaar 'n reusesukses. 

Klap!, die toonaangewende skole-projek van die Absa KKNK, spog vanjaar met deelname van bykans dubbeld die hoeveelheid skole wat verlede jaar aan die uithaler-pakket deelgeneem het. Klap! is 'n feesbesoek van drie dae vir graad 10 tot 12 leerders. Waar Klap! verlede jaar hoofsaaklik deur fokusskole in die Wes-Kaap bygewoon is, het 'n verskeidenheid skole vanjaar van regoor die land hierdie program bygewoon. Leerlinge is onder andere die geleentheid gegee om spogproduksies soos Dood van 'n verkoopsman by te woon.  

Die 2010 Absa KKNK het verder talle hoogtepunte vir kinders ingehou met verskeie teaterproduksies wat spesifiek op kinders gemik was. Van hierdie kinderteaterproduksies het veral Boer Manie se melk word suur vol sale gelok. Die Absa Koowee kinderhoekie het ook daagliks vir ure se opwinding en vermaak vir talle kinders gesorg.

Alhoewel die nuwe feesterrein heelwat meer mense gelyk moes hanteer as enige enkele feesterrein in die verlede (tot en met 25 000 mense op een dag), was veiligheid in en om die nuwe "Rivierbuurt" nie vanjaar 'n probleem nie en geen ernstige misdaadvoorvalle by die nuwe feesterrein is aangemeld gedurende die fees nie. Parkering was ook makliker om te kry.

Die datums vir die 2011 Absa KKNK word vroeg in Mei aangekondig.

Uitgereik deur die feeskantoor. Vir medianavrae kontak J.C. Aucamp by 044 – 203 8600 of jaucamp@kknk.co.za.

Source: KKNK Media Relations/KKNK Mediaverhoudinge


  Article Date: 16 April 2010

Google
WWW Oudtshoorn Info

Back to Main News pageTo Top

Did You Know ?

The grey rhebok tends to escape up a mountain slope.

Hlangana Lodge
Backpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation
Klein Karoo Group
Local Flora
Lugro Ostrich Leather Products
Three times AA award winning Guest House
Buffelsdrift Game Lodge
Klein Karoo and Garden Route Weddings
Haus Victoria
Affordable Self Catering Accommodation
Ostrich egg products
Web Design and Development
Copyright © 2010  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by: WebWorX
•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •