Die jeug van die Suid-Kaap kan uitsien na die derde Herold Landboufees
van 2 tot 4 September. Volgens die feesgenootskap-voorsitter, Weeber Truter,
is die jeug se deelname en bywoning van die fees belangrik. “Die jongklomp is
die toekoms van die landbou, maar ook toekomstige verbruikers van
landbouprodukte uit ons streek.” sê hy.
Vanjaar se Agri Herold Landboufees bied verskeie aktiwiteite wat op deelname
van die jeug fokus. Die belangrikste hiervan is verseker die Agri Herold
Jeugskou. Skole uit die Wes-Kaap, wat lede van die Wes-Kaap Jeugskouvereniging
is, sal vanjaar deelneem.
Die vereniging is onder leiding van Joubert van der Merwe en skole vanuit ses
streke in die provinsie is betrokke. Die doel van die vereniging is om die
gemeenskaplike behoeftes van leerders in landbou-vakrigtings te koördineer en
te bevorder. Deelname aan jeugskoue in die verskillende streke word ook hiervoor
gebruik.
By vanjaar se Herold Landboufees sal leerders onder meer weer hul slag met
die versorging en die hantering van plaasdiere, soos beeste, koeie en
kalwerskom wys. Die Herold Landboufees Jeugskou is vir Vrydag, 3 September
by die Camfer Pakstoor-fessterrein op Herold, geskeduleer.
Volgens, Jurie Wessels, wat die jeugskou vir die feesgenootskap reël, is
wen verseker nie die belangrikste doel met die skou nie. “Ons bied pragtige
pryse aan, maar leerders neem deel omdat hulle liefde vir diere en die
versorging en hatering van diere reeds van ‘n vroeë ouderdom af gevestig word.”
Hy sê die soort kompetisies bevorder pligsbesef, samwerking en die seuns
en dogters se uitlewing van hul liefde vir plaasdiere. Ons gee die leerders
geleentheid om hul diere voor te berei, waarna beoordeling in verskeie
kategorieë plaasvind om wenners aan te wys.
Vanjaar sal leerders wat reeds hanterings- en skou-ervaring het, met Agri
Klein Karoo se leiding, ook voorheenbenadeelde kinders uit die plaasgemeenskap,
leer om grootvee te versorg en te hanteer. “Sodoende kan ons vordering maak met
die toekomstige bestuur van ons kuddes,” meen die feesvoorsitter, Weeber Truter.
Deelnemers aan die Herold Landboufees Jeugskou kom vanuit die streke in Eden,
Boland, Swartland, die Overberg, die Cederberg en die Wynland. Dit sluit onder
meer skole soos, Oakdale Landbouskool, Augsburg Landbougeimnasium en Boland
Landbouskool in.
Die 2010 Herold Landboufees bied, wat die jong klomp betref, ook ‘n
talentkompetisie, verskeie opwindende sangers en fietsry-byeenkomste vir
gevorderde- en beginnerfietsryers aan.
Rig alle feesnavrae en navrae oor inskrywings aan Weeber Truter by 082 566 2070.
Saamgestel en uitgereik deur Agri Klein Karoo Kommunikasie
MEDIANAVRAE: Jan Greyling by 082 556 8778 of jgreyling@kleinkaroo.com
Source: Jan Greyling Article Date: 20 July 2010
|