Oudtshoorn Info
Thursday, 17 January 2019  9:11pm SA Time 
Back to Main Archives page
DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
 
16 Januarie 2014
 
Top-matriekpresteerders

Top-matriekpresteerdersOudtshoorn se agt toppresteerders in die 2013-matriekeksamen is Lukhanyiso Jantjies van Fizikile Sekondêr, Susan King van die Hoërskool Oudtshoorn, Heidi-Lee Rüschenbaum, Danike le Grange en Jean Marie Potgieter al drie van Langenhoven Gimnasium, Madeleine du Plessis en Paula-Mari Roller, albei van die Hoërskool Oudtshoorn, en Willicia Reed van Bridgton Senior Sekondêr. Groter Foto


Tornado

Hierdie foto is deur Helet Viljoen vanaf De Krans Wynkelder by Calitzdorp geneem.DAAR kan geen twyfel bestaan dat die tregtervormige kolk wat verlede Donderdag suidwes van Calitzdorp deur talle inwoners tussen die wolke en die grondoppervlak gesien is, ’n tornado was nie.

Dit sê prof At Nieman, ’n afgetrede weerkundige en klimatoloog van Oudtshoorn, nadat hy gekyk het na foto’s wat inwoners van Calitzdorp van die tornado geneem het. Die Hoorn het hom ook ingelig oor wat inwoners van die omgewing wat dié weerverskynsel dopge ...  Volledige Artikel


Vloedskade aan paaie, op plase

VERLEDE week se reën, hael en vloede in die Klein Karoo en omstreke het nie net miljoene rande se skade aan paaie aangerig nie, maar ook groot skade aangerig op plase.

Mnr Juan Prodehl, distrikspadingenieur van die Wes-Kaapse departement van vervoer, het gister gesê hoewel die skadebepaling nog nie voltooi is nie, is na raming R40miljoen se skade in die Eden-distrik (Klein Karoo en Suid-Kaap) aangerig waarvan R5miljoen in Meiringspoort.

’n Verdere geraamd ...  Volledige Artikel


Noue ontkoming in Poort

Mnr Pat Manel, reddingsbestuurder van Metroredding: Sentraal-Karoo, wys tot waar die water die nag teen sy bakkie opgestoot het terwyl hy en ’n aantal ander mense verlede Woensdagnag in Meiringspoort vasgekeer was.’N GROEP van dertien mense, onder wie ’n swanger vrou, het verlede Woensdagnag ’n noue ontkoming in Meiringspoort gehad toe hulle deur vloedwater in hul voertuie vasgekeer is. Hulle het benoude oomblikke beleef toe die water ná middernag in so ’n mate gestyg het dat van die voertuie tot by hul enjinkappe onder die water was.

Mnr Pat Manel, reddingsbestuurder van Metro-redding: Sentraal-Karoo, het Vrydagoggend vertel dat hy verlede Woensdag van Beaufort- ...  Volledige Artikel


Goeie vakansieseisoen vir Oudtshoorn

OUDTSHOORN is tydens die afgelope somervakansie so oorval deur toeriste dat daar in ’n stadium geen verblyf op die dorp beskikbaar was nie.

Verskeie besoekers moes na verneem word die naweek tussen Kersfees en Nuwejaar (28 Desember) elders gaan slaapplek soek toe al wat ’n verblyfplek is vol was.

Mnr David (Pine) Pienaar, een van die eienaars van Kleinplaas, sê hy het daardie naweek herhaaldelik rondgebel om verblyf vir mense te probeer kry wat hulle nie ...  Volledige Artikel


Geskiedkundige dag vir Van Reede

 ’n See van wit en geel hempies gister by die eerste saalopening van die “nuwe” Laerskool Van Reede.’N SEE van wit en geel hempies was gister die simbool van die amalgamasie van twee skole op Oudtshoorn. Oudtshoorn Junior Primêre Skool en Laerskool Van Reede sal vanaf vanjaar bekend staan as Laerskool Van Reede.

Leerders van die ou Junior Primêre Skool (graad 1 tot 3) dra geel hempies en leerders van die ou Laerskool Van Reede (graad 4 tot 7) wit hempies. Dié tradisie gaan ook in die nuwe Laerskool Van Reede voortgesit word.

Die nuwe skool spog  ...  Volledige Artikel


’n Wêreldklas-teater vir Prins Albert

Die nuwe teater, ’N TEATER van wêreldgehalte het in November sy deure in die Karoodorp, Prins Albert, geopen.

Sedert sy opening trek die teater, bekend as The Showroom, vol sale en stroom die lof in vir die gehalte van die teater en die produksies wat daar aangebied word. En luister ’n mens na die planne van die eienaars oor ’n groot jaarlikse filmfees, gaan The Showroom binne die volgende aantal jare wêreldwyd aandag trek.

The Showroom is in Kerkstraat, die  ...  Volledige Artikel


Klein Karoo-matrieks blink uit

MATRIEKLEERDERS in die Klein Karoo het weer uitstekend gevaar in die onlangse eindeksamen met al die hoërskole in Die Hoorn se lesersgebied wat slaagsyfers van meer as 70% behaal het. Twee skole, die Hoërskool Calitzdorp en die Shalom Akademie op Ladismith spog met ’n 100%-slaagsyfer.

Die ander skole se slaagsyfers is: Langenhoven Gimnasium: 99,2%, Hoërskool Oudtshoorn: 98,5%, Hoërskool Ladismith: 95%, Hoërskool De Rust: 94, 4%, Bridgton Senior ...  Volledige Artikel


Tweeling skitter

DIE Lareman-tweeling van Oudtshoorn, wat in 2009 matriek aan die Hoërskool Oudtshoorn geskryf het en twee van hul skool se toppresteerders was, het pas weer by hul onderskeie universiteite uitgeblink.

Mieke Lareman het haar honneursgraad in chemiese ingenieurswese aan die Universitet van Stellenbosch voltooi en was die wenner van die Southern African Institute of Mining and Metallurgy (SAIMM) se prestigeprys vir die beste finalejaarstudent in chemiese ingenieurswese met ’n ...  Volledige Artikel


Hulde aan Boetie Steyn

Taxi-eienaars en familie van Boetie Steyn op die plek waar hy op Sondag, 4 Januarie, gesterf het.TAXI-EIENAARS van al vyf taxiverenigings op Oudtshoorn het verlede Donderdag met ’n kranslegging op die plek waar ’n bekende in die taxibedryf, mnr Dawid (Boetie) Steyn (81), op 4 Januarie gesterf het, hulde gebring aan hom.

Steyn het op die De Rust-pad, regoor die AGS Kerk, ’n hartaanval agter die stuur van sy Mercedes Benz gekry. Sy motor het ’n ligpaal langs die pad getref. Hy was reeds dood toe paramedici op die toneel gearriveer het.

“On ...  Volledige Artikel


Wêreld se bestes durf Attakwas aan

Christoph Sauser.SATERDAG se agtste Fairview Attakwas Extreme-bergfietsmarathon oor 121km van Chandelier-wildplaas buite Oudtshoorn tot by die Pine Creek-vakansieoord by Groot Brakrivier wat Saterdag plaasvind, het die beste groep bergfietsmarathonryers nog gelok.

Bo aan die lys van top-mansdeelnemers is Christoph Sauser, verdedigende manskampioen van Switserland wat die huidige wêreld-bergfietsmarathonkampioen is en al vier keer die Cape Epic gewen het.

Sauser bring sy Specialized  ...  Volledige Artikel


Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

Although a prolific breeder and even a dominant species in some areas, the hartebeest has probably suffered the greatest reduction in range of all African ruminants.

Book Online Oudtshoorn Estate Agent - Pam GoldingSwartberg Circle RouteThree times AA award winning Guest HouseLugro Ostrich Leather ProductsRoute 62Backpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationHlangana LodgeSurval Boutique Olive EstateKlein Karoo Weddings

Local Flora

Succulent Karoo species
Web Design and Development
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •