Oudtshoorn Info
Wednesday, 16 January 2019  2:10pm SA Time 
Back to Main Archives page
DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
 
23 Januarie 2014
 
Bote in die Karoo

BOTE IN DIE KLEIN KAROO? Hugo Warrington en Mari-Lize van der Walt op die terrein waar hulle tans ’n interessante oornagplek inrig.WANNEER ’n mens in die noordelike deel van Hoogstraat op Oudtshoorn loop of ry, sien jy skielik ’n aantal seilbote op ’n hoogte net oos van die pad - kompleet asof hulle soos Noag se ark ná ’n vloed net daar op die Klein Karoo-heuwel gestrand het.

Die sestal bote wat al sedert verlede jaar baie mense aan die wonder het, is deel van ’n opwindende nuwe toeristeverblyprojek op ’n erf tussen Draai- en Hoogstraat.

Die bote - vyf seilb ...  Volledige Artikel


Ma en seun hier begrawe

Carin Rabbets (49). Foto: FacebookDIE vrou en seun van Wessel Rabbets, voormalige munisipale bestuurder van die Groter Oudtshoorn, word Saterdag op Oudtshoorn begrawe.

Carin (49) en Ralph (18) Rabbets het verlede Vrydag gesterf nadat hulle motor die pad sowat 55?km buite Richmond in die Noord-Kaap verlaat en gerol het. Hulle was op pad na Bloemfontein waar Ralph vanjaar met sy mediese studie aan die Universiteit van die Vrystaat sou begin het.

Ralph het einde 2013 matriek met sewe onderskeidings geslaag.  ...  Volledige Artikel


20ste KKNK bekend gestel

DIE program vir die 20ste Absa KKNK wat vanjaar op Oudtshoorn aangebied word, is gisteraand tydens ’n bekendstellingsprogram in die Kango Grotte bekend gestel.

Die 20ste fees sal van 29 Maart tot 5 April plaasvind.

Rhodé Snyman, waarnemende uitvoerende hoof van die Absa KKNK, het by die bekendstelling van die feesprogram vanjaar as ’n koor beskryf.

“Met ’n verskeidenheid bekende stemme, geharde stemme en nuwe stemme, klink die pr ...  Volledige Artikel


Zaaymans weer in Maart in hof

DIE saak teen ’n pa en sy seun, Daniël Zaayman (43) en Edward Zaayman (23), wat albei tereg staan op klagtes van bedrog, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn Landdroshof tot 10 Maart 2014 uitgestel.

Daniël word daarvan aangekla dat hy homself as ’n prokureur voorgedoen het terwyl Edward daarvan aangekla word dat hy voertuie gekoop het sonder om daarvoor te betaal en dit dan weer verkoop het.

Edward staan tans tereg op vier aanklagte van bedrog, maa ...  Volledige Artikel


Die Hoorn 13 jaar later

Die Hoorn personeelDIT is vandeesweek 13 jaar gelede wat Schalk en Liesel le Roux Die Hoorn op Oudtshoorn kom vestig het. Die eerste uitgawe van dié koerant vir die Klein Karoo het op 25 Januarie 2001 verskyn.

Schalk het voor sy koms na Oudtshoorn nege jaar as verslaggewer en subredakteur by Beeld in Johannesburg gewerk en daarna wye ervaring in die gemeenskapspers opgedoen. Hy het onder meer sy eie koerant in Sasolburg besit en dit later aan ’n groot koerantgroep verkoop.

 ...  Volledige Artikel


Ouma Sannah Bosch sterf op 105 jaar

Ouma Sannah Bosch (105) van Bongolethu, Oudtshoorn.BONGOLETHU se oudste inwoner, Ouma Sannah Bosch, is verlede Vrydag na ’n kort siekbed oorlede. Sy was 105.

Volgens ’n familielid was sy gedurende Desembermaand siek en in die hospitaal.

’n Dokter het aanbeveel dat sy in ’n tehuis opgeneem word waar goed na haar omgesien kan word. Sy is Vrydag in die Helen Bellinganhof Tehuis vir Bejaardes opgeneem, maar is dieselfde aand oorlede.

Ouma Bosch het met haar 105de verjaardag op 5 September 2 ...  Volledige Artikel


April-saak na streekhof

Die saak teen die burgemeester van die Groter Oudtshoorn, mnr Gordon April, en ’n voormalige munisipale bestuurder van die dorp, mnr Mpho Mogale, wat tereg staan op klagtes van bedrog, is na die streekhof verwys.

Landdros Johan Steyberg het die saak verlede Vrydag vir ’n verhoordatum tot Maandag, 27 Januarie 2014, uitgestel.

Die saak spruit uit die goedkeuring wat April en Mogale glo in September 2011 gegee het vir die uitbetaling van skeidingspakkette aan mnr ...  Volledige Artikel


DA sal oorneem, sê Bekker

DIE DA sal die Groter Oudtshoorn-raad oorneem, maar dit doen deur die toepaslike wetlike prosesse te volg, sê die kiesafdelingshoof van die party, mnr Jac Bekker.

“Die DA glo in die oppergesag van die reg en dit sal die proses dikteer.”

Volgens Bekker gaan hoëprofiellede van die DA Oudtshoorn binnekort besoek om die DA se strategie met inwoners en ander belanghebbendes te bespreek.

Hy het aangedui dat meer inligting hieroor binnekort bek ...  Volledige Artikel


Volstruisbedryf begin kop oplig

Mnr Piet Kleyn, uitvoerende hoofbestuurder van die SA Volstruisbesigheidskamer.HOEWEL die probleme met en rondom die Avian Influenza-virus (AI) die volstruisbedryf kwaai geknou het, meen hy die bedryf is verby sy laagtepunt en lyk die vooruitsigte goed, sê mnr Piet Kleyn, uitvoerende hoofbestuurder van die SA Volstruisbesigheidskamer.

Nadat die Europese Unie verskeie kere ’n verbod geplaas het op die uitvoer van rou volstruis-vleis na Europa het die Departement van Landbou, Bosbou en Seevisserye (DAFF) hoë vereistes gestel vir die registrasie v ...  Volledige Artikel


Skade hier nie baie erg

HOEWEL die reën van vroeër vandeesmaand op Calitzdorp welkom was ná ’n droë en warm Desember, het dit wel skade aan druiweoeste veroorsaak, sê mnr Boets Nel van De Krans Wynkelder.

Nel sê daar het sowat 100mm in die omgewing geval. “As ’n mens kon kies, sou sowat 50 mm beter gewees het. Maar ons is dankbaar dat ons nie groot skade gely het soos boere in die Ladismith-distrik nie.”

Weens die lande wat te nat was, wa ...  Volledige Artikel


Verkeersvrou in hof • Liggaam langs motor gevind • 19-jarige gesteek

’N PROVINSIALE verkeersbeampte van Oudtshoorn het Maandag in die Oudtshoorn Landdroshof op ’n klag van oproerigheid verskyn nadat sy na bewering Vrydag probeer het om ’n polisiebeampte aan te rand. Die saak teen haar is tot 7 Februarie uitgestel.

Die voorval het omstreeks 16:15 by die Engen Garage in Langenhovenweg by die uitgang van Oudtshoorn na George plaasgevind.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die bestuur ...  Volledige Artikel


Attakwa-rekord spat

Deelnemers aan die Attakwa Bergfietsmarathon ry Saterdagoggend dat die stof staan.MET sy eerste deelname aan Saterdag se Fairview Attakwas Extreme-bergfietsmarathon tussen Oudtshoorn en Groot Brak het die Switser Urs Huber die rekord aan flarde gery met sy tyd van 4 uur 47 min en 46 sek. Die 121 km van dié uitmergelende ren, sluit klimwerk van 2900 meter in.

Die 28-jarige Huber, wat in bergfietsmarathonne spesialiseer en ’n voormalige Switserse kampioen is, het die rekord van 04:56:29 van sy landgenoot en die Attakwas se verdedigende kampioen, Christo ...  Volledige Artikel


Sportgeskiedenis

Sportgeskiedenis word Saterdag op Oudts-hoorn gemaak met die opening van die Eden Distriksportakademie (voorheen SWD Sportakade- mie) se nuwe kantore en ouditorium by die De Jagersportkompleks op die dorp.

Die opening, wat om 09:00 begin, sal deur die Wes-Kaapse minister van Kulturele Sake en Sport, dr Ivan Meyer, waargeneem word.

Die opening sal ook bygewoon word deur Oudtshoorn se uitvoerende burgermeester, mnr Gordon April, en verskeie senior amptenare van die Wes-Kaap ...  Volledige Artikel


Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

The main functions of the root are anchorage, absorption of water and salts from the soil and conduction of these substances to other parts of the plant.

Book Online Swartberg Circle RouteHlangana LodgeThree times AA award winning Guest HouseBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationOudtshoorn Estate Agent - Pam GoldingSurval Boutique Olive EstateLugro Ostrich Leather ProductsRoute 62Klein Karoo Weddings

Local Flora

Succulent Karoo species
Web Design and Development
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •