Oudtshoorn Info
Friday, 19 April 2019  8:40am SA Time 
Back to Main Archives page
DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
 
30 Januarie 2014
 
Abraham mediatoer

Abraham mediatoerDie rolprentmaker Jans Rautenbach (78) praat met intense emosie oor die film Abraham wat tans in die omgewing van De Rust verfilm word. By Rautenbach staan Riku Lätti wat die oorspronklike musiek vir die rolprent gekomponeer het en die kunstenaar Wendy Malan wat as kunsregisseur vir die rolprent optree. Die Absa KKNK het verlede Donderdag lede van die media op ’n toer na verskeie uniekhede van die Klein Karoo geneem, onder meer na dié terrein waar ’n vaalgeel huisie deur  ...  Volledige Artikel


Vrey sê hy is onskuldig

HY ontken nie dat hy kelnerinne tydens onderhoude gevra het om in die ronde te draai nie, het ’n sakeman van Oudtshoorn, mnr Ben Vrey, verlede Donderdag in die Oudtshoorn Streekhof onder kruisverhoor getuig.

“Ek wou net die mooiste meisies aanstel omdat dit van my as konsessiehouer verlang is,” het Vrey getuig.

Hy het egter ontken dat hy die kelnerinne drukkies gegee en betas het.

“Ek was met almal vriendelik, dis al. Ek het vir al my w ...  Volledige Artikel


Burgemeester na streekhof

’N BEDROGSAAK teen die burgemeester van Oudtshoorn, Gordon April, en ’n voormalige munisipale bestuurder van die dorp, Mpho Mogale, sal op 14 Februarie in die streekhof begin.

Die datum is Maandag deur landdros Johan Steynberg vasgestel toe April en Mogale in die landdroshof voor hom verskyn het.

Die saak spruit uit goedkeuring wat April en Mogale glo in September 2011 gegee het vir die uitbetaling van skeidingspakkette aan mnre Noël Pietersen, voormalige ...  Volledige Artikel


Polisiebeampte vas oor dwelms

DIE De Rust Polisie het Sondag ’n polisiebeampte van die SAPD op Leeu Gamka saam met twee ander persone op die OudtshoornDe Rustpad in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.

Al drie verdagtes is van Blomnek in De Rust.

Volgens kapt Bernadine Steyn, SuidKaapse polisiewoordvoerder, is die drie vasgetrek nadat lede van die De Rust Polisie ’n polisievoertuig omstreeks 12:35 in die omgewing van die Le Rouxstasie tussen De Rust en Oudtshoorn deurgesoek het. Twaal ...  Volledige Artikel


Ma, seun hier gegroet

Die familie Saterdag by die grafte van Carin Rabbets en haar seun Ralph op Oudtshoorn.CARIN het grootgeword in die NG Kerk OudtshoornWes, sy is daar voorgestel en haar seun, Ralph, daar gedoop daarom was dit reg dat Carin en Ralph se begrafnis en roudiens in dié kerk afgesluit is, het adv Hannes Cloete, Carin Rabbets (49) se broer, Saterdag by die roudiens vir sy suster en haar seun gesê.

Carin en Ralph (18) het op Vrydag, 17 Januarie, in ’n motorongeluk gesterf terwyl hulle van hul huis op Malmesbury op pad was na die Universiteit van die Vrystaat  ...  Volledige Artikel


Prokureursfirma, dorpsbestuurders saam in die hof

’N PROKUREURSFIRMA van Oudtshoorn, Avontuur en Genote Ingelyf, die eienaar Clyde Avontuur, en twee voormalige munisipale bestuurders, Noël Pietersen en Mpo Mogale, het vandeesweek in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn op aanklagte van diefstal en bedrog (alternatiewelik diefstal) en die versuim van behoorlike rekenkundige boekhourekords.

Adv Duncan Korabie wat vir Mogale verskyn het, het die hof Dinsdag versoek om sy kliënt vry te spreek en te ontslaan omdat die staat ...  Volledige Artikel


Gimnasium vier sy 21ste

Die hoofseun en hoofmeisie, Charl Kemp en Elmarie Botes, lui die klok 21 keer!EEN van Oudtshoorn se topskole, Langenhoven Gimnasium, het gister sy 21ste verjaarsdag gevier. Langenhoven Gimnasium het in Januarie 1993 sy deure die eerste keer geopen ná die amalgamasie van die Hoërskool CJ Langenhoven (’n handelskool) en die Hoër Tegniese Skool.

Die dag het afgeskop met ’n saalbyeenkoms wat deur oudhoofde en ander belanghebbendes bygewoon is. Onder die eregaste was die skool se eerste hoof en adjunkhoof, mnre Erich Terblanche en Johan ...  Volledige Artikel


Carlito droom van studeer en werk

Die vriendelike Carlito Michaels (18) van Smartie Town, wat matriek met ’n Bgemiddeld geslaag het en gewys het dat ’n gestremdheid ’n mens nie hoef terug te hou in die lewe nie. By hom is sy ma, Mary Agulhas.SY groot droom is om ’n werk te vind en ook moontlik te studeer, sê Carlito Michaels (18) van Smartie Town, Oudtshoorn, wat pas sy matriekeksamen geskryf het.

Carlito ly sedert sy babadae aan spinale distrofie wat hom van ’n rolstoel of hulp van ander afhanklik maak om te kan rondbeweeg. Hy staan moeilik op en kan met moeite enkele treë sonder hulp loop. Noudat sy skooldae verby is, bring hy die grootste deel van sy dag voor ’n rekenaar by die huis deur.  ...  Volledige Artikel


20ste Klein Karoofees

DIE Absa KKNK het sy 20ste fees op Oudtshoorn verlede Woensdagaand in die Kango Grotte op hoë noot afgeskop. Die bietjie meer as 100 genooide gaste oa lede van die media en stigterslede van die fees kon die Grotte se skoonheid én akoestiek ervaar met ’n optrede deur Jannie Moolman, die sopraan Friedl Mitas en die Hoërskool Oudtshoorn se spogkoor.

Die Klein Karooomgewing het met reg die hoofrol vertolk in die bekendstelling van vanjaar se fees dit is immers die  ...  Volledige Artikel


Vragmotor ná ongeluk gestroop

Die vragmotor van 22 meter lê geknak langs die pad by die ingang na Meiringspoort vanaf Klaarstroom se kant.’N SKARE inwoners van Klaarstroom en Blomnek by De Rust het Vrydag ’n groot vragmotor wat omstreeks 13:30 in Meiringspoort omgeslaan het, van sy vrag gestroop ten spyte van versoeke dat net die vrag wat uitgeval het, geneem mag word.

Die tien polisiebeamptes op die toneel kon vroegaand nie meer die groot getalle mense van die vrag weghou nie. Die vragmotor het ’n wye verskeidenheid kruideniersware vervoer.

Mense het deur die loop van die middag te voet e ...  Volledige Artikel


Man kry 23 jaar ná skokkende hofsaak
‘Skandalig, wreed, onmenslik en veragtelik’

“Skandalig, wreed, onmenslik en veragtelik.” Só het streeklanddros Daniël Boks gister in die streekhof op Oudtshoorn die optrede van ’n man van Dysselsdorp beskryf voordat hy hom 23 jaar tronk toe gestuur het.

Hendrik Lewis (38) het die ma van sy twee kinders, wat hom juis as gevolg van sy wreedheid verlaat het, twee keer verkrag en haar twee keer gedwing om sy ontlasting te eet.

Hy is 18 jaar gevonnis vir die verkragtings en vyf jaar vir aan ...  Volledige Artikel


Dié vroue koop 1ste

HULLE is nie net jaarliks eerste by Computicket op Oudtshoorn om kaartjies vir die Absa KKNK te koop nie, hulle is ook waarskynlik Oudtshoorn se grootste kopers van kunstefeeskaartjies.

Dit is nou die susters Bernadien Kleyn en Annamarie Janse van Rensburg en hulle ma, Maryna Barnard.

Vir vanjaar se 20ste KKNK het hulle drie reeds 72 kaartjies tussen hulle gekoop! Bernadien, medeeienaar van die haarsalon Serious Hair op Oudtshoorn, sê sy en Annemarie was Donderdago ...  Volledige Artikel


Eden Sportakademie opening

Eden Sportakademie openingDie kantore van die Eden Sportakademie by die De Jager Sportkompleks op Oudtshoorn is Saterdag amptelik in gebruik geneem. Die opening is waargeneem deur adv Lyndon Bouah (derde van regs), hoofdirekteur van die WesKaapse Departement van Sport en Rekreasie, en me Lea Stalmeester (naasregs), raadslid van Oudtshoorn. By hulle is van links mnre Ian Laubscher, sportbeampte by die Oudtshoorn Munisipaliteit, Abrie de Swardt, bestuurder van die Eden Sportakademie, Goliath Munro, voorsitter van die Eden  ...  Volledige Artikel


Groot tweekamp op Oudtshoorn

TWEEKAMPATLETE van wyd en syd sak weer die naweek op Oudtshoorn toe vir die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit/Kangogrotte Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms.

SWD Tweekamp bied die byeenkoms, wat voorheen as die Highgate Interprovinsiale byeenkoms bekend gestaan het, in samewerking met die OP aan.

Die byeenkoms begin Saterdag om 07:30 op die De Jager Sportgronde met die amptelike opening waarna die baanitems om 08:00 begin.

Nadat al die deelnemers klaar gehardlo ...  Volledige Artikel


Gimmies kyk gimkana

Gimmies kyk gimkanaDrie leerders van Langenhoven Gimnasium wat lid van die BeaufortWes Gimkanaklub is, het Vrydag ’n gimkanavertoning op hul skool se rugbyveld gelewer om dié perdesport onder hul medeleerders bekend te stel. Die drie is Johan Strydom, wat vir die Proteaseunsspan gekies is, sy suster, Chrismarie wat vir die SA o.14meisiesspan gekies is, en GW Lund. Groter Foto


Union Stars boaan punteleer

UNION Stars is ná goeie oorwinnings die naweek oor Mayflower van Groot Brakrivier en Pacaltsdorp United die nuwe voorloper op die punteleer van die Premierliga van die SWD Krieketraad.

In die wedstryd teen Mayflower het die verdedigende kampioen eerste gekolf en ’n beskeie telling van 118 aangeteken met net Claude Campher (53) wat met die kolf beïndruk het.

Mayflower het egter nog swakker gevaar en is vir ’n skamele 46 lopies uitgehaal wat aan Unio ...  Volledige Artikel


Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

The extended root systems, growth points which are situated very close to the ground, and the general hardiness of grasses, enable them to grow under unfavourable conditions, and in so doing , protect the soil against erosion.

Book Online Route 62Three times AA award winning Guest HouseSurval Boutique Olive EstateLugro Ostrich Leather ProductsSwartberg Circle RouteBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationKlein Karoo WeddingsHlangana LodgeOudtshoorn Estate Agent - Pam Golding

Local Flora

Succulent Karoo species
Lugro Ostrich Leather Products - Exclusively Handmade
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •