Oudtshoorn Info
Wednesday, 19 June 2019  7:12pm SA Time 
Back to Main Archives page
DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
 
8 April 2009
 

Back to Previous page

AMANDA VIER 15 JAAR BY KKNK

Deur Liesel le Roux

Amanda Strydom een Lize BeekmanSAAM met die Absa KKNK vier Amanda Strydom vanjaar haar 15de feesjaar op Oudtshoorn. Sy vier boonop ook haar 30ste jaar op die verhoog - nog n besonderse mylpaal.

Di formidabele kunstenaar deel vanjaar die verhoog met nog n sanger en liedjieskrywer, Lize Beekman, vir n unieke musiekervaring, Saam.

Die Hoorn het per e-pos met Amanda gesels en haar gepols oor die KKNK, hoogtepunte oor die jare en oud-pres Nelson Mandela.

Die feit dat jy nog by elke KKNK was, s seker iets van jou verbintenis/verhouding met di fees. Waarom vir 15 jaar elke jaar by die KKNK?

Ek kan my nie n jaar sonder die KKNK voorstel nie - dis my gunstelingfees. Ek was daar in die begin toe die idee posgevat het en het die fees sien groei van n baba na n volbloed tiener. En ek het elke groeipyn deurgemaak!

Ek is so dankbaar dat elke produksie wat ek die afgelope 15 jaar aan die KKNK voorgel het, aanvaar is. Hierdie fees gee vir my die geleentheid om nuwe werk vir gehore aan te bied. Dis soms erg senutergend, maar dit bly vir my die beste platform om nuwe werk bekend te stel. Dit vind relatief vroeg in die jaar plaas en n nuwe produksie moet my vir n jaar lank werksgeleenthede gee - die KKNK is die perfekte vertoonkas.

Natuurlik stimuleer feeste n mens se kreatiwiteit - veral as jy na goeie produksies gaan kyk. Ek het The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder vir die eerste KKNK geskryf en State of the Heart, wat ek in 1993 geskryf het, op die destydse Rimpelfees opgevoer.

Kunstefeeste bied n baie belangrike platform vir kunstenaars, veral vir teater in die tyd waarin ons leef.

Jou verhouding met die KKNK gaan onskynlik wyer as net optredes op die verhoog. Ek onthou hoe jy deelgeneem het aan n optog deur die strate die jaar toe oud-pres Nelson Mandela die fees bygewoon het (so ver ek weet, nie jou eerste ontmoeting met hom nie). Was dit n hoogtepunt vir jou?

Dit was inderdaad my heel eerste ontmoeting met mnr Mandela en n onvergeetlike gebeurtenis. Ek sal nooit vergeet hoe ons die Madiba shuffle saamgedans het nie! As ek reg onthou, was die optog op uitnodiging van die feeskomitee aan kunstenaars toe die KKNK die Vryheid van Oudtshoorn ontvang het - dit was n groot oomblik toe ons almal saam op die verhoog die Volkslied gesing het en mnr Mandela die Afrikaanse Verseboek omhoog gehou het en ges het: Afrikaans is vry! Hy het sy hele toespraak in Afrikaans gelewer. Min het ek geweet dat ek twee weke later saam met hom tee sou drink en koeksisters eet. En maande later aan huis met hom sou kuier.

Ander hoogtepunte die afgelope 15 jaar by die KKNK?

Daar was so baie. Die Karoo Pops was altyd n hoogtepunt - om onder die sterrehemel met n simfonie-orkes voor duisende mense op te tree wat die woorde saam met jou sing, was altyd wonderlik. Elke nuwe produksie wat ek geopen het, was n belewenis, asook samewerking met musiekgenote soos Laurika Rauch, Coenie de Villiers, Koos Kombuis, Stef Bos en Cutt Glas. Die bekendstelling van my eerste boekie, Kaalvoet, by die Boekeparadys, met die hulp van Dirk en Reinet Nagtegaal, was beslis n hoogtepunt. So ook my optrede met die Libertaskoor onder leiding van Johan de Villiers in die Misa Criola.

Jy was die afgelope jare al saam met n aantal formidabele kunstenaars op die KKNK-verhoog. Hoekom en hoe het jy en Lize Beekman by mekaar uitgekom vir vanjaar se vertoning?

Ek en Lize ken mekaar al sedert 1995. Sy het vyf liedjies van my album, Vrou by die Spiel, saam met my gekomponeer, insluitend die bekende titelsnit. Sy was musikale regisseur van my Hennie Aucamp-kabaret, n Vuur gevang in glas, en ook die produsent van die gelyknamige album waarvoor ons n Sama-nominasie ontvang het vir beste klankbaan in n musiekblyspel.

Lize en ek is albei liedjieskrywers en sangers, en daar is soveel raakpunte in ons werk. Sy is nou n gevestigde kunstenaar in eie reg en staan met haar voete stewig op die aarde. Ek bewonder haar groei - as mens en kunstenaar. Ons wou nog altyd iets saamdoen en ek glo alles gebeur op die regte tyd. Die tyd is nou.

Ons werk ook saam met dieselfde musikante - Floors Oosthuizen en David Klassen. My musikale regisseur, Janine Neethling, voltooi die sirkel in ons musiekfamilie. Saam gaan n baie mooi konsert wees.

Jy vier ook vanjaar jou 30ste jaar op die verhoog - nog n besondere mylpaal. Wat l vir jou voor vanjaar? Is daar enige spesiale manier waarop jy die 30 jaar-mylpaal gaan vier?

Ek doen heelwat solo-optredes, en Lize en ek is genooi om Saam by die Innibos-fees te doen. Ons hoop om dit ook by ander feeste te kan opvoer. Ek toer in November/Desember met 18 vertonings weer deur Nederland en tree onder meer twee keer in Amsterdam op. Ek vier die mylpaal met dankbaarheid elke keer as ek n lied sing.

Hoe verander n kunstenaar se aanslag deur so n tydperk van 30 jaar? Ek het jou die eerste keer in 1981 gesien in Met Permissie Ges in die Mark Teater, onthou jou in 1922 op TV en het deur die jare jou loopbaan gevolg. Daar was altyd n passie en toegewydheid by jou, maar n mens en kunstenaar verander tog soos die lewe en die jare aanstap?

Aan passie en toewyding sal daar nooit n gebrek in my lewe wees nie - dit is wat my dryf. n Mens leer ook deur die jare om dit wat jy ontvang het, te respekteer.

Niks is vanselfsprekend nie. En die wete dat die lewe kort is.

Doen wat jy doen so goed moontlik. As n mens minder word (lees: ontdaan van ego en selfbeheptheid), sien jy wat God beplan het met die gawe wat Hy jou gegee het. Dan werk jy rs reg daarmee.

Watter mense het jou loopbaan deur die jare die meeste benvloed?

Daar was soveel engele op die pad, ek is bang ek laat iemand uit as ek name moet begin noem. Maar ek moet my mentor, Hennie Aucamp, en my musikale regisseur van die afgelope 11 jaar, Janine Neethling, noem.

Het jy n geliefkoosde uithangplek/ besoekpunt/wegkruipplek by die KKNK?

My huisie by my geliefkoosde blyplek - ek bly die afgelope 13 jaar tydens die fees daar en die personeel het soos familie geword. Ek maak altyd n draai by die Boekeparadys, Paljas, Jemimas, die Kliphuis en die 711.

• Amanda Strydom en Lize Beekman in Saam, die Absa Burgersentrum op Woensdag 8 April om 14:00, Donderdag 9 April om 20:00, Vrydag 10 April om 20:00 en Saterdag 11 April om 10:00. Kaartjies is te koop by Computicket, Shoprite en Checkers.


Back to Previous page

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

In May 2009, a rare 7,3-carat blue diamond, discovered in South Africa, sold for more than $8,4 million, the highest price ever for a gem of its kind, according to auctioneers, Sotheby's.

Book Online Hlangana LodgeLugro Ostrich Leather ProductsSwartberg Circle RouteSurval Boutique Olive EstateOudtshoorn Estate Agent - Pam GoldingThree times AA award winning Guest HouseKlein Karoo WeddingsBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationRoute 62

Local Flora

Succulent Karoo species
Web Design and Development
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •