Oudtshoorn Info
Thursday, 17 January 2019  9:27pm SA Time 
Back to Main Archives page
DIE HOORN - Your Newspaper : U eie koerant
 
5 Mei 2005
 

Back to Previous page

SAKELUI GESELS OOR ALPHEN

DIE ses sakelui wie onlangs Oudtshoorn se susterstad, Alphen aan den Rijn, besoek het, het Dinsdagaand terugvoer gegee aan sakelui en ander belangstellendes oor die positiewe wat die ooreenkoms vir Oudtshoorn inhou.

Mnre Rassie Kleyn, André van Greunen, Bennie de Wet en Alie Kilian en mes Sandra Africa en Debby Bruce het tydens die vergadering gepraat oor die organisasies en besighede wat deur hulle besoek is. Hulle het ook hul dank uitgespreek teenoor die munisipaliteit van Oudtshoorn vir hul visie en inisiatief om so ’n ooreenkoms van stapel te stuur.

Kleyn het gesê dit is nou tyd dat die gemeenskap van Oudtshoorn hierdie sustersooreenkoms omarm en daarby betrokke raak. “Besigheid vandag gaan oor netwerke bou en die sustersooreenkoms gee vir ons geleenthede om verder ons netwerke uit te brei,” het hy gesê. Die volgende het uit die besoek aan Alphen aan den Rijn voortgespruit:

  • ’n Handelsending van die Alphen-streek word beplan vir later vanjaar;
  • Die uitruil van kunstenaars, kunskennis en tegnieke;
  • Die moontlikheid van werkskepping deur die vervaardiging van “sling bags”;
  • “Adopt a school”-projek vir behoeftige skole;
  • ’n Donasie van R25000 wat reeds bewillig is vir ’n skool vir klimapparaat;
  • Einde September word ’n handelskou in Alphen aan den Rijn aangebied waar die Besigheidskamer reeds twee stallejies bespreek het met die doel om plaaslike opkomende entrepeneurs se artikels te bemark en moontlik nuwe markte vir hulle te vind.

Die gaspreker, Litha Kutta van Red Door, het die sakegemeenskap genooi om deel van die Red Door-projek te word en hul kundigheid en kennis in te gooi om dit ’n sukses te maak.

• Kleyn sê dit is jammer dat so min mense die aand bygewoon het. “Ongelukkig was daar egter ook ander belangrike vergaderings aan die gang en is dit Pinkstertyd.

“Dié twee sake is so positief vir Oudtshoorn en bied vir almal geleenthede. Daarom sal die Besigheidskamer binnekort verder met sy lede skakel om meer inligting bekend te maak. Ons gaan ook hard werk oor die volgende maand of wat om toe te sien dat soveel moontlik mense by die kamer betrokke raak om voordeel te trek uit alles wat ons dorp kan bied. Ek is dankbaar dat die munisipaliteit sy belangstelling wys met amptenare wat sulke aande bywoon. Saam kan ons die dorp net vorentoe laat gaan,” het hy gesê.


Back to Previous page

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

A champion high-jumper, the kudu poses a real threat to motorists in rural areas, especially at night.

Book Online Lugro Ostrich Leather ProductsOudtshoorn Estate Agent - Pam GoldingSwartberg Circle RouteHlangana LodgeSurval Boutique Olive EstateKlein Karoo WeddingsThree times AA award winning Guest HouseBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationRoute 62

Local Flora

Succulent Karoo species
Lugro Ostrich Leather Products - Exclusively Handmade
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •