Oudtshoorn Info
Friday, 19 April 2019  8:56am SA Time 
Back to Main Archives page
'n KKNK 2012 ervaring

KKNK

En so hou ons land baie feeste
die bymekaarkomplek van talle kunstenaarsgeeste
Party sing, ander speel toneel
‘n passie vir hul wat my nooit sal verveel.

Die mense eet, loop en kyk die shows
en in die proses vergeet party hul maniere
Ek het dit egter baie geniet
want ek is nie die een met die feesverdriet!

Die harde musiek laat my borskas bedruk
maar die tonele het my tot die werklikheid geruk
Want skielik herken ek myself in die stuk, “Ou Blare”
en besef ek, ek het aangestap in lewensjare.

Coenie, Brumilde, Ben en diegene byna vergete
het my weer laat besef
dat die lewe nie net bestaan uit ‘n gejaag na wind
maar dat ons weer vrede in hul bewegings kan vind.

Aan die einde van die dag keer
elke een na sy leë nes terug
en die arme kunstenaars moet voort swoeg en sweet
om iets te verdien dat hul ook ‘n broodjie kan eet.

Kom mense, ondersteun diegene
met passie in hul geboortegene
hulle maak die lewe vir ander die moeite werd
al is dit net vir ‘n paar rand… in ‘n bruin koevert.

- Greta Bezuidenhout


  Article Date: 10 April 2012

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

Insects are the preferred snack for meerkats (suricates), but they also dig for scorpions and will take lizards and small snakes.

Book Online Surval Boutique Olive EstateThree times AA award winning Guest HouseSwartberg Circle RouteKlein Karoo WeddingsBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationHlangana LodgeRoute 62Oudtshoorn Estate Agent - Pam GoldingLugro Ostrich Leather Products

Local Flora

Succulent Karoo species
Web Design and Development
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •