Oudtshoorn Info
Wednesday, 16 January 2019  2:14pm SA Time 
Back to Main Archives page
EEN UIT VYFTIG BESTEMMINGS

Reaching for the sky - JamstreetEEN UIT VYFTIG BESTEMMINGS

Die unieke bestemming in die Klein Karoo - Jamstreet Plaas - 5 km buite Oudtshoorn, is pas in die Julie uitgawe van MANGO se reistydskrif aangewys as een van 50 bestemmings om in Suid Afrika te besoek.

"With the big wide world growing ever more accessible, there comes the danger of missing out on many of our home grown wonders. Keith Bain suggests a few local destinations you dare not leave off your travel bucket list" - Juice, July 2012.

Die eienaars, Danie du Plessis en Wim Rheeder, het die plaas 6 jaar gelede gekoop met die doel om 'n bestemming in die Klein Karoo te vestig en hul kreatiewe visie is beloon met hierdie onderskeiding. Die plaas was al 5 keer op TV waaronder, Pasella, Kwêla en Ontbytsake en artikels het al in meer as 17 tydskrifte verskyn, waaronder De Kat, Elle Decoration, Vrouekeur, Ray, South, Garden Route Living, Vital Magazine en Country Living. Die vorige eienaars het 'n melkery bedryf en die melkstal is omskep in 'n unieke uitstalruimte en die galery heet MOOOI waar 'n uiteenlopende versameling beelde en skilderye uitgestal word. Die plaas spog ook met 'n Amfiteater met sitplek vir 1 200 mense asook 'n groter area waar die Britse Popgroep Smokie verlede jaar tydens hul wêreldtoer opgetree het. Tydens die konsert was 3 500 konsertgangers teenwoordig. Die Swartberge dien as 'n wonderlike agtergrond vir optredes in die Amfi.

Ons is baie trots op die onderskeiding en dat ons in dieselfde geselskap as ikoniese bestemmings soos die Uilhuis in Nieu-Bethesda en Babylonstoren in Franschhoek gereken word.

Die plaas word gekenmerk deur die interessante herwinning van materiaal wat as installasies pryk of te koop aangebied word.

Die uitbreiding en ontwikkeling van Jamstreet is 'n deurlopende proses en gaste staan verstom dat daar met elke besoek nuwe elemente gevestig is.

Jamstreet het die eerste bottel labirint in die wêreld gehad maar die moes ongelukkig plek maak vir 'n area wat geoormerk is vir groter konserte en uitstallings. Die bottel labirint word egter spoedig vervang met 'n labirint bestaande uit spekbome en ou motorbande wat ook 'n eerste sal wees.

Die installasie van Strijdom van der Merwe - Reaching for the Sky - is 'n groot aantrekkingskrag en met die volgende KKNK word reuse kuns installasies beplan.

Uniek, kreatief en stylvol is die vertrekpunt van die Jamstreet Plaas.

Die plaas is oop vir besoekers op Vrydae en Saterdae, waartydens ligte etes en wyne uit die streek bedien word.

www.facebook.com/jamstreet.farm


  Article Date: 31 July 2012

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

As of March 2009, more than 10 million households (77%) had access to sanitation compared to about five million (50%) in 1994.

Book Online Klein Karoo WeddingsBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationLugro Ostrich Leather ProductsThree times AA award winning Guest HouseSurval Boutique Olive EstateHlangana LodgeOudtshoorn Estate Agent - Pam GoldingSwartberg Circle RouteRoute 62

Local Flora

Succulent Karoo species
Lugro Ostrich Leather Products - Exclusively Handmade
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •