Oudtshoorn Info
Friday, 19 April 2019  9:44am SA Time 
Back to Main Archives page
’n ROCK OPERA in die Klein Karoo

VonWest Op Sondagaand 24 Februarie om 18:45 tree VonWest in die Jamstreet Amfi, net buite Oudtshoorn, op saam met die Wesbank Laerskoolkoor. Die optrede is deel van Jamstreet en Die Herrie se Sonsondergang konsertreeks. Hul optrede is voorafgegaan deur optredes van Andre Schwartz en Jak de Priester.

VonWest is Pieter West en Dewald von Solms. In 2011 het Christa Steyn met die 2 kunstenaars ontmoet en 2 liedjies opgeneem, om te sien of die samewerking van opera en volwasse kontemporêre musiek sal werk, die eindresultaat is VonWest. Die album bevat oorspronklike materiaal, 'n paar bekende "covers" van gewilde liedjies en 'n paar klassieke musiek gunstelinge. Die album is opgeneem en vervaardig deur die krities bekroonde Christa Steyn, oor 'n tydperk van 8 maande, terwyl sy 'n stryd met kanker gehad het, en die uiteinde was haar beste werk ooit.

Pieter West het met sy skaam natuur en "sexy" growwe stem die Suid-Afrikaanse publiek aan sy voete gehad met die sesde seisoen van Idols. Hy het die vyfde plek behaal met sy treffende weergawes van "You can leave your hat on" en "Dancing in the dark". Hierdie boorling van die Suid-Vrystaat loop oor van talente met stem en kitaar en hy toer sedert Idols die land plat. Pieter West is ewe gemaklik op die verhoog met net sy kitaar of in hierdie groot produksie van VonWest. 'n Ster vir die toekoms, voorwaar!

Dewald von Solms, een van Suid-Afrika se top tenore, spog met optredes oor die hele wêreld vir o.a. Black Tie Ensemble, Cape Town Opera, Opera Africa, The Playhouse Company, Salon Musiek en die Tel Aviv Operahuis. Hy vermaak al vir meer as 15 jaar gehore op die opera verhoog sowel as by privaat en korporatiewe funksies. Op die kruin van sy loopbaan besluit hy om die klassieke verhoog te verruil vir die sielsverrykende wêreld van ligte musiek in Suid-Afrika. Na hoofrolle in Rigoletto, La Traviata, La Boheme, Cavallierra Rusticana, Die Fledermaus, Tosca, Carmen, The Student Prince en Madam Butterfly, kies hy om eerder te sing vir Suid-Afrikaners en verkieslik in hulle taal, eerder as 'n opera loopbaan in Europa.

Die kombinasie van "rock" en opera beloof om 'n onvergeetlike ervaring te wees en sal in elke musiekliefhebber se smaak val. Dié kombinasie met die Swartberge as agtergrond in die Jamstreet opelug venue tydens volmaan beloof om soos al die vorige konserte 'n ervaring duisend te wees. Hekke open reeds om 17:00. Kosstalletjie en 'n kontantkroeg is beskikbaar. Kaartjies kos R100 en is verkrygbaar by Die Herrie en Bottega Galery in Oudtshoorn. Vir verdere navrae skakel 082 5100 516.


  Article Date: 7 February 2013

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

The front teeth of rats grow between 11.5 and 14 cm per year. Rats wear them down by constantly chewing on everything around them.

Book Online Surval Boutique Olive EstateThree times AA award winning Guest HouseBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationKlein Karoo WeddingsSwartberg Circle RouteRoute 62Lugro Ostrich Leather ProductsHlangana LodgeOudtshoorn Estate Agent - Pam Golding

Local Flora

Succulent Karoo species
Lugro Ostrich Leather Products - Exclusively Handmade
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •