Oudtshoorn Info
Friday, 19 April 2019  8:40am SA Time 
Back to Main Archives page
Swaaibrug - voor en na

Suspension Bridge before

Droom vir Oudtshoorn spring Saterdag 1ste Junie weer an die werk en beplan om doenig te wees vir die volgende ses maande.

Saterdag is ons weer by die swaaibrug, ons doen opknappingswerk en wil graag nog vetplante plant langs die nuutgeboude sypaadjie voor die aftreeoord. Kyk net watter groot verskil daar al reeds is in die foto's hieronder. (nog fotos op ons Facebook blad Droom vir Oudtshoorn)

Hoe meer van ons betrokke raak by die Droom hoe vinniger en beter sal ons Drome waar word, elkeen het 'n ander Droom. Miskien droom jy oor 'n mooier speelparkie in jou straat, 'n rommelvrye sloot vor jou huis… maak nie saak wat jou droom is nie dit kan gedoen raak. Ons help mekaar en spring self in die werk. As jy graag jou eie Droom projek wil aanpak in jou omgewing laat weet ons dan kom help ons waar ons kan. Die Droom is nie net ons kelin groepie mense nie, die Droom is Droom vir OUDTSHOORN, elkeen in Oudtshoorn kan betrokke raak.

Die Droom is al met soveel sukses in ander dorpe tot stand gebring, hoekom nie Oudtshoorn ook nie? As jy meer oor die landwye Droom projek in samewerking met RSG wil lees gaan kyk asb op die website www.sadogood.co.za daar kan jy sien hoeveel ander dorpe betrokke is, wat hul al reggekry het en wat moontlik is!

Ons kort nog heelwat mense om te help met die organisasie, as jy miskien paar ure 'n week vry het laat weet my asb. Dit sal wonderlik wees as ons 'n Dromer in elke wyk/area kan kry wat leiding kan neem daar.

Terug by Saterdag, ons kort nog heelwat vetplante, malvas, vygies ens om te plant. As jy enige plante het wat jy kan skenk (of steggies) laat weet my asb, ek sal dit kom optel. As jy self wil kom help vir 'n uur of twee is jy MEER as welkom, bring net asb jou eie tuingereedskap as jy het as jy nie het nie bring dan net jou ekstra paar hande.

Ons kort ook nog stewige hout/staal 'rods' om die aalwyne regop te hou en om die bougainnvilleas te laat opgroei. As jy enige iets soortgelyks het wat rondlê sal ons dit nuttig kan gebruik by die brug. Ons probeer ook om ons eie toolbox bymekaar te maak met tuingereedskap, baie van die vrywilligers wat kom help het nie hul eie tuingereedskap om saam te bring nie en as ons 'n klompie grawe, vurke en paar kruiwaens bymekaar kan maak, maak dit regtig ons taak soveel makliker.

Broodjies en iets te drinke is ook welkom vir die werkende Dromers. Dit is altyd lekker as mense stop en wys hulle ondersteun dit wat ons doen. Laat weet net asb as jy broodjies wil bring.

Dankie vir al die besighede wat ons ook reeds ondersteun!

Groete

Droom vir Oudtshoorn Span

ONS VOEL NIE VERE NIE

Source: Droom van Oudtshoorn


  Article Date: 10 June 2013

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

The Breede River Valley produces wines from muscadel to brandy and offers 10 different tourist routes in one area.

Book Online Surval Boutique Olive EstateKlein Karoo WeddingsSwartberg Circle RouteOudtshoorn Estate Agent - Pam GoldingRoute 62Lugro Ostrich Leather ProductsHlangana LodgeThree times AA award winning Guest HouseBackpacker's Paradise - Oudtshoorn Accommodation

Local Flora

Succulent Karoo species
Web Design and Development
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •