Oudtshoorn Info
Friday, 19 April 2019  8:34am SA Time 
Back to Main Archives page
KKNK Voorbrandfees - Bridgton Sportgronde

Karin Kortje

Die groot 20 jaar feesvieringe van die Absa KKNK skop reeds Vrydag, 21 Maart om 11:00 by die Bridgton Sportgronde af met die herlewing van die immergewilde Voorbrandfees. Die fees het ten doel om vir die inwoners van Oudtshoorn dankie te sê vir hul volgehoue ondersteuning die afgelope 20 jaar. Dit beloof om ’n opwindende naweek van musiek, toneel en vermaak te wees.

Almal word uitgenooi om ’n program, wat in almal se smaak sal val, by te woon. Karin Kortje, The Prerogatives en die Infantry School Dance and Choir Group sal die gehoor op hul voete hê, terwyl die karaktertjies Tjiff en Tjaff die kleingoed sal vermaak. Gedeeltes uit die gewilde 45° keer ook terug na die verhoog en beloof om een van die dag se hoogtepunte te wees. Stalletjies, ’n kontantkroeg en kindervermaak is ook op die program en toegang is gratis.

The Christadelphians

Op Saterdag, 22 Maart vind The Most Wicked Motorshow vir die agtste keer op Oudtshoorn plaas. Roune Morrison, die koördineerder van hierdie witwarm geleentheid is baie opgewonde oor hierdie vooruitsig wat opgewarmde motors en klankstelselkompetisies na Bridgton bring. Dit begin om 10:00 en word met die ondersteuning van die Absa KKNK en die Oudtshoorn Munisipaliteit aangebied. Kunstenaars soos DJ Ready D, Hemelbesem en Cream sal optree. Die geleentheid gaan groot pret vir die hele gesin bied. Toegang is R30.

Die naweek se verrigtinge word op Sondag, 23 Maart, afgesluit met die Gospel Explosion wat 12:00 begin. Die Christadelphians, Livard Hanse, Revolutionary Gospel Group en vele meer sal op die verhoog te sien wees. Toegang na hierdie byeenkoms is gratis. Vir meer inligting skakel 044 203 8600 of stuur ’n e-pos aan info@kknk.co.za.


  Article Date: 18 March 2014

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Archives pageTo Top

Did You Know ?

The Cango Caves were discovered by a Khoi herder in 1780.

Book Online Backpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationRoute 62Surval Boutique Olive EstateOudtshoorn Estate Agent - Pam GoldingThree times AA award winning Guest HouseSwartberg Circle RouteLugro Ostrich Leather ProductsKlein Karoo WeddingsHlangana Lodge

Local Flora

Succulent Karoo species
Lugro Ostrich Leather Products - Exclusively Handmade
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •