|
Back to Main Business page
Potgieter Passasiersvervoer |
Oudtshoorn to Cape Town
|
|
|
 |
Ons strewe en passie is om 'n veilige, betroubare en bekostigbare diens te bied.
Potgieters Passasiersdiens is gesteld op kliënte se veiligheid, gerief en stiptelikheid.
André is alleen eienaar en bestuurder van die luukse Mercedes Benz Sprinter Bussie wat oor die nodige spasie en lugreëling beskik.
Tariewe
Kansellasies en Voorwaardes

KANSELLASIES
- 1 - 2 dae voor vertrek datum - verbeur u 100% van u kaartjiegelde.
- 3 - 4 dae voor vertrek datum - verbeur u 50% van u kaartjiegelde.
- 5 - 7 dae voor vertrek datum - verbeur u 25% van u kaartjiegelde.
- 8 dae en vroeër voor vertrek datum - verbeur u 10% van u kaartjiegelde.
Let asseblief op die volgende voorwaardes
- Alle plekke moet vooraf bespreek en betaal word op die dag van bespreking.
- Onbetaalde besprekings sal gekanselleer word sonder enige verdere kennisgewing.
- Geen terugbetalings sal gedoen word vir passasiers wat nie opdaag nie.
- Alle bankdepositos moet bevestig word deur die deposito-strokie aan ons te faks - 044 272 7146
- Wees asseblief 15 minute voor die aangetoonde vertrektyd by die oplaaipunt, aangesien die bussie stiptelik op die genoemde tyd vertrek.
- Moenie die bus verlaat sonder die bestuurder se toestemming nie.
- Merk asseblief u bagasie duidelik vir uitkenning.
- Geen kartondose, kratte of losgoedere (slegs tasse of sakke).
- Drie tasse of sakke per passasier.
- Geen troeteldiere.
- Moet asseblief nie opstaan uit u sitplek terwyl die bus beweeg nie. Ons is nie verantwoordelik vir enige beserings nie.
- Hoewel ons alles in ons vermoë doen om te verseker dat die bussie betyds is, aanvaar ons geen verantwoordelikheid vir busse wat laat is nie.
|
|
Potgieter Passasiersvervoer |
Oudtshoorn to Cape Town
|
|
|
 |
 |
Back to Main Business pageTo Top |
|