Oudtshoorn Info
Friday, 19 April 2019  8:39am SA Time 
Back to Main Culture page
Seweweekspoort (Afr.)

Die pad van Amalienstein in die Klein Karoo durf die Klein Swartberge deur die Seweweekspoort aan, moontlik die ontsagwekkendste en mees skouspelagtige van al die berg klowe in die land.

Geen mens sal seker met die digter en skrywer, C. Louis Leipoldt, stry dat dit een van die 'sewe wonders' van die ou Kaap Provinsie is nie. Die gefolterde rots voue wat dikwels loodreg aan albei kante van die pad uittroon, weerspieël die onbegryplike geweld van die vulkaniese uitbarstings wat miljoene jare gelede die reekse van die Kaapse plooiberge gevorm het. Dikwels is die ineenlopende helling net wyd genoeg om die Huis rivier deur te laat terwyl die nakende verwronge rotswande die lug in steier om die son te verberg.

Gedurende 1859 besluit die owerhede om 'n pas deur die poort te bou. Die eerste deel word deur 'n span bandiete - sonder 'n padingenieur - gedoen. Vordering is stadig en in 1860 neem AF Smidt, swaer van die vermaarde pas bouer, Thomas Bain, bevel oor. Die pas word in November 1862 voltooi.

Die pas kronkel vir 17km deur die berge op 'n vlak wat wissel van 600m - 1000m bo seespieël. Dit kruis die stroom 23 keer, terwyl die uitsig op die berg aan weerskante tussen 1500 - 2000m hoog is.

Daar is verskeie stories om die naam Seweweekspoort te verklaar; dit het sewe weke geneem vir 'n berede kommando om 'n bende struikrowers wat uit Barrydale verban is, deur die Poort te neem; of vir die owerhede om 'n veedief wat die kloof ingevlug het, te vang; of vir 'n bende brandewyn smokkelaars om deur die Poort van Beaufort-Wes af terug te keer. Die waarskynlikste verduideliking is dat die Poort na Eerwaarde Zerwick van die Berlynse Sendingstasie te Amalienstein vernoem is, en dat die plaaslike bevolking nie sy naam kon uitspreek nie en dit Seweweekspoort genoem het.

Ruïnes van die oorspronklike tolhuis kan by die noordelike ingang van die Poort gesien word. Volgens oorlewering loop die spook van een van die eerste tolhek bedieners by die ruïnes. Op donker, stormagtige nagte is motoriste al deur 'n man met 'n lamp voorgekeer. As hulle stop, verdwyn die man, lamp en al.

Die Protea Aristata, 'n uiters seldsame protea spesie, is in die 1950's herontdek, nadat dit vermoet is dat die spesie uitgesterf het. Die protea blom gedurende desember en in die lente blom die aalwyne. Verskeie ander protea spesies word hier, hoog teen die hange, gevind.

Die Poort word in die weste oorheers deur die Seweweekspoortpiek, teen 2325m, die hoogste in die Klein Swartberge.

Source: Johlene Ellis - WebWorX & Oudtshoorn Info


  Article Date: 8 March 2005

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Culture pageTo Top

Did You Know ?

The Oudtshoorn district possessed 80 000 ostriches in 1904, rising to 110 000 in 1911.

Book Online Swartberg Circle RouteSurval Boutique Olive EstateBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationLugro Ostrich Leather ProductsHlangana LodgeThree times AA award winning Guest HouseOudtshoorn Estate Agent - Pam GoldingKlein Karoo WeddingsRoute 62

Local Flora

Succulent Karoo species
Web Design and Development
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •