Oudtshoorn Info
Friday, 19 April 2019  8:37am SA Time 
Back to Main Culture page
ABSA word die eerste naamborg van die KKNK

Absa het na vier jaar as een van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se vernaamste borge 'n bykomende vyf-jaar-belegging van R19,4 miljoen in die fees aangekondig.

Hiermee het Absa en die KKNK hul suksesvolle vennootskap tot die jaar 2010 vasgeknoop en hulle verbind tot die bevestiging en viering van 'n unieke, ontwikkelende Suid-Afrikaanse kultuur as weerspieeling van die identiteit van 'n groeiende nasie.

Die nuwe borgskapsvlak gee aan Absa die naamgewingsregte van die KKNK. Die toonaangewende kunstefees sal vir die duur van die kontraktydperk as die Absa KKNK bekendstaan.

Steve Booysen, groep uitvoerende hoof van Absa het gese: "Ons is verheug om hierdie aankondiging te maak. Dit bevestig Absa se verbintenis tot lojale kliente wat ook die kunste waardeer. Hierdie langtermyn verbintenis met die KKNK bevestig nie net ons belegging in die vooruitgang van kuns en kultuur nie, maar wys ook ons ondersteuning aan ons Afrikaanse kliente deur te bele in 'n projek waarvoor hulle 'n passie het."

Volgens Karen Meiring, besturende direkteur van die KKNK, is Absa se borgskap 'n klinkklare bewys van Absa se toewyding tot die kunste. "Ons is opgewonde oor die volgende vyf jaar, veral na ons suksesvolle vennootskap tot dusver en saam beplan ons om die KKNK as 'n sleutelrolspeler in die kunstebedryf, tot nuwe hoogtes uit te bou," het Meiring gese.

Volgens David Piedt, voorsitter van die KKNK, is die organisasie se visie om die Afrikaanse kunstebedryf op so 'n manier te ontwikkel dat dit 'n selfs breër gehoor lok.

"Sedert sy eerste fees in 1995 was die KKNK 'n baanbreker in die vestiging van 'n nuwe denkwyse in en oor Afrikaans. Soos dit die geval toe was, sal die Absa KKNK nou weer aan die spits staan van die deurslaggewende rol wat die Afrikaanse kunstebedryf in die viering en waardering van 'n ontwikkelende Suid-Afrikaanse kultuur speel," het Piedt gesê.


  Article Date: 23 January 2006

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Culture pageTo Top

Did You Know ?

An Aardvark's tongue is between 20 and 30cm long and it has webbed feet.

Book Online Hlangana LodgeBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationSurval Boutique Olive EstateKlein Karoo WeddingsRoute 62Three times AA award winning Guest HouseSwartberg Circle RouteLugro Ostrich Leather ProductsOudtshoorn Estate Agent - Pam Golding

Local Flora

Succulent Karoo species
Lugro Ostrich Leather Products - Exclusively Handmade
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •