Oudtshoorn Info
Friday, 19 April 2019  8:46am SA Time 
Back to Main Culture page
Voorbrandfees Intro 2004

Eersteklas gesinskonsert elke aand van die Voorbrandfees

Wat het die skreeusnaakse Marion Holm, die mimiekmeester John Jacobs, die nimlike Gatiepie en die boepensklaviermeester Ollie Viljoen met mekaar in gemeen?

Almal neem vanjaar deel aan die aandprogram van die tiende Voorbrandfees, wat van 30 Augustus tot 10 September in die Klein Karoo aangebied word.

Volgens Karen Meiring, besturende direkteur van die KKNK, word 'n verskeidenheidskonsert van tot 180 min vir elke aand uit 'n kombinasie van hierdie kunstenaars saamgestel.

Al die kunstenaars wat aan die aandkonserte deelneem het vroeër vanjaar by KKNK10 opgetree en Meiring is tevrede dat die standaard van vanjaar se program nie 'n enkele tree terug hoef te staan vir die kunstefees self nie. Sy meen dit is 'n uitsonderlike voorreg om kunstenaars van hierdie gehalte na die landelike gemeenskappe te neem.

Die sale waarin hierdie program aangebied word, is:

Dinsdag 31 Augustus Oudtshoorn Burgersentrum
Woensdag 1 September Ladismith Stadsaal
Donderdag 2 September Bergsig Gemeenskapsaal
Vrydag 3 September Dysselsdorp Gemeenskapsaal
Maandag 6 September Lyonvale Gemeenskapsaal
Dinsdag 7 September Waboomskraal Multi Purpose Centre
Woensdag 8 September Prins Albert VGK Saal
Donderdag 9 September Blomnek VGK Saal

Sameroeper op elke dorp

Die Voorbrandfees verloop glad in elke dorp waar dit aandoen, danksy hulp uit die dorp self. Klop gerus by een van die onderstaande plaaslike sameroepers aan vir spesifieke inligting oor wanneer watter opvoerings in jou gemeenskap aangebied word:

Calitzdorp Sam Duiker 044 213 3524  
De Rust Flink Opperman 083 718 8528  
Dysselsdorp Samuel October 044 251 6556  
Ladismith Colin Pedro 028 551 1402  
Bridgton Maureen Wicomb 084 412 3606  
Bongolethu Mlungisi Douse 072 319 4937  
Prins Albert Neville Claassen 023 541 1980  
Uniondale Sarita Janse van Rensburg 044 752 1588  
Waboomskraal Quentin James 044 886 0052  

Twee produksies net vir skole

Spektrum Produksies van Stellenbosch het vanjaar 'n Hoër- en Laer-skoolproduksie op die Voorbrandfees. Vir Laerskole is daar "Rip se Winkel", wat die geskiedenis van Suid-Afrika in 50 min vertel. Die teks is in 1999 deur die bekroonde Malan Steyn geskryf. Die bekende "Rip van Winkel" word telkemale wreed uit sy slaap geruk deur van Suid-Afrika se mees opwindende geskiedkundige gebeurtenisse - van die VOC- tot die ANC-bewind. Vir Hoërskole is daar "Ek skryf want ek's Gatvol", wat beloof om die nuwe poësie sillabus vir leerders te ontsluit. Die program van 60 min is gemik op leerders van Graad 8 tot 11. Skole wat meer wil uitvind oor hierdie programme, kan vir Linda Wilson kontak by (044) 203 8600 of lwilson@kknk,co.za.

Heerlike pryse te wen in nuwe Voorbrandfees kompetisies

Hoër- en Laerskoolleerders in dorpe wat vanjaar deur die Voorbrandfees besoek word, kan talle pryse opraap in 'n kuns- en opstelkompetisie wat die KKNK as deel van vanjaar se Voorbrandfees uitgeskryf het.

Die Kunskompetisie se wenner en sy of haar skool ontvang geskenkbewyse van onderskeidelik R2 500 en R5 000 vir die aankoop van kunsmateriaal. Die wenner en sy of haar kunsonderwyser wen ook 'n besoek aan die korporatiewe kunsversameling van een van die KKNK se borge.

Om in aanmerking vir hierdie pryse te kom, moet 'n kunswerk met die tema "Op die verhoog"… geskep word. Leerders kan 'n medium van hul keuse gebruik.

Die beste werke word in 'n uitstalling saamgevoeg, wat na die biblioteke in die deelnemende dorpe sal toer.

Die opstelkompetisie word in 'n junior (gr 6 en 7) en senior afdeling (gr 8 -11) aangebied.

Leerders moet een van ses titels kies vir 'n opstel nie langer as 600 woorde nie.

Al die wenners en hul skole ontvang geskenkbewyse vir die aankoop van boeke. Die senior wenner en sy of haar Afrikaans onderwyser ontvang ook 'n besoek aan die Letterkundige Museum in Bloemfontein en 'n ontmoeting met 'n bekende Afrikaanse skrywer.

Besonderhede van die kompetisies is aan alle skole gestuur. Navrae kan aan Linda Wilson gerig word by tel (044) 203 8600 of lwilson@kknk.co.za

Tel: 044 203 8600
Faks: 044 272 7773
E-pos: info@kknk.co.za


  Article Date: 12 August 2004

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main Culture pageTo Top

Did You Know ?

The Cango Caves were discovered by a Khoi herder in 1780.

Book Online Klein Karoo WeddingsBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationRoute 62Surval Boutique Olive EstateOudtshoorn Estate Agent - Pam GoldingSwartberg Circle RouteThree times AA award winning Guest HouseLugro Ostrich Leather ProductsHlangana Lodge

Local Flora

Succulent Karoo species
Lugro Ostrich Leather Products - Exclusively Handmade
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •